Sizwe Ndlovu
Voorkoms
Sizwe Ndlovu (24 September 1980 - ) is die eerste swart Suid-Afrikaner wat 'n goue medalje kon wen op die Olimpiese Spele toe sy span die goue medalje in die liggewig viermanspan roeikompetisie gewen het. Ndlovu roei vir Tuks en het 'n graad in Sportwetenskap. Sy span het ook 'n silwermedalje in o.23-wêreldbyeenkoms in 2002 gewen.