Gaan na inhoud

Uitvinding

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Die Franse uitvinder, Pierre Lallemant ry op een van sy eie uitvindings in Parys in 1870.

'n Uitvinding is 'n unieke of nuwe toestel, metode, samestelling, idee of proses. Dit kan 'n verbetering op 'n masjien, produk of proses wees om doeltreffendheid te verhoog of koste te verlaag. Dit kan ook 'n heeltemal nuwe konsep wees. As 'n idee uniek genoeg is, hetsy as 'n alleenstaande uitvinding of as 'n beduidende verbetering bo die werk van ander, kan dit gepatenteer word. 'n Patent, indien toegestaan, gee die uitvinder 'n eiendomsbelang op die patent oor 'n spesifieke tydperk, wat vir finansiële gewin gelisensieer kan word.

'n Gedagtesprong is dikwels nodig alvorens 'n uitvinding gemaak kan word. Uitvindings stel mense in staat om nuwe uitdagings aan te pak. Die persoon wat die uitvinding maak, word die uitvinder genoem.

Voorbeelde

[wysig | wysig bron]

Enkele voorbeelde van uitvindings is:

  • dit wiel wat dit moontlik maak om voorwerpe te vervoer
  • die lamp wat lig verskaf sonder vuur
  • dit kompas wat mense help om rigting te bepaal

Sien ook

[wysig | wysig bron]

Verdere leesstof

[wysig | wysig bron]
  • Asimov, Isaac. Asimov's Chronology of Science and Discovery, Harper & Row, 1989. ISBN 0-06-015612-0
  • Edmund Fuller, Tinkers and Genius: The Story of the Yankee Inventors. New York: Hastings House, 1955.