Apostilleverdrag
Hierdie artikel is 'n weesbladsy. Dit is nie geskakel of in ander bladsye ingesluit nie. Help Wikipedia deur na moontlike teks te soek en 'n skakel hierheen te plaas. |
Die Haagse Verdrag tot Afskaffing van die Vereiste van Wettiging van Buitelandse Openbare Aktes, die Apostilleverdrag of die Apostillekonvensie, is ’n internasionale verdrag wat deur die Haagse Konferensie vir Internasionale Privaatreg opgestel is. Dit spesifiseer die wyses waarop ’n dokument wat in een van die ondertekenaarlande vir regsdoeleindes gesertifiseer kan word in elk van die ander ondertekenaarlande. ’n Sertifisering onder die voorwaardes van die verdrag word ’n apostille (van Latyn post illa en dan Frans ’n kanttekening) of Haagse Apostille genoem.[1] die dokument. Indien die verdrag tussen twee lande geld, is ’n apostille genoegsaam om ’n dokument se geldigheid te sertifiseer, en verwyder dit die behoefte aan dubbele sertifisering deur eers die land van oorsprong, en dan die land van ontvangs.
Prosedure
[wysig | wysig bron]Apostilles is ’n aanhangsel tot Bevoegde Owerhede wat deur die regering van die staat wat ’n ondertekenaar van die verdrag is.[2] ’n Lys van hierdie owerhede word deur die Haagse Konferensie vir Internasionale Privaatreg bewaar. Voorbeelde van aangewese owerhede is ambassades, ministeries, howe of (plaaslike) regerings. In Suid-Afrika is die Direkteur-generaal van die Departement van Internasionale Betrekkinge en Samewerking die bevoegde owerheid.[3] In die Verenigde State is die Staatsekretaris en sy verteenwoordigers van elke staat gewoonlik bevoegde owerhede. In die Verenigde Koninkryk word alle apostilles deur die Buitelandse- en Statebondburo in Milton Keynes uitgegee.[4]
Om vir ’n apostille in aanmerking te kom, moet ’n dokument eers deur ’n amptenaar wat deur die bevoegde owerheid erken word, uitgereik of gesertifiseer word. In die Amerikaanse deelstaat Vermont, hou die Staatsekretaris proewe van alle notarisse publiek sodat dokumente wat genotariseer is, in aanmerking kom vir apostilles.[5] Insgelyks is howe in Nederland geskik om ’n apostille direk op alle munisipale burgerlikestatusdokumente te plaas. In sommige gevalle word tussensertifiserings vereis deur die land waarin die dokument sy oorsprong het alvorens dit vir ’n apostille in aanmerking kan kom. In New York Stad word die Kantoor vir Bevolkingsdokumente (wat onder meer geboortesertifikate uitreik) nie direk deur die New Yorkse Staatsekretaris erken nie.[6] Gevolglik moet die stadsklerk se handtekening deur die munisipale klerk van New York Distrik gesertifiseer word sodat die geboortesertifikaat vir ’n apostille in aanmerking kan kom.[7][8] In Japan word alle amptelike dokumente in Japannees uitgereik; die Departement van Buitelandse Sake kan dan ’n apostille vir hierdie dokumente uitreik[9] In Indië kan die apostillesertifisering van die Departement van Eksterne Sake in Nieu-Delhi[10] verkry word nadat dit deur die regering van die Indiese staat waar die dokument uitgereik is (vir opvoedingsdokumente) geoutentiseer is.
Belanghebbende lande van die konvensie
[wysig | wysig bron]117 lande is belanghebbend by die konvensie en dit is van krag in alle lidlande van die Europese Unie en elk behalwe nege lede van die Haagse Konferensie vir Internasionale Privaatreg.
Land | Inwerkingtreding | Apostille nie erken in | Kommentaar |
---|---|---|---|
Albanië | 9 Mei 2004 | België (tot 2015), Duitsland (tot 2016), Griekeland (tot 2018), Italië (tot 2011) en Spanje (tot 2017). | |
Andorra | 31 Desember 1996 | ||
Antigua en Barbuda | 1 November 1988 | ||
Argentinië | 18 Februarie 1988 | Kosovo | |
Armenië | 14 Oktober 1994 | Kosovo | |
Australië | 16 Maart 1995 | ||
Azerbeidjan | 2 Maart 2005 | Duitsland, Hongarye (tot 2005), Kosovo, Nederland (tot 2010) | |
Bahamas | 10 Julie 1973 | ||
Bahrein | 31 Desember 2013 | ||
Barbados | 30 November 1966 | ||
Belarus | 31 Mei 1992 | Kosovo | |
België | 9 Februarie 1973 | Albanië (tot 2015), Dominikanse Republiek, Indië (tot 2008), Kirgisië, Liberië, Mongolië, Tadjikistan, Tunisië, Oekraïne (tot 2004), Oesbekistan | |
Belize | 11 April 1993 | ||
Bolivië | 7 Mei 2018 | ||
Bosnië en Herzegowina | 6 Maart 1992 | ||
Botswana | 30 September 1966 | ||
Brasilië | 14 Augustus 2016 | ||
Broenei | 3 Desember 1987 | ||
Bulgarye | 29 April 2001 | ||
Burundi | 13 Februarie 2015 | Oostenryk, Tsjeggiese Republiek, Duitsland, Pole | |
Kaap Verde | 13 Februarie 2010 | ||
Chili | 30 Augustus 2016 | ||
Colombia | 30 Januarie 2001 | ||
Cookeilande | 30 April 2005 | ||
Costa Rica | 14 Desember 2011 | ||
Denemarke | 26 Desember 2006 | Nie van toepassing op Groenland en die Faroëreilande nie | |
Dominica | 3 November 1978 | ||
Dominikaanse Republiek | 30 Augustus 2009 | Oostenryk, België, Duitsland en Nederland (tot 2017) | |
Duitsland | 13 Februarie 1966 | Albanië (tot 2016), Azerbeidjan, Burundi, Dominikaanse Republiek, Georgië (tot 2010), Indië, Kosovo, Kirgisië, Liberië, Moldowa, Mongolië, Marokko, Paraguay, Peru (tot 2014), Filippyne, Tadjikistan, Tunisië, Oekraïne (tot 2010) en Oesbekistan | |
Ecuador | 2 April 2005 | ||
El Salvador | 31 Mei 1996 | ||
Estland | 30 September 2001 | ||
Fidji | 10 Oktober 1970 | ||
Finland | 26 Augustus 1986 | Filippyne | |
Frankryk | 24 Januarie 1965 | ||
Georgië | 14 Mei 2007 | Duitsland (tot 2010), Kosovo en Griekeland (tot 2015) | |
Grenada | 7 April 2002 | ||
Griekeland | 18 Mei 1985 | Albanië (tot 2018), Georgië (tot 2015), Kosovo, Kirgisië, Mongolië, Peru, Tunisië, Oesbekistan | |
Guatemala | 18 September 2017 | ||
Guyana | 18 April 2019 | ||
Honduras | 30 Desember 2004 | ||
Hongarye | 18 Januarie 1973 | Azerbeidjan (tot 2005) | |
Hongkong | 25 April 1965 | Die konvensie is nog van toepassing op Hongkong ten spyte van die oordrag van soewereiniteit oor Hongkong op 1 Julie 1997.[11] | |
Ierland | 9 Maart 1999 | ||
Indië | 14 Julie 2005 | België (tot 2008), Finland (tot 2009), Duitsland,[12] Nederland (tot 2008), Spanje (tot 2008), Kosovo | |
Israel | 14 Augustus 1978 | Kosovo | |
Italië | 11 Februarie 1978 | Albanië (tot 2011) | |
Japan | 27 Julie 1970 | ||
Kasakstan | 30 Januarie 2001 | ||
Kosovo | 14 Julie 2016 | Argentinië, Armenië, Austria, Azerbeidjan, Belarus, Duitsland, Georgië, Griekeland, Indië, Israel, Mauritius, Nicaragua, Meksiko, Moldowa, Namibië, Paraguay, Peru, Pole, Rusland, Roemenië, Serwië, Siprus, Sjina (vir Hongkong en Macau), Slowakye, Spanje, Oekraïne, Oesbekistan, Venezuela | |
Kroasië | 8 Desember 1991 | ||
Kirgisië | 31 Julie 2011 | België, Duitsland, Griekeland en Oostenryk | |
Letland | 30 Januarie 1996 | ||
Lesotho | 4 Desember 1966 | ||
Liberië | 8 Februarie 1996 | België, Duitsland, en die Verenigde State (tot 2015) | |
Liechtenstein | 17 September 1972 | ||
Litaue | 19 Julie 1997 | ||
Luxemburg | 3 Junie 1979 | ||
Macau | 4 Februarie 1969 | Kosovo | Die konvensie is nog van toepassing op Macau ten spyte van die oordrag van soewereiniteit oor Macau op 20 Desember 1999.[11] |
Noord-Masedonië | 17 November 1991 | ||
Malawi | 2 Desember 1967 | ||
Malta | 3 Maart 1968 | ||
Marokko | 14 Augustus 2016 | Duitsland | |
Marshalleilande | 14 Augustus 1992 | ||
Mauritius | 12 Maart 1968 | Kosovo | |
Meksiko | 14 Augustus 1995 | Kosovo | |
Moldowa | 16 Maart 2007 | Duitsland en Kosovo | |
Monaco | 31 Desember 2002 | ||
Mongolië | 31 Desember 2009 | België, Duitsland, Finland, Griekeland en Oostenryk | |
Montenegro | 3 Junie 2006 | ||
Namibië | 30 Januarie 2001 | Kosovo | |
Nederland | 8 Oktober 1965 | Azerbeidjan (tot 2010), Dominikaanse Republiek (tot 2017), Indië (tot 2008) | Aruba, Curaçao, Nederland en Sint Maarten |
Nieu-Seeland | 22 November 2001 | ||
Nicaragua | 14 Mei 2013 | Kosovo | |
Niue | 2 Maart 1999 | ||
Noorweë | 29 Julie 1983 | ||
Oekraïne | 22 Desember 2003 | België (tot 2004), Griekeland (tot 2010) en Kosovo | |
Oesbekistan | 15 April 2012 | België, Duitsland, Griekeland, Kosovo en Oostenryk | |
Oman | 30 Januarie 2012 | ||
Oostenryk | 13 Januarie 1968 | Burundi, Dominikaanse Republiek, Kosovo, Kirgisië, Mongolië, Filippyne, Tadjikistan, Tunisië, Oesbekistan | |
Panama | 4 Augustus 1991 | ||
Paraguay | 30 Augustus 2014[13] | Duitsland, Kosovo | |
Peru | 30 September 2010 | Duitsland (tot 2014), Griekeland, Kosovo | |
Filippyne | 14 Mei 2019 | Finland, Duitsland, Oostenryk | |
Pole | 14 Augustus 2005 | Kosovo | |
Portugal | 4 Februarie 1969 | ||
Roemenië | 13 Maart 2001 | Kosovo | |
Rusland | 31 Mei 1992 | ||
St. Kitts en Nevis | 14 Desember 1994 | ||
St. Lucia | 31 Julie 2002 | ||
Sint Vincent en die Grenadines | 27 Oktober 1979 | ||
Samoa | 13 September 1999 | ||
San Marino | 13 Februarie 1995 | ||
São Tomé en Príncipe | 13 September 2008 | ||
Serwië | 27 April 1992 | Kosovo | Bekragtig as Joego-Slawië |
Seychelle | 31 Maart 1979 | ||
Siprus | 30 April 1973 | Kosovo | |
Slowakye | 18 Februarie 2002 | Kosovo | |
Slowenië | 25 Junie 1991 | ||
Spanje | 25 September 1978 | Albanië, Indië (tot 2008) en Kosovo | |
Suid-Afrika | 30 April 1995 | ||
Suid-Korea | 14 Julie 2007 | ||
Suriname | 25 November 1975 | ||
eSwatini | 6 September 1968 | ||
Swede | 1 Mei 1999 | ||
Switserland | 11 Maart 1973 | ||
Tadjikistan | 31 Oktober 2015 | ||
Tonga | 4 Junie 1970 | ||
Trinidad en Tobago | 14 Julie 2000 | ||
Tsjeggiese Republiek | 16 Maart 1999 | ||
Tunisië | 30 Maart 2018 | België, Duitsland, Griekeland, Oostenryk | |
Turkye | 29 September 1985 | ||
Verenigde Koninkryk | 24 Januarie 1965 | Sluit Britse Kroongebiede en Britse oorsese gebiede in | |
Verenigde State | 15 Oktober 1981 | Liberië (tot 2015) | |
Uruguay | 14 Oktober 2012 | ||
Vanuatu | 30 Julie 1980 | ||
Venezuela | 16 Maart 1999 | Kosovo | |
Ysland | 27 November 2004 |
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ (en) Permanente Buro (Februarie 2009). "Gevolgtrekkings en Aanbevelings van die Spesiale Kommissie vir die Praktiese Werking van die Haagse Apostille, Diens, Neem van Getuienis, en Toegang tot Regskonvensies" (PDF). Haagse Konferensie vir Internasionale Privaatreg. p. 13.
- ↑ (nl) "ABC's van Apostilles bl. 13" (PDF). Haagse Konferensie vir Internasionale Privaatreg.
- ↑ "Suid-Afrika, Bevoegde owerheid" (html) (in Engels). Haagse Konferensie vir Internasionale Privaatreg. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 29 April 2020. Besoek op 27 Mei 2019.
- ↑ (en) "Verenigde Koninkryk, Bevoegde Owerhede". Haagse Konferensie vir Internasionale Privaatreg. Besoek op 9 Maart 2011.
- ↑ (en) Outentisering Geargiveer 30 Julie 2010 op Wayback Machine 2009
- ↑ (en) Aansoek om geboortesertifikaat Geargiveer 4 Junie 2010 op Wayback Machine 2010
- ↑ (en) Crampton 2007
- ↑ (en) Apostiles Geargiveer 24 Julie 2010 op Wayback Machine s.a.
- ↑ (jp) Apostille, Departement van Buitelandse Sake, Japan
- ↑ (en) MEA, India Legalisation of Documents.
- ↑ 11,0 11,1 (en) Inligting oor die aansoek van die konvensie aan Hongkong en Macau
- ↑ "Statustabel – 12: Konvensie van 5 Oktober 1961 skaf die vereiste van wettiging vir buitelandse openbare dokumente af" (in Engels). Haagse Konferensie vir Internasionale Privaatreg. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 24 Oktober 2015. Besoek op 21 Mei 2014.
- ↑ (en) "Geargiveerde kopie". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 18 September 2014. Besoek op 18 September 2014.