Downton Abbey
Downton Abbey | |
Die Highclere-kasteel in Hampshire is as die stel van Downton Abbey vir binnens- en buitenshuise opnames gebruik | |
Genre | Kostuumdrama |
---|---|
Geskep deur | Julian Fellowes |
Geskryf deur | Julian Fellowes Shelagh Stevenson Tina Pepler |
Geregisseer deur | Brian Percival Ben Bolt Brian Kelly Andy Goddard James Strong Ashley Pearce |
Temamusiekkomponis | John Lunn |
Openingstema | Did I Make The Most of Loving You? |
Oorsprong | Verenigde Koninkryk |
Taal | Engels |
Aantal seisoene | 6 |
Aantal episodes | 52 |
Produksie | |
Uitvoerende vervaardiger(s) | Julian Fellowes Gareth Neame Rebecca Eaton |
Vervaardiger(s) | Liz Trubridge (reeks), Nigel Marchant |
Kinematografie | David Katznelson, Gavin Struthers |
Kameraopstelling | Enkelkamera |
Produksiemaatskappy | ITV Studios, Carnival Films, Masterpiece |
Uitsending | |
Oorspronklike kanaal | ITV, PBS |
Beeldformaat | 1080i (HDTV) |
Klankformaat | Stereo |
Oorspronklike lopie | 26 September 2010 – 25 Desember 2015 |
Kronologie | |
Opgevolg deur | The Gilded Age (2019)[1] |
Webskakels | |
Amptelike webwerf |
Downton Abbey is 'n Britse kostuumdrama wat deur Julian Fellowes geskep en deur Carnival Films en Masterpiece gemeenskaplik vervaardig is. Dit is deur ITV op 26 September 2010 vir die eerste keer in die Verenigde Koninkryk en deur PBS op 9 Januarie 2011 as deel van die Masterpiece Classic-antologie vir die eerste keer in die Verenigde State uitgesaai.
Die televisiereeks, wat op die denkbeeldige Engelse landgoed Downton Abbey in Yorkshire afspeel, beeld die lewe van die adellike Crawley-gesin en hul bediendes in die post-Edwardiaanse tydperk uit, waarby belangrike historiese gebeurtenisse invloed op hul lewe en die Britse klashiërargie uitoefen. Hierdie gebeurtenisse sluit die nuus oor die ondergang van die RMS Titanic in die eerste seisoen; die uitbreek van die Eerste Wêreldoorlog, die grieppandemie in 1918 en die Marconi-skandaal in die tweede seisoen; en die tussenoorlogse tydperk en vorming van die Ierse Vrystaat in die derde seisoen in.
Downton Abbey het positiewe kritiek ontvang en is met 'n aantal pryse bekroon, waaronder die Golden Globe Award vir die beste mini- of televisiereeks en die Primetime Emmy Award vir uitstekende minireekse. Dit was die gewildste televisiereeks op sowel ITV asook PBS en het vervolgens die suksesvolste Britse kostuumdrama sedert Brideshead Revisited, wat in 1981 uitgesaai is, geword. Toe die derde reeks gebeeldsend is, was dit reeds een van die gewildste televisiereekse ter wêreld.[2] 'n Vierde seisoen is in die najaar van 2013 uitgesaai, terwyl die vyfde seisoen in die Verenigde Koninkryk vanaf September 2014 deur ITV1 gebeeldsend is. Soos elke jaar is daar ook 'n spesiale Kersfees-aflewering in Desember 2014 uitgesaai. 'n Sesde seisoen is in September en Oktober 2015 gebeeldsend, en die laaste spesiale Kersfees-aflewering op Kersdag 2015.
Oorsig
[wysig | wysig bron]Die reeks speel af in die fiktiewe Downton Abbey, 'n landhuis in Yorkshire en die setel van graaf en gravin Grantham, en volg die lewens van die adellike Crawley-gesin en hul bediendes tydens die regentskap van koning George V. Die eerste seisoen dek die twee jare voor die Groot Oorlog en begin met die nuus oor die ondergang van die RMS Titanic in 1912.
Die tweede seisoen dek die tydperk tussen 1916 en 1919, met 'n spesiale Kersfees-episode wat Kersfees 1919 dek en vroeg in 1920 eindig. Die derde seisoen sluit hierby aan en dek die tydperk tussen 1920 en die najaar van 1921.
Rolprent
[wysig | wysig bron]Gewilde Downton Abbey-akteurs soos Hugh Bonneville, Elizabeth McGovern, Michelle Dockery, Laura Carmichael en Dame Maggie Smith keer terug in die eerste Downton Abbey-rolprent wat op 13 September 2019 in Britse en op 20 September in Amerikaanse rolprentteaters begin draai. Die rolprent handel oor 'n besoek van die Britse koningspaar aan Downton Abbey.[3]
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ The Guardian, 1 Februarie 2018: Julian Fellowes' Downton Abbey follow-up, The Gilded Age, to arrive in 2019. Besoek op 1 Februarie 2018
- ↑ A Bit of Britain Where the Sun Never Sets: 'Downton Abbey' Reaches Around the World. In: The New York Times, 3 Januarie 2013
- ↑ Good Housekeeping, 24 Julie 2019: Downton Abbey star admits her character has been cut from the film. Besoek op 25 Julie 2019
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]Temamusiek
Highclere-kasteel, die stel van Downton Abbey
Downton Abbey Wiki