FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2006
FIFA Fußball-Weltmeisterschaft Deutschland 2006 | |
---|---|
Toernooi-inligting | |
Gasheerland | Duitsland |
Datums | 9 Junie – 9 Julie |
Spanne | 32 (van 6 konfederasies) |
Stadions | 12 (in 12 stede) |
Finale uitslag | |
Kampioene | Italië (4 titels) |
Tweede plek | Frankryk |
Derde plek | Duitsland |
Vierde plek | Portugal |
Toernooi-statistieke | |
Wedstryde gespeel | 64 |
Doele | 147 (2.3 per wedstryd) |
Bywoning | 3 359 439 (52 491 per wedstryd) |
Meeste punte | Miroslav Klose (5 doele)[1] |
Beste speler | Zinedine Zidane |
← 2002 2010 → |
Die 18de FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi (Duits: Fußball-Weltmeisterschaft 2006 – Deutschland 2006; Engels: FIFA World Cup) is vanaf 9 Junie tot 9 Julie 2006 in Duitsland aangebied. Dit was die tweede Sokker-Wêreldbekertoernooi wat in Duitsland aangebied is, ná die 1974-toernooi, en die tiende in Europa. Duitsland het daarmee die vierde land geword wat die toernooi vir ’n tweede keer gehuisves het, net ná Meksiko in 1986, Italië in 1990 en Frankryk in 1998. Dié toernooi is onder die leuse Die Welt zu Gast bei Freunden (“Die wêreld as ’n gas by vriende”) gehuisves en weens die goeie somerweer en atmosfeer later Sommermärchen (“somersprokie”) genoem. Die FIFA Sokker-Konfederasiebeker in 2005 het as ’n voorbereiding vir die gasheerland gedien.
32 nasionale sokkerspanne het aan die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2006 deelgeneem. Die spanne is in agt groepe verdeel, waarvan die twee beste spanne van elke groep na die agtste eindrondte deurgedring het. Italië het die toernooi gewen nadat hulle Frankryk in die eindstryd geklop en sodoende hul vierde wêreldbekertitel ingepalm het. Die eindtelling was Italië 1 – Frankryk 1, maar Italië het met 5–3 ná strafdoele gewen.[2] Met sy verowering van die wêreldbekertitel het Italië regstreeks vir die FIFA Sokker-Konfederasiebeker in 2009 in Suid-Afrika gekwalifiseer. Die gasheer Duitsland het in die derde en Portugal in die vierde plek geëindig. Die verdedigende kampioen Brasilië is in die kwarteindrondte uitgeskakel.
Die Suid-Afrikaanse nasionale sokkerspan het nie vir die toernooi gekwalifiseer nie en dus nie daaraan deelgeneem nie. Die nasionale sokkerspanne van Angola, Ghana, Ivoorkus, Oekraïne, Serwië en Montenegro, Togo, Trinidad en Tobago en Tsjeggië het vir die eerste keer aan ’n Sokker-Wêreldbekertoernooi deelgeneem. Oekraïne het vroeër deel uitgemaak van die Sowjetse nasionale sokkerspan, Serwië en Montenegro van die Joego-Slawiese en Tsjeggië van die Tsjeggo-Slowaakse s’n; al drie was van die suksesvolste mededingers tydens Sokker-Wêreldbekertoernooie.
Toewysing
[wysig | wysig bron]Duitsland is op 6 Julie 2000 in Zürich deur FIFA gekies as gasheer vir die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2006. Ander kandidaatlande was Brasilië, Engeland, Marokko en Suid-Afrika, maar Brasilië het voor die stemming hulself onttrek. Suid-Afrika sou uiteindelik gasheer vir die volgende FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2010 word.
Die stemming het as volg verloop:
Stemming vir gasheer van die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2006[3] | ||||||
---|---|---|---|---|---|---|
Land | Rondte 1 | Rondte 2 | Rondte 3 | |||
Duitsland | 10 | 11 | 12 | |||
Suid-Afrika | 6 | 11 | 11 | |||
Engeland | 5 | 2 | – | |||
Marokko | 3 | – | – |
Kwalifisering
[wysig | wysig bron]Die gasheer Duitsland het regstreeks vir die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2006 gekwalifiseer. Van die 31 oorblywende plekke is 13 vir nasionale sokkerspanne van UEFA (Europa) gereserveer, vyf vir CAF (Afrika), vier vir CONMEBOL (Suid-Amerika), vier vir AFC (Asië) en drie vir CONCACAF (Karibiese gebied, Noord- en Sentraal-Amerika). Twee plekke is tydens uitspeelwedstryde tussen AFC en CONCACAF, asook tussen CONMEBOL en OFC (Oseanië) beslis.
Dit was die eerste keer dat die verdedigende kampioen, destyds Brasilië, nie regstreeks vir die toernooi gekwalifiseer het nie. Verdedigende kampioene het vanaf die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1938 die reg van regstreekse kwalifisering geniet.
Kwalifiserende spanne
[wysig | wysig bron]Die volgende 32 spanne het vir die finale toernooi gekwalifiseer:[4]
Span | Verskynings by eindstryde | Agtereenvolgende deelnames | Laaste verskyning | Vorige beste prestasie |
---|---|---|---|---|
Angola | 1ste | 1 | – | Debuut |
Argentinië | 14de | 9 | 2002 | Kampioen (1978, 1986) |
Australië | 2de | 1 | 1974 | Groepfase (1974) |
Brasilië | 18de | 18 | 2002 | Kampioen (1958, 1962, 1970, 1994, 2002) |
Costa Rica | 3de | 2 | 2002 | Agtste eindrondte (1990) |
Duitsland | 16de | 14 | 2002 | Kampioen (1954, 1974, 1990) |
Ecuador | 2de | 2 | 2002 | Groepfase (2002) |
Engeland | 12de | 3 | 2002 | Kampioen (1966) |
Frankryk | 12de | 3 | 2002 | Kampioen (1998) |
Ghana | 1ste | 1 | – | Debuut |
Iran | 3de | 1 | 1998 | Groepfase (1978, 1998) |
Italië | 16de | 12 | 2002 | Kampioen (1934, 1938, 1982) |
Ivoorkus | 1ste | 1 | – | Debuut |
Japan | 3de | 3 | 2002 | Agtste eindrondte (2002) |
Kroasië | 3de | 3 | 2002 | Derde plek (1998) |
Meksiko | 13de | 4 | 2002 | Kwarteindrondte (1970, 1986) |
Nederland | 8ste | 1 | 1998 | Naaswenner (1974, 1978) |
Oekraïne | 1ste | 1 | – | Debuut |
Paraguay | 7de | 3 | 2002 | Agtste eindrondte (1986, 1998, 2002) |
Pole | 7de | 2 | 2002 | Derde plek (1974, 1982) |
Portugal | 4de | 2 | 2002 | Derde plek (1966) |
Saoedi-Arabië | 4de | 4 | 2002 | Agtste eindrondte (1994) |
Serwië en Montenegro | 10de | 1 | 1998 | Vierde plek (1930, 1962) |
Spanje | 12de | 8 | 2002 | Vierde plek (1950) |
Suid-Korea | 7de | 6 | 2002 | Vierde plek (2002) |
Swede | 11de | 2 | 2002 | Naaswenner (1958) |
Switserland | 8ste | 1 | 1994 | Kwarteindrondte (1934, 1938, 1954) |
Togo | 1ste | 1 | – | Debuut |
Trinidad en Tobago | 1ste | 1 | – | Debuut |
Tsjeggië | 9de | 1 | 1990 | Naaswenner (1934, 1962) |
Tunisië | 4de | 3 | 2002 | Groepfase (1978, 1998, 2002) |
Verenigde State | 8ste | 5 | 2002 | Derde plek (1930) |
Stadions
[wysig | wysig bron]Wedstryde is in die volgende stede gespeel:
Formaat
[wysig | wysig bron]Die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2006 is oor 31 dae tussen 32 verskillende nasies oor 64 wedstryde uitgespeel. Dit het op 9 Junie 2006 op die FIFA-wêreldbekerstadion in München met ’n wedstryd tussen die gasheer Duitsland en Costa Rica afgeskop. Die toernooi het geëindig by die Olympiastadion in Berlyn op 9 Julie met die eindstryd tussen Italië en Frankryk, waartydens Italië die Sokker-Wêreldbekertrofee ingepalm het.[5]
Kalender
[wysig | wysig bron]Die volgende tabel dui die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2006 se daaglikse program aan. ’n Pers blokkie dui op wedstryde tydens die groepfase, ’n groen blokkie op wedstryde tydens die uitklopfase, ’n blou blokkie op die bronseindstryd en ’n geel blokkie op die eindstryd.
|
|
Groepfase
[wysig | wysig bron]Die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2006 is deur 32 nasionale sokkerspanne uitgespeel. Vir die groepfase is die 32 deelnemende spanne in agt groepe van vier spanne elk verdeel; elke span het een wedstryd teen elk van die ander spanne in dieselfde groep gespeel, dus het elke span drie wedstryde in die groepfase gespeel. Drie punte is vir ’n oorwinning toegeken, een vir ’n gelykop en geen punte vir ’n nederlaag: spanne wat met dieselfde aantal punte geëindig het, is volgens aangetekende doele gerangskik.
Klassifisering binne elke groep was gegrond op die volgende puntestelsel:
- Drie wedstrydpunte vir ’n oorwinning;
- Een vir ’n gelykop;
- geen vir ’n nederlaag.
Aan die einde van die groepfase is die spanne gerangskik van die eerste na die vierde posisie, gegrond op versamelde wedstrydpunte, met die twee top spanne wat na die uitklopfase deurgedring het. As twee spanne gelyk op punte was, is die rangorde deur hul aantal aangetekende doele bepaal.
Uitklopfase
[wysig | wysig bron]Van die begin van dié fase af het die toernooi ’n uitklopformaat aangeneem wat uit 16 wedstryde bestaan het: agt agtste eindstryde, vier kwarteindstryde, twee halfeindstryde, ’n derdeplekwedstryd en die eindstryd.
Die wenner en naaswenner van elk van die groepe het na die uitklopfase deurgedring. Groepwenners het teen naaswenners in ander groepe in die agtste eindstryde gespeel, byvoorbeeld: die wenner van Groep A het teen die naaswenner van Groep B en die wenner van Groep B het teen die naaswenner van Groep A gespeel. Spanne van dieselfde groep sou dus eers weer in óf die klein finale óf die eindstryd kon ontmoet het.
Elke wedstryd in die uitklopstadium moes met ’n oorwinning vir een van die spanne eindig. As daar ná negentig minute van gewone spel ’n gelykopuitslag was, is daar verder gespeel om die wenner te bepaal. Aanvanklik is daar twee periodes van ekstra tyd gespeel, 15 minute in elke rigting. As daar steeds nie ’n wenner was ná 120 minute nie, is die wenner deur ’n strafskopkompetisie bepaal.
Wedstryde
[wysig | wysig bron]Kwalifiseer vir die uitklopfase. |
Uit die toernooi geskakel. |
Die wedstryde is in twee fases opgedeel, naamlik die groep- en die uitklopfase. Die loting is op 9 Desember 2005 in die Handelskouterrein in Leipzig gehou.
Groepfase
[wysig | wysig bron]32 spanne het aan die groepfase deelgeneem. Die boonste twee spanne in elke groep het na die uitklopfase deurgedring.
Groep A
[wysig | wysig bron]Land | Wed | Wen | Gel | Ver | DV | DT | +/– | Pte |
---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Duitsland | 3 | 3 | 0 | 0 | 8 | 2 | +6 | 9 |
Ecuador | 3 | 2 | 0 | 1 | 5 | 3 | +2 | 6 |
Pole | 3 | 1 | 0 | 2 | 2 | 4 | –2 | 3 |
Costa Rica | 3 | 0 | 0 | 3 | 3 | 9 | –6 | 0 |
9 Junie 2006 18:00 | ||||
Duitsland | 4–2 | Costa Rica | FIFA-wêreldbekerstadion, München Toeskouers: 66 000 Skeidsregter: Horacio Elizondo (Argentinië) | |
Lahm 6' Klose 17', 61' Frings 87' |
Verslag | 12', 73' Wanchope |
9 Junie 2006 21:00 | ||||
Pole | 0–2 | Ecuador | FIFA-wêreldbekerstadion, Gelsenkirchen Toeskouers: 52 000 Skeidsregter: Toru Kamikawa (Japan) | |
Verslag | 24' C. Tenorio 80' Delgado |
14 Junie 2006 21:00 | ||||
Duitsland | 1–0 | Pole | FIFA-wêreldbekerstadion, Dortmund Toeskouers: 65 000 Skeidsregter: Luis Medina Cantalejo (Spanje) | |
Neuville 90+1' | Verslag |
15 Junie 2006 15:00 | ||||
Ecuador | 3–0 | Costa Rica | FIFA-wêreldbekerstadion, Hamburg Toeskouers: 50 000 Skeidsregter: Coffi Codjia (Benin) | |
C. Tenorio 8' Delgado 54' Kaviedes 90+2' |
Verslag |
20 Junie 2006 16:00 | ||||
Ecuador | 0–3 | Duitsland | Olympiastadion, Berlyn Toeskouers: 72 000 Skeidsregter: Walentin Iwanof (Rusland) | |
Verslag | 4', 44' Klose 57' Podolski |
20 Junie 2006 16:00 | ||||
Costa Rica | 1–2 | Pole | FIFA-wêreldbekerstadion, Hannover Toeskouers: 43 000 Skeidsregter: Shamsul Maidin (Singapoer) | |
Gómez 25' | Verslag | 33', 65' Bosacki |
Groep B
[wysig | wysig bron]Land | Wed | Wen | Gel | Ver | DV | DT | +/– | Pte |
---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Engeland | 3 | 2 | 1 | 0 | 5 | 2 | +3 | 7 |
Swede | 3 | 1 | 2 | 0 | 3 | 2 | +1 | 5 |
Paraguay | 3 | 1 | 0 | 2 | 2 | 2 | ±0 | 3 |
Trinidad en Tobago | 3 | 0 | 1 | 2 | 0 | 4 | –4 | 1 |
10 Junie 2006 15:00 | ||||
Engeland | 1–0 | Paraguay | FIFA-wêreldbekerstadion, Frankfurt am Main Toeskouers: 48 000 Skeidsregter: Marco Rodríguez (Meksiko) | |
Gamarra 3' (e.d.) | Verslag |
10 Junie 2006 18:00 | ||||
Trinidad en Tobago | 0–0 | Swede | FIFA-wêreldbekerstadion, Dortmund Toeskouers: 62 959 Skeidsregter: Shamsul Maidin (Singapoer) | |
Verslag |
15 Junie 2006 18:00 | ||||
Engeland | 2–0 | Trinidad en Tobago | Frankenstadion, Neurenberg Toeskouers: 41 000 Skeidsregter: Toru Kamikawa (Japan) | |
Crouch 83' Gerrard 90+1' |
Verslag |
15 Junie 2006 21:00 | ||||
Swede | 1–0 | Paraguay | Olympiastadion, Berlyn Toeskouers: 72 000 Skeidsregter: Ľuboš Micheľ (Slowakye) | |
Ljungberg 89' | Verslag |
20 Junie 2006 21:00 | ||||
Swede | 2–2 | Engeland | FIFA-wêreldbekerstadion, Keulen Toeskouers: 45 000 Skeidsregter: Massimo Busacca (Switserland) | |
Allbäck 51' Larsson 90' |
Verslag | 34' J. Cole 85' Gerrard |
20 Junie 2006 21:00 | ||||
Paraguay | 2–0 | Trinidad en Tobago | Fritz-Walter-Stadion, Kaiserslautern Toeskouers: 46 000 Skeidsregter: Roberto Rosetti (Italië) | |
Sancho 25' (e.d.) Cuevas 86' |
Verslag |
Groep C
[wysig | wysig bron]Land | Wed | Wen | Gel | Ver | DV | DT | +/– | Pte |
---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Argentinië | 3 | 2 | 1 | 0 | 8 | 1 | +7 | 7 |
Nederland | 3 | 2 | 1 | 0 | 3 | 1 | +2 | 7 |
Ivoorkus | 3 | 1 | 0 | 2 | 5 | 6 | –1 | 3 |
Serwië en Montenegro | 3 | 0 | 0 | 3 | 2 | 10 | –8 | 0 |
10 Junie 2006 21:00 | ||||
Argentinië | 2–1 | Ivoorkus | FIFA-wêreldbekerstadion, Hamburg Toeskouers: 49 480 Skeidsregter: Frank De Bleeckere (België) | |
Crespo 24' Saviola 38' |
Verslag | 82' Drogba |
11 Junie 2006 15:00 | ||||
Serwië en Montenegro | 0–1 | Nederland | Zentralstadion, Leipzig Toeskouers: 43 000 Skeidsregter: Markus Merk (Duitsland) | |
Verslag | 18' Robben |
16 Junie 2006 15:00 | ||||
Argentinië | 6–0 | Serwië en Montenegro | FIFA-wêreldbekerstadion, Gelsenkirchen Toeskouers: 52 000 Skeidsregter: Roberto Rosetti (Italië) | |
Rodríguez 6', 41' Cambiasso 31' Crespo 78' Tevez 84' Messi 88' |
Verslag |
16 Junie 2006 18:00 | ||||
Nederland | 2–1 | Ivoorkus | Gottlieb-Daimler-Stadion, Stuttgart Toeskouers: 52 000 Skeidsregter: Óscar Ruiz (Colombia) | |
Van Persie 23' Van Nistelrooy 27' |
Verslag | 39' B. Koné |
21 Junie 2006 21:00 | ||||
Nederland | 0–0 | Argentinië | FIFA-wêreldbekerstadion, Frankfurt am Main Toeskouers: 48 000 Skeidsregter: Luis Medina Cantalejo (Spanje) | |
Verslag |
21 Junie 2006 21:00 | ||||
Ivoorkus | 3–2 | Serwië en Montenegro | FIFA-wêreldbekerstadion, München Toeskouers: 66 000 Skeidsregter: Marco Rodríguez (Meksiko) | |
Dindane 37' (straf), 67' Kalou 86' (straf) |
Verslag | 10' Žigić 20' Ilić |
Groep D
[wysig | wysig bron]Land | Wed | Wen | Gel | Ver | DV | DT | +/– | Pte |
---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Portugal | 3 | 3 | 0 | 0 | 5 | 1 | +4 | 9 |
Meksiko | 3 | 1 | 1 | 1 | 4 | 3 | +1 | 4 |
Angola | 3 | 0 | 2 | 1 | 1 | 2 | –1 | 2 |
Iran | 3 | 0 | 1 | 2 | 2 | 6 | –4 | 1 |
11 Junie 2006 18:00 | ||||
Meksiko | 3–1 | Iran | Frankenstadion, Neurenberg Toeskouers: 41 000 Skeidsregter: Roberto Rosetti (Italië) | |
Bravo 28', 76' Sinha 79' |
Verslag | 36' Golmohammadi |
11 Junie 2006 21:00 | ||||
Angola | 0–1 | Portugal | FIFA-wêreldbekerstadion, Keulen Toeskouers: 45 000 Skeidsregter: Jorge Larrionda (Uruguay) | |
Verslag | 4' Pauleta |
16 Junie 2006 21:00 | ||||
Meksiko | 0–0 | Angola | FIFA-wêreldbekerstadion, Hannover Toeskouers: 43 000 Skeidsregter: Shamsul Maidin (Singapoer) | |
Verslag |
17 Junie 2006 15:00 | ||||
Portugal | 2–0 | Iran | FIFA-wêreldbekerstadion, Frankfurt am Main Toeskouers: 48 000 Skeidsregter: Éric Poulat (Frankryk) | |
Deco 63' Ronaldo 80' (straf) |
Verslag |
21 Junie 2006 16:00 | ||||
Portugal | 2–1 | Meksiko | FIFA-wêreldbekerstadion, Gelsenkirchen Toeskouers: 52 000 Skeidsregter: Ľuboš Micheľ (Slowakye) | |
Maniche 6' Simão 24' (straf) |
Verslag | 29' Fonseca |
21 Junie 2006 16:00 | ||||
Iran | 1–1 | Angola | Zentralstadion, Leipzig Toeskouers: 38 000 Skeidsregter: Mark Shield (Australië) | |
Bakhtiarizadeh 75' | Verslag | 60' Flávio |
Groep E
[wysig | wysig bron]Land | Wed | Wen | Gel | Ver | DV | DT | +/– | Pte |
---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Italië | 3 | 2 | 1 | 0 | 5 | 1 | +4 | 7 |
Ghana | 3 | 2 | 0 | 1 | 4 | 3 | +1 | 6 |
Tsjeggië | 3 | 1 | 0 | 2 | 3 | 4 | –1 | 3 |
Verenigde State | 3 | 0 | 1 | 2 | 2 | 6 | –4 | 1 |
12 Junie 2006 18:00 | ||||
Verenigde State | 0–3 | Tsjeggië | FIFA-wêreldbekerstadion, Gelsenkirchen Toeskouers: 52 000 Skeidsregter: Carlos Amarilla (Paraguay) | |
Verslag | 5' Koller 36', 76' Rosický |
12 Junie 2006 21:00 | ||||
Italië | 2–0 | Ghana | FIFA-wêreldbekerstadion, Hannover Toeskouers: 43 000 Skeidsregter: Carlos Simon (Brasilië) | |
Pirlo 40' Iaquinta 83' |
Verslag |
17 Junie 2006 18:00 | ||||
Tsjeggië | 0–2 | Ghana | FIFA-wêreldbekerstadion, Keulen Toeskouers: 45 000 Skeidsregter: Horacio Elizondo (Argentinië) | |
Verslag | 2' Gyan 82' Muntari |
17 Junie 2006 21:00 | ||||
Italië | 1–1 | Verenigde State | Fritz-Walter-Stadion, Kaiserslautern Toeskouers: 46 000 Skeidsregter: Jorge Larrionda (Uruguay) | |
Gilardino 22' | Verslag | 27' (e.d.) Zaccardo |
22 Junie 2006 16:00 | ||||
Tsjeggië | 0–2 | Italië | FIFA-wêreldbekerstadion, Hamburg Toeskouers: 50 000 Skeidsregter: Benito Archundia (Meksiko) | |
Verslag | 26' Materazzi 87' Inzaghi |
22 Junie 2006 16:00 | ||||
Ghana | 2–1 | Verenigde State | Frankenstadion, Neurenberg Toeskouers: 41 000 Skeidsregter: Markus Merk (Duitsland) | |
Draman 22' Appiah 45+2' (straf) |
Verslag | 43' Dempsey |
Groep F
[wysig | wysig bron]Land | Wed | Wen | Gel | Ver | DV | DT | +/– | Pte |
---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Brasilië | 3 | 3 | 0 | 0 | 7 | 1 | +6 | 9 |
Australië | 3 | 1 | 1 | 1 | 5 | 5 | ±0 | 4 |
Kroasië | 3 | 0 | 2 | 1 | 2 | 3 | –1 | 2 |
Japan | 3 | 0 | 1 | 2 | 2 | 7 | –5 | 1 |
12 Junie 2006 15:00 | ||||
Australië | 3–1 | Japan | Fritz-Walter-Stadion, Kaiserslautern Toeskouers: 46 000 Skeidsregter: Essam Abd El Fatah (Egipte) | |
Cahill 84', 89' Aloisi 90+2' |
Verslag | 26' Nakamura |
13 Junie 2006 21:00 | ||||
Brasilië | 1–0 | Kroasië | Olympiastadion, Berlyn Toeskouers: 72 000 Skeidsregter: Benito Archundia (Meksiko) | |
Kaká 44' | Verslag |
18 Junie 2006 15:00 | ||||
Japan | 0–0 | Kroasië | Frankenstadion, Neurenberg Toeskouers: 41 000 Skeidsregter: Frank De Bleeckere (België) | |
Verslag |
18 Junie 2006 18:00 | ||||
Brasilië | 2–0 | Australië | FIFA-wêreldbekerstadion, München Toeskouers: 66 000 Skeidsregter: Markus Merk (Duitsland) | |
Adriano 49' Fred 90' |
Verslag |
22 Junie 2006 21:00 | ||||
Japan | 1–4 | Brasilië | FIFA-wêreldbekerstadion, Dortmund Toeskouers: 65 000 Skeidsregter: Éric Poulat (Frankryk) | |
Tamada 34' | Verslag | 45+1', 81' Ronaldo 53' Juninho 59' Gilberto |
22 Junie 2006 21:00 | ||||
Kroasië | 2–2 | Australië | Gottlieb-Daimler-Stadion, Stuttgart Toeskouers: 52 000 Skeidsregter: Graham Poll (Engeland) | |
Srna 2' N. Kovač 56' |
Verslag | 38' (straf) Moore 79' Kewell |
Groep G
[wysig | wysig bron]Land | Wed | Wen | Gel | Ver | DV | DT | +/– | Pte |
---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Switserland | 3 | 2 | 1 | 0 | 4 | 0 | +4 | 7 |
Frankryk | 3 | 1 | 2 | 0 | 3 | 1 | +2 | 5 |
Suid-Korea | 3 | 1 | 1 | 1 | 3 | 4 | –1 | 4 |
Togo | 3 | 0 | 0 | 3 | 1 | 6 | –5 | 0 |
13 Junie 2006 15:00 | ||||
Suid-Korea | 2–1 | Togo | FIFA-wêreldbekerstadion, Frankfurt am Main Toeskouers: 48 000 Skeidsregter: Graham Poll (Engeland) | |
Lee Chun-soo 54' Ahn Jung-hwan 72' |
Verslag | 31' Kader |
13 Junie 2006 18:00 | ||||
Frankryk | 0–0 | Switserland | Gottlieb-Daimler-Stadion, Stuttgart Toeskouers: 52 000 Skeidsregter: Walentin Iwanof (Rusland) | |
Verslag |
18 Junie 2006 21:00 | ||||
Frankryk | 1–1 | Suid-Korea | Zentralstadion, Leipzig Toeskouers: 43 000 Skeidsregter: Benito Archundia (Meksiko) | |
Henry 9' | Verslag | 81' Park Ji-sung |
19 Junie 2006 15:00 | ||||
Togo | 0–2 | Switserland | FIFA-wêreldbekerstadion, Dortmund Toeskouers: 65 000 Skeidsregter: Carlos Amarilla (Paraguay) | |
Verslag | 16' Frei 88' Barnetta |
23 Junie 2006 21:00 | ||||
Togo | 0–2 | Frankryk | FIFA-wêreldbekerstadion, Keulen Toeskouers: 45 000 Skeidsregter: Jorge Larrionda (Uruguay) | |
Verslag | 55' Vieira 61' Henry |
23 Junie 2006 21:00 | ||||
Switserland | 2–0 | Suid-Korea | FIFA-wêreldbekerstadion, Hannover Toeskouers: 43 000 Skeidsregter: Horacio Elizondo (Argentinië) | |
Senderos 23' Frei 77' |
Verslag |
Groep H
[wysig | wysig bron]Land | Wed | Wen | Gel | Ver | DV | DT | +/– | Pte |
---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Spanje | 3 | 3 | 0 | 0 | 8 | 1 | +7 | 9 |
Oekraïne | 3 | 2 | 0 | 1 | 5 | 4 | +1 | 6 |
Tunisië | 3 | 0 | 1 | 2 | 3 | 6 | –3 | 1 |
Saoedi-Arabië | 3 | 0 | 1 | 2 | 2 | 7 | –5 | 1 |
14 Junie 2006 15:00 | ||||
Spanje | 4–0 | Oekraïne | Zentralstadion, Leipzig Toeskouers: 43 000 Skeidsregter: Massimo Busacca (Switserland) | |
Alonso 13' Villa 17', 48' (straf) Torres 81' |
Verslag |
14 Junie 2006 18:00 | ||||
Tunisië | 2–2 | Saoedi-Arabië | FIFA-wêreldbekerstadion, München Toeskouers: 66 000 Skeidsregter: Mark Shield (Australië) | |
Jaziri 23' Jaïdi 90+2' |
Verslag | 57' Al-Qahtani 84' Al-Jaber |
19 Junie 2006 18:00 | ||||
Saoedi-Arabië | 0–4 | Oekraïne | FIFA-wêreldbekerstadion, Hamburg Toeskouers: 50 000 Skeidsregter: Graham Poll (Engeland) | |
Verslag | 4' Roesol 36' Rebrof 46' Tsjeftsjenko 84' Kalynytsjenko |
19 Junie 2006 21:00 | ||||
Spanje | 3–1 | Tunisië | Gottlieb-Daimler-Stadion, Stuttgart Toeskouers: 52 000 Skeidsregter: Carlos Simon (Brasilië) | |
Raúl 71' Torres 76', 90+1' (straf) |
Verslag | 8' Mnari |
23 Junie 2006 16:00 | ||||
Saoedi-Arabië | 0–1 | Spanje | Fritz-Walter-Stadion, Kaiserslautern Toeskouers: 46 000 Skeidsregter: Coffi Codjia (Benin) | |
Verslag | 36' Juanito |
23 Junie 2006 16:00 | ||||
Oekraïne | 1–0 | Tunisië | Olympiastadion, Berlyn Toeskouers: 72 000 Skeidsregter: Carlos Amarilla (Paraguay) | |
Tsjeftsjenko 70' (straf) | Verslag |
Uitklopfase
[wysig | wysig bron]Agtste eindrondte | Kwarteindrondte | Halfeindrondte | Eindstryd | |||||||||||
24 Junie – München | ||||||||||||||
Duitsland | 2 | |||||||||||||
30 Junie – Berlyn | ||||||||||||||
Swede | 0 | |||||||||||||
Duitsland | 1 (4) | |||||||||||||
24 Junie – Leipzig | ||||||||||||||
Argentinië | 1 (2) |
|||||||||||||
Argentinië | 2 | |||||||||||||
4 Julie – Dortmund | ||||||||||||||
Meksiko | 1 | |||||||||||||
Duitsland | 0 | |||||||||||||
26 Junie – Kaiserslautern | ||||||||||||||
Italië | 2 | |||||||||||||
Italië | 1 | |||||||||||||
30 Junie – Hamburg | ||||||||||||||
Australië | 0 | |||||||||||||
Italië | 3 | |||||||||||||
26 Junie – Keulen | ||||||||||||||
Oekraïne | 0 | |||||||||||||
Switserland | 0 (0) | |||||||||||||
9 Julie – Berlyn | ||||||||||||||
Oekraïne | 0 (3) |
|||||||||||||
Italië | 1 (5) | |||||||||||||
25 Junie – Stuttgart | ||||||||||||||
Frankryk | 1 (3) | |||||||||||||
Engeland | 1 | |||||||||||||
1 Julie – Gelsenkirchen | ||||||||||||||
Ecuador | 0 | |||||||||||||
Engeland | 0 (1) | |||||||||||||
25 Junie – Neurenberg | ||||||||||||||
Portugal | 0 (3) | |||||||||||||
Portugal | 1 | |||||||||||||
5 Julie – München | ||||||||||||||
Nederland | 0 | |||||||||||||
Portugal | 0 | |||||||||||||
27 Junie – Dortmund | ||||||||||||||
Frankryk | 1 | derde plek | ||||||||||||
Brasilië | 3 | |||||||||||||
1 Julie – Frankfurt am Main | 8 Julie – Stuttgart | |||||||||||||
Ghana | 0 | |||||||||||||
Brasilië | 0 | Duitsland | 3 | |||||||||||
27 Junie – Hannover | ||||||||||||||
Frankryk | 1 | Portugal | 1 | |||||||||||
Spanje | 1 | |||||||||||||
Frankryk | 3 | |||||||||||||
Agtste eindrondte
[wysig | wysig bron]24 Junie 2006 17:00 | ||||
Duitsland | 2–0 | Swede | FIFA-wêreldbekerstadion, München Toeskouers: 66 000 Skeidsregter: Carlos Simon (Brasilië) | |
Podolski 4', 12' | Verslag |
24 Junie 2006 21:00 | ||||
Argentinië | 2–1 (e.t.) | Meksiko | Zentralstadion, Leipzig Toeskouers: 43 000 Skeidsregter: Massimo Busacca (Switserland) | |
Crespo 10' Rodríguez 98' |
Verslag | 6' Marquez |
25 Junie 2006 17:00 | ||||
Engeland | 1–0 | Ecuador | Gottlieb-Daimler-Stadion, Stuttgart Toeskouers: 52 000 Skeidsregter: Frank De Bleeckere (België) | |
Beckham 60' | Verslag |
25 Junie 2006 21:00 | ||||
Portugal | 1–0 | Nederland | Frankenstadion, Neurenberg Toeskouers: 41 000 Skeidsregter: Walentin Iwanof (Rusland) | |
Maniche 23' | Verslag |
26 Junie 2006 17:00 | ||||
Italië | 1–0 | Australië | Fritz-Walter-Stadion, Kaiserslautern Toeskouers: 46 000 Skeidsregter: Luis Medina Cantalejo (Spanje) | |
Totti 90+5' (straf) | Verslag |
26 Junie 2006 21:00 | ||||
Switserland | 0–0 (e.t.) | Oekraïne | FIFA-wêreldbekerstadion, Keulen Toeskouers: 45 000 Skeidsregter: Benito Archundia (Meksiko) | |
Strafskoppe Streller Barnetta Cabanas |
Verslag Strafskoppe 0–3 |
Strafskoppe Tsjeftsjenko Milefskij Rebrof Husjef |
27 Junie 2006 17:00 | ||||
Brasilië | 3–0 | Ghana | FIFA-wêreldbekerstadion, Dortmund Toeskouers: 65 000 Skeidsregter: Ľuboš Micheľ (Slowakye) | |
Ronaldo 5' Adriano 45+1' Zé Roberto 84' |
Verslag |
27 Junie 2006 21:00 | ||||
Spanje | 1–3 | Frankryk | FIFA-wêreldbekerstadion, Hannover Toeskouers: 43 000 Skeidsregter: Roberto Rosetti (Italië) | |
Villa 28' (straf) | Verslag | 41' Ribéry 83' Vieira 90+2' Zidane |
Kwarteindrondte
[wysig | wysig bron]30 Junie 2006 17:00 | ||||
Duitsland | 1–1 (e.t.) | Argentinië | Olympiastadion, Berlyn Toeskouers: 72 000 Skeidsregter: Ľuboš Micheľ (Slowakye) | |
Klose 80' Strafskoppe Neuville Ballack Podolski Borowski |
Verslag Strafskoppe 4–2 |
49' Ayala Strafskoppe Cruz Ayala Rodríguez Cambiasso |
30 Junie 2006 21:00 | ||||
Italië | 3–0 | Oekraïne | FIFA-wêreldbekerstadion, Hamburg Toeskouers: 50 000 Skeidsregter: Frank De Bleeckere (België) | |
Zambrotta 6' Toni 59', 69' |
Verslag |
1 Julie 2006 17:00 | ||||
Engeland | 0–0 (e.t.) | Portugal | FIFA-wêreldbekerstadion, Gelsenkirchen Toeskouers: 52 000 Skeidsregter: Horacio Elizondo (Argentinië) | |
Strafskoppe Lampard Hargreaves Gerrard Carragher |
Verslag Strafskoppe 1–3 |
Strafskoppe Simão Viana Petit Postiga Ronaldo |
1 Julie 2006 21:00 | ||||
Brasilië | 0–1 | Frankryk | FIFA-wêreldbekerstadion, Frankfurt am Main Toeskouers: 48 000 Skeidsregter: Luis Medina Cantalejo (Spanje) | |
Verslag | 57' Henry |
Halfeindrondte
[wysig | wysig bron]4 Julie 2006 21:00 | ||||
Duitsland | 0–2 (e.t.) | Italië | FIFA-wêreldbekerstadion, Dortmund Toeskouers: 65 000 Skeidsregter: Benito Archundia (Meksiko) | |
Verslag | 119' Grosso 120+1' Del Piero |
5 Julie 2006 21:00 | ||||
Portugal | 0–1 | Frankryk | FIFA-wêreldbekerstadion, München Toeskouers: 66 000 Skeidsregter: Jorge Larrionda (Uruguay) | |
Verslag | 33' (straf) Zidane |
Klein finale (om die derde plek)
[wysig | wysig bron]8 Julie 2006 21:00 | ||||
Duitsland | 3–1 | Portugal | Gottlieb-Daimler-Stadion, Stuttgart Toeskouers: 52 000 Skeidsregter: Toru Kamikawa (Japan) | |
Schweinsteiger 56', 78' Petit 60' (e.d.) |
Verslag | 88' Nuno Gomes |
Eindstryd
[wysig | wysig bron]9 Julie 2006 20:00 | ||||
Italië | 1–1 (e.t.) | Frankryk | Olympiastadion, Berlyn Toeskouers: 69 000 Skeidsregter: Horacio Elizondo (Argentinië) | |
Materazzi 19' Strafskoppe Pirlo Materazzi De Rossi Del Piero Grosso |
Verslag Strafskoppe 5–3 |
7' (straf) Zidane Strafskoppe Wiltord Trezeguet Abidal Sagnol |
Sokkerwêreldkampioen 2006 |
---|
Italië |
FIFA se ranglys
[wysig | wysig bron]Ná die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2006 het FIFA ’n verslag gepubliseer waarin al die deelnemende spanne geranglys is volgens vordering in die toernooi, algehele resultate en kwaliteit van die meedinger.[6][7] Die ranglys vir die 2006-toernooi is soos gevolg:
Rang | Span | Groep | Wed | Wen | Gel | Ver | DV | DT | +/– | Pte |
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
1 | Italië | E | 7 | 5 | 2 | 0 | 12 | 2 | +10 | 17 |
2 | Frankryk | G | 7 | 4 | 3 | 0 | 9 | 3 | +6 | 15 |
3 | Duitsland | A | 7 | 5 | 1 | 1 | 14 | 6 | +8 | 16 |
4 | Portugal | D | 7 | 4 | 1 | 2 | 7 | 5 | +2 | 13 |
In die kwarteindrondte uitgeskakel | ||||||||||
5 | Brasilië | F | 5 | 4 | 0 | 1 | 10 | 2 | +8 | 12 |
6 | Argentinië | C | 5 | 3 | 2 | 0 | 11 | 3 | +8 | 11 |
7 | Engeland | B | 5 | 3 | 2 | 0 | 6 | 2 | +4 | 11 |
8 | Oekraïne | H | 5 | 2 | 1 | 2 | 5 | 7 | −2 | 7 |
In die agtste eindrondte uitgeskakel | ||||||||||
9 | Spanje | H | 4 | 3 | 0 | 1 | 9 | 4 | +5 | 9 |
10 | Switserland | G | 4 | 2 | 2 | 0 | 4 | 0 | +4 | 8 |
11 | Nederland | C | 4 | 2 | 1 | 1 | 3 | 2 | +1 | 7 |
12 | Ecuador | A | 4 | 2 | 0 | 2 | 5 | 4 | +1 | 6 |
13 | Ghana | E | 4 | 2 | 0 | 2 | 4 | 6 | −2 | 6 |
14 | Swede | B | 4 | 1 | 2 | 1 | 3 | 4 | −1 | 5 |
15 | Meksiko | D | 4 | 1 | 1 | 2 | 5 | 5 | ±0 | 4 |
16 | Australië | F | 4 | 1 | 1 | 2 | 5 | 6 | −1 | 4 |
In die groepfase uitgeskakel | ||||||||||
17 | Suid-Korea | G | 3 | 1 | 1 | 1 | 3 | 4 | −1 | 4 |
18 | Paraguay | B | 3 | 1 | 0 | 2 | 2 | 2 | ±0 | 3 |
19 | Ivoorkus | C | 3 | 1 | 0 | 2 | 5 | 6 | −1 | 3 |
20 | Tsjeggië | E | 3 | 1 | 0 | 2 | 3 | 4 | −1 | 3 |
21 | Pole | A | 3 | 1 | 0 | 2 | 2 | 4 | −2 | 3 |
22 | Kroasië | F | 3 | 0 | 2 | 1 | 2 | 3 | −1 | 2 |
23 | Angola | D | 3 | 0 | 2 | 1 | 1 | 2 | −1 | 2 |
24 | Tunisië | H | 3 | 0 | 1 | 2 | 3 | 6 | −3 | 1 |
25 | Iran | D | 3 | 0 | 1 | 2 | 2 | 6 | −4 | 1 |
Verenigde State | E | 3 | 0 | 1 | 2 | 2 | 6 | −4 | 1 | |
27 | Trinidad en Tobago | B | 3 | 0 | 1 | 2 | 0 | 4 | −4 | 1 |
28 | Japan | F | 3 | 0 | 1 | 2 | 2 | 7 | −5 | 1 |
Saoedi-Arabië | H | 3 | 0 | 1 | 2 | 2 | 7 | −5 | 1 | |
30 | Togo | G | 3 | 0 | 0 | 3 | 1 | 6 | −5 | 0 |
31 | Costa Rica | A | 3 | 0 | 0 | 3 | 3 | 9 | −6 | 0 |
32 | Serwië en Montenegro | C | 3 | 0 | 0 | 3 | 2 | 10 | −8 | 0 |
Meeste doele aangeteken
[wysig | wysig bron]Meeste doele aangeteken:[1]
|
|
Sien ook
[wysig | wysig bron]Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ 1,0 1,1 (en) "Goals scored". FIFA. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 6 Junie 2018. Besoek op 6 Junie 2018.
- ↑ (af) "Joernaliste hou kop en vereer Zidane ondanks rooi kaart". Beeld. 11 Julie 2006. Besoek op 11 Julie 2006. [dooie skakel]
- ↑ (en) "FIFA World Cup™ host announcement decision" (PDF). FIFA. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 12 April 2019. Besoek op 14 Julie 2018.
- ↑ (en) "History of the FIFA World Cup™ preliminary competition (by year)" (PDF). FIFA. November 2009. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 23 Oktober 2013. Besoek op 23 Oktober 2013.
- ↑ (en) "Formats of the FIFA World Cup final competitions" (PDF). FIFA. Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 27 Februarie 2008.
- ↑ (en) "page 45" (PDF). FIFA. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 21 April 2020. Besoek op 14 Julie 2018.
- ↑ (en) "FIFA World Cup: Milestones, facts & figures. Statistical Kit 7" (PDF). FIFA. 26 Maart 2013. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 21 Mei 2013. Besoek op 21 Mei 2013.
Verdere leesstof
[wysig | wysig bron]- (en) Clemente Angelo Lisi (2007). A history of the World Cup: 1930–2006. Lanham, Maryland: Scarecrow Press. ISBN 0-8108-5905-X. Besoek op 14 Julie 2018.
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]Wikimedia Commons bevat media in verband met FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2006. |
- (en) fifa.com: Germany 2006: Italy’s fourth crown
- (en) worldcup-history.com: Germany, 2006
- (en) rsssf.com: World Cup 2006