Frédéric Mistral
Voorkoms
Frédéric Mistral | |
---|---|
Gebore | 8 September 1830 Maillane, Frankryk |
Sterf | 25 Maart 1914 Maillane, Frankryk |
Nasionaliteit | Frankryk |
Beroep | digter |
Frédéric Mistral (8 September 1830 – 25 Maart 1914) was 'n Franse digter. Hy was die leier van die 19de eeuse herlewing van Oksitaans, 'n taal van die gebied. In 1904 deel hy die Nobelprys vir Letterkunde met José Echegaray y Eizaguirre vir sy bydrae tot die letterkunde en filologie.[1]
Kort biografie
[wysig | wysig bron]Frédéric Mistral is gebore in Maillane, in die Bouches-du-Rhône département van Frankryk. Hy studeer in die regte aan die Universiteit van Aix-en-Provence en, welaf genoeg om nie te hoef te werk nie, spandeer sy lewe daaraan om Oksitaans weer op die been te bring. Hy ontwikkel byvoorbeeld 'n woordeboek in Oksitaans, en stig 'n etnografiese museum in Arles. Hy sterf ook in Maillane.
Bibliografie
[wysig | wysig bron]Poësie
[wysig | wysig bron]- Mirèio (Mireio: 'n Gedig van Provence) - 1859
- Calendau - 1867
- Lis Isclo d'Or - 1876
- Nerto - 1884
- Lou Pouemo dou Rose (Lied van die Rhone) - 1897
- Lis Oulivado - 1912
Prosa
[wysig | wysig bron]Nie-fiksie
[wysig | wysig bron]- Moun espelido (My oorsprong), memoires - 1906
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ "The Nobel Prize in Literature 1904" (in Engels). Nobelprize.org. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 1 Augustus 2018. Besoek op 7 Oktober 2017.
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Frédéric Mistral.
- Frédéric Mistral.
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal. |