Frederick Chiluba
Hierdie artikel bevat nie ’n bronnelys nie, wat beteken dat die inhoud nie geverifieer kan word nie. Enige bevraagtekende inligting mag dus ook mettertyd verwyder word. Help Wikipedia deur betroubare bronne tot die artikel by te voeg. |
Frederick Chiluba | |
Frederick Chiluba in 1992 | |
Ampstermyn 2 November 1991 – 2 Januarie 2002 | |
Vise | Levy Mwanawasa Godfrey Miyanda Christon Tembo Enoch Kavindele |
---|---|
Voorafgegaan deur | Kenneth Kaunda |
Opgevolg deur | Levy Mwanawasa |
Persoonlike besonderhede
| |
Gebore | Frederick Jacob Titus Chiluba 30 April 1943 Musangu, Mwense, Luapula, Noord-Rhodesië (nou Zambië) |
Sterf | 18 Junie 2011 (op 68) Lusaka, Zambië |
Politieke party | MMD |
Eggenoot/-note | Vera Tembo (19??–2000) Regina Mwanza (192002–2011) |
Kind(ers) | 9 |
Frederick Jacob Titus Chiluba (30 April 1943 – 18 Junie 2011) was die tweede president van Zambië ná hy die eerste verkiesing na die herinstelling van veelparty-demokrasie laat in 1991 gewen het.
Chiluba was 'n voormalige leier van die land se vakverbond, die Zambian Congress of Trade Unions, en 'n teenstander van die eerste president, Kenneth Kaunda, se eenparty-regering, vir wie hy as kandidaat van die Movement for Multiparty Democracy (MDD) in die verkiesing van Desember 1991 verslaan het. Hy is herverkies in 1996, maar sy pogings om die grondwet te wysig sodat hy ook in 2001 die MDD se presidentskanditaat kon wees, het misluk weens wye teenstand uit die parlement sowel as die burgerlike samelewing.
Die MDD het gevolglik vir Levy Mwanawasa as sy kandidaat aangewys. Mwanawasa wen die verkiesing met minder as 'n derde van die stemme. Ná Chiluba die amp verlaat, is hy aangekla van korrupsie en uiteindelik in 2009 vrygespreek.