Gaan na inhoud

Klitikum

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie

'n Klitikum (meervoud klitika) is 'n morfeem wat sintaktiese kenmerke van 'n woord het, maar tekens toon dat dit fonologies gebind is aan 'n ander woord.[1]

In tale soos Frans en Nederlands bestaan daar swak vorme van voornaamwoorde wat tot klitika gereduseer word. Byvoorbeeld in Nederlands word die klitika m’n, je, z’n en d’r afgelei van die voornaamwoorde mijn, jouw, zijn en haar. Afrikaans maak egter nie die sterk-swak-onderskeid nie en die klitika kom oor die algemeen nie daarin voor nie.[2]

Daar bestaan twee soorte klitika:[1]

  • 'n proklitikum, wat aan die begin van 'n morfeem voorkom; en
  • 'n enklitikum, wat aan die einde van 'n morfeem voorkom.

Eienskappe

[wysig | wysig bron]

Eienskappe van klitika sluit in:[1]

  • Fonologies gebonde maar sintakties vry
  • Funksie op frase of bysin vlak
  • Kan nie in standaard gesprek geïntegreer word sonder om aan een of ander ander vorm gebind te wees nie
  • Het baie keer grammatikale eerder as leksikale betekenis
  • Behoort aan geslote klasse soos voornaamwoorde, voorsetsels, hulpwerkwoorde en voegwoorde
  • Word gewoonlik aan die rande van woorde geheg, buite die afleidings- en verbuigingsaffikse
  • Heg baie keer aan verskeie sintaktiese kategorieë van woorde soos die hoof selfstandige naamwoord, nie-hoof selfstandige naamwoord, voorsetsel, werkwoord of bywoord
  • Fonologies onbeklemtoon

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. 1,0 1,1 1,2 SIL International, Glossary of linguistic terms, What is a clitic? (Grammar) Geargiveer 10 Mei 2004 op Wayback Machine, besoek op 30 Maart 2008
  2. Afrikaans and its syntactic analysis, Afrikaans and its syntactic analysis in terms of Minimalist syntax[dooie skakel], afgelaai op 30 Maart 2008