Kremlin
- Vir ander gebruike van die woord of naam Kremlin sien Kremlin (dubbelsinnigheid).
Kremlin (Russies: кремль; kreml) is die Russiese woord vir fort, vesting of kasteel en verwys na enige groot gefortifiseerde sentrale kompleks in historiese Russiese stede. Die woord word dikwels gebruik vir die bekendste een, die Moskouse Kremlin, of vir die Russiese regering (voorheen vir die Sowjet-regering).
Rusland se presidensiële administrasie is in die Moskouse Kremlin. In die Sowjet-tyd het die regering vanuit die Kremlin gewerk, maar die Russiese regering se hoofkwartier is tans in ’n ander gebou daarbuite gehuisves.
Kort lys van Russiese stede met kremlins
[wysig | wysig bron]- Wêrelderfenisgebiede
- Steeds bestaande
- Bouvallig
- Gdof
- Porchof
- Serpoechof
- Welikije Loeki
- Torzjok
- Mozjaisk
- Koporje
- Wjazma (een toring)
- Sizran (een toring, 1683)
- Oefa
- Nie ommuur nie
- Wladimir
- Dmitrof
- Rjazan
- Wologda
- Jaroslawl (twee torings)
- Pereslawl-Zalesski
- Chlinof (Wjatka)
- Wolokolamsk
Sedert die verbrokkeling van die Sowjetunie kom ou Russiese kremlins in gebiede buite Rusland se grense voor, soos in: Kijif, Poetiwl en Tsjernihif in die huidige Oekraïne en Grodno en Kamjanjets in Belarus. Verskeie kloosters is ook in ’n Kremlin-styl gebou.
Verwysings
[wysig | wysig bron]- Hierdie artikel is merendeels vertaal vanaf die Engelse Wikipedia-artikel en:Kremlin
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- Russiese fortifisering Geargiveer 28 Oktober 2009 op Wayback Machine