Oranjerivierkolonie
| |||||
| |||||
Volkslied: God Save the King (1902–1910) | |||||
Ligging van die Oranjerivierkolonie tussen 1902 en 1910 | |||||
Hoofstad | Bloemfontein 29°06′S 26°13′O / 29.100°S 26.217°O | ||||
Taal/Tale | Afrikaans, Engels, Nederlands, Suid-Sotho | ||||
Godsdiens | Nederduitse Gereformeerde Kerkfamilie, Anglikaanse Kerk, Afrika-godsdiens | ||||
Regering | Monargie | ||||
Monarg | |||||
- 1902–1910 | Edward VII | ||||
- 1910 | George V | ||||
Eerste minister | |||||
- 1907–1910 | Abraham Fischer | ||||
Goewerneur | |||||
- 1902–1905 | Alfred Milner | ||||
- 1905–1907 | William Palmer | ||||
- 1907–1910 | Hamilton John Goold-Adams | ||||
Historiese tydperk | Wedloop om Afrika | ||||
- Britse besetting van die Oranje-Vrystaat | 28 Mei 1900 | ||||
- Britse anneksasie | 6 Oktober 1900 | ||||
- Verdrag van Vereeniging | 31 Mei 1902 | ||||
- Selfregering | 27 November 1907 | ||||
- Stigting van die Unie van Suid-Afrika | 31 Mei 1910 | ||||
- Stigting van die Oranje-Vrystaat-provinsie | 31 Mei 1910 | ||||
Bevolking | |||||
- 1904[1] skatting | 387 315 | ||||
Geldeenheid | Pond sterling |
Die Oranjerivierkolonie (Engels: Orange River Colony) was 'n Britse kolonie wat geskep is met die anneksasie van die Oranje-Vrystaat in 1900, na die Boere-oorlog.
Lord Roberts het die Union Jack op 28 Mei 1900 oor Bloemfontein gehys, en anneksasie het amptelik van krag geword op 6 Oktober. Sir Alfred Milner is aangestel as goewerneur op 4 Januarie 1901, met Hamilton John Goold-Adams as luitenant-goewerneur.
Teen 1904 het die gevoel vir een of ander vorm van selfregering sterk begin raak en is die Orangia Unie party gevorm om die ideë te bevorder. In die daaropvolgende jaar tree Milner af en word Lord Selborne die nuwe goewerneur. Die kolonie verkry selfregering in 1907, en op 27 November word Abraham Fischer van die Oranje Unie die eerste Eerste Minister. In 1910 sluit dit by die Unie van Suid-Afrika aan as die "Oranje-Vrystaat Provinsie". Die provinsie bly voortbestaan na 1994 as die Vrystaat.
Posseëls
[wysig | wysig bron]Onmiddellik na anneksasie het die Britte die republiek se seëls met "V.R.I." (Victoria Regina Imperatrix) oorgestempel. Daar was geringe variasies, sommige baie seldsaam en vandag uiters gesog. Seëls van die Kaapkolonie is ook oorgestempel, met "ORANGE RIVER COLONY" (10 Augustus, voor die kolonie amptelik bestaan het), en eers in 1903 het die Oranjerivierkolonie sy eie seëls gekry. Hierdie seëls het 'n portret van Koning Edward VII, saam met klein prentjies van 'n springbok en 'n wildebees. Dit is gebruik tot uniewording in 1910 en is vandag algemeen beskikbaar en goedkoop.
Goewerneurs
[wysig | wysig bron]# | Naam | Party | Ampsaanvaarding | Amp verlaat |
---|---|---|---|---|
1 | Alfred Milner | Konserwatiewe Party | 23 Junie 1902 | 1 April 1905 |
2 | William Palmer | Liberale Party | 1 April 1905 | 7 Junie 1907 |
3 | Hamilton John Goold-Adams | Onafhanklik | 7 Junie 1907 | 31 Mei 1910 |
Demografie
[wysig | wysig bron]Rasverdeling
[wysig | wysig bron]Bevolkingsgetalle volgens die 1904-sensus:[2]
Bevolkingsgroep | Getal | Persent (%) |
Swartes | 225 101 | 58,11 |
Blankes | 142 679 | 36,83 |
Bruines | 19 282 | 4,97 |
Asiërs | 253 | 0,06 |
Totaal | 387 315 | 100,00 |
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ (en) "Census of the British empire. 1901". Openlibrary.org. 1906. p. 161. Besoek op 30 September 2014.
- ↑ (en) Smuts I: The Sanguine Years 1870–1919, W.K. Hancock, Cambridge University Press, 1962, bl. 219