Gaan na inhoud

Pools-Ortodokse Kerk

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Pools-Ortodokse Kerk
’n Pools-Ortodokse kerk in Białowieża.
’n Pools-Ortodokse kerk in Białowieża.
Moederkerk Russies-Ortodokse Kerk
Stigtingsjaar 1924
Stigter Cyrillus en Methodius
Status Outokefaal
Kerkleiding
Hoof Sava Hrycuniak
Hoof se titel Metropoliet van Warskou en die Hele Pole
Setel Warskou, Pole
Besonderhede
Liturgie Bisantyns
Liturgiese taal   Kerkslawies, Pools
Kalender Juliaanse kalender
Gelowiges 600 000
Bisdomme 7
Kloosters 3
Gemeentes 240
Webtuiste
http://www.orthodox.pl/

Die Pools-Ortodokse Kerk (Pools: Polski Autokefaliczny Kościół Prawosławny) is ’n outokefale Oosters-Ortodokse Kerk wat in volle gemeenskap met die ander Oosters-Ortodokse kerke is. Die primaat van die kerk het die titel Metropoliet van Warskou en die Hele Pole.

Die Kerk is gestig in 1924, ’n paar jaar nadat Pole sy onafhanklikheid teruggekry het ná die Eerste Wêreldoorlog, om Ortodokse Christene van Poolse, Oekraïense en Belarussiese herkoms te akkommodeer.

Ná die Tweede Wêreldoorlog is die meeste Oekraïense en Belarussiese gebiede, met 80% van die Poolse kerk se gemeentes, deur die Sowjetunie geannekseer en is dié kerke met die Russies-Ortodokse Kerk verenig. Die orige kerke, meestal dié in die oostelike, gemengde gebiede soos om Chełm en Białystok, het onder beheer van die Poolse kerk gebly. In 1948, onder druk van die Russiese kerk, het die Ekumeniese Patriargaat van Konstantinopel die Kerk in Pole outokefaal verklaar.

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]