Gaan na inhoud

Prins Edward, Hertog van Kent en Strathearn

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Prins Edward
Die Hertog van Kent en Strathearn

Volle naam Edward Augustus
Eggenote Prinses Victoria van Sakse-Koburg-Saalfeld
Kinders Koningin Victoria
Titels SKH die Hertog van Kent
SKH prins Edward
Huis Hannover
Vader George III van die Verenigde Koninkryk
Moeder Charlotte van Mecklenburg-Strelitz
Gebore 2 November 1767; Buckingham-paleis, Londen
Oorlede 23 Januarie 1820; Woodbrook Cottage, Sidmouth, Devon

Prins Edward, die Hertog van Kent en Strathearn (Edward Augustus; 2 November 1767 – 23 Januarie 1820) was ’n lid van die Britse koninklike familie, die vierde seun van koning George III en die vader van koningin Victoria. Hy het op 23 April 1799 die Hertog van Kent en Strathearn en die Graaf van Dublin geword – in dieselfde jaar dat hy hoofbevelvoerder in Noord-Amerika geword het.

Vroeë lewe

[wysig | wysig bron]

Prins Edward[1] is in Buckingham-paleis gebore. Sy vader was die heersende Britse koning, George III, die oudste seun van Frederick, die Prins van Wallis en Augusta van Sakse-Gotha. Edward se ma was koningin Charlotte (gebore hertogin Charlotte van Mecklenburg-Strelitz), die dogter van hertog Charles Louis Frederick van Mecklenburg-Strelitz, prins van Mirow. As seun van ’n Britse monarg was sy aanspreekvorm van geboorte af "Sy Koninklike Hoogheid prins Edward". Hy was die vierde aanspraakmaker op die Britse troon ná sy drie ouer broers.

Huwelik

[wysig | wysig bron]

Die Hertog van Kent het verskeie minnaresse gehad, van wie die bekendste Adelaide Dubus was by wie hy twee buite-egtelike dogters, Adelaide Victoria Augusta Dubus en Julie de St Laurent, gehad het. Hy het egter ongetroud gebly tot in 1818, toe die troonopvolging onseker begin lyk het ná die dood van die enigste wettige kleinkind van George III, prinses Charlotte Augusta van Wallis. Die prins-regent en sy jonger broer, die Hertog van York, het geen wettige kinders gehad nie hoewel hulle getroud was. Die ongetroude seuns van koning George, die Hertog van Clarence (later koning William IV), die Hertog van Kent en die Hertog van Cambridge, het almal haastig getrou en ’n erfgenaam vir die troon verskaf.

Die Hertog van Kent het verloof geraak aan prinses Victoria van Sakse-Koburg-Saalfeld (17 Augustus 1786 – 16 Maart 1861), die dogter van hertog Franz Friedrich van Sakse-Koburg-Saalfeld. Hulle het op 29 Mei 1818 by Schloss Ehrenburg, Koburg, getrou en later, op 11 Julie 1818, weer by Kew-paleis, Richmond Park, Surrey. Hulle het een dogter gehad – prinses Alexandrina Victoria van Kent (24 Mei 1819 – 22 Januarie 1901).

Die Hertog van Kent is op 23 Januarie 1820 by Woodbrook Cottage, Sidmouth, Devon, dood ná ’n kort siekte wat waarskynlik deur ’n verkoue veroorsaak is. Dit was net ses dae voor sy pa, George III, en minder as ’n jaar ná die geboorte van sy dogter. Aangesien nie een van sy drie ouer broers oorlewende wettige kinders gehad het nie, het sy dogter koningin geword ná die dood van koning William IV in 1837.

Nalatenskap

[wysig | wysig bron]

Die Suid-Afrikaanse Prins Edward-eilande is na prins Edward genoem, asook die Kanadese provinsie Prins Edward-eiland, Prins Edward-distrik in Ontario, die dorp Point Edward in Ontario en die dorp Kentville in Nieu-Skotland.

Stamboom

[wysig | wysig bron]
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
George I van Groot-Brittanje
 
 
 
 
 
 
 
George II van Groot-Brittanje
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
Frederick, Prins van Wallis
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
George III van die Verenigde Koninkryk
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 Prins Edward 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 


Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. [1][dooie skakel][2][dooie skakel][3][dooie skakel][4][dooie skakel][5][dooie skakel][6][dooie skakel]

Bronne

[wysig | wysig bron]
Hierdie artikel is merendeels vertaal vanaf die Engelse Wikipedia-artikel en:Prince Edward, Duke of Kent and Strathearn
  • Naftel, W.D. (2005). Prince Edward's Legacy: The Duke of Kent in Halifax: Romance and beautiful buildings Halifax, Nieu-Skotland: Formac Publishing. ISBN 978-0-88780-648-3

Eksterne skakel

[wysig | wysig bron]