Republiek van Karelië
Republiek van Karelië Karjalan tazavaldu | ||||
Die ligging van Karelië in Rusland. | ||||
Politieke status | ||||
Land | Russiese Federasie | |||
Federale distrik | Noordwes | |||
Ekonomiese streek | Noord | |||
Stigting | 16 Julie 1956 | |||
Regering | ||||
Hoofstad | Petrozawodsk | |||
Leier | Aleksander Choedilainen | |||
Amp | President | |||
Wetgewer | Wetgewende raad | |||
Bevolking | ||||
Sensus | 2010 | |||
Totaal | 643 548 | |||
Volgorde | 68ste | |||
Digtheid | 3,73/km2 | |||
Stedelik | 78% | |||
Plattelands | 22% | |||
Statistiek | ||||
Oppervlakte | 172 400 km2 | |||
Volgorde | 20ste | |||
Tydsone | UTC+04:00 | |||
Registrasienommer | 10 | |||
Amptelike tale | Russies | |||
Webtuiste | http://www.gov.karelia.ru/ | |||
Wapen en vlag | ||||
| ||||
|
Die Republiek van Karelië (Russies: Респу́блика Каре́лия, Karelies: Karjalan tazavaldu, Fins: Karjalan tasavalta, Wepsies: Karjalan Tazovaldkund) is 'n Republiek in die Russiese Federasie wat die grootste deel van die historiese landstreek Karelië omvat. In die ooste grens dit aan die Witsee en in die weste het dit 'n 723 km lange grens met Finland. Naburige oblaste is Leningrad en Wologda in die suide, Moermansk in die noorde en Archangelsk in die ooste. Die landskap is 'n voortsetting van die Finse merelandskap na die ooste met talryke mere in die gebied. In die suide word die Ladogasee en die Onegasee aangetref wat die twee grootste mere in Europa is. Daar is altesaam sowat 66 000 mere in die Kareliese republeik. 49 % van die oppervlak van Karelië is woudbedek en 25 % met water.
Geskiedenis
[wysig | wysig bron]Histories was Karelië 'n gebied noordwes van Rusland, oos van die hedendaagse Finland wat deur die Republiek van Nowgorod beheer is. Vanaf die 13de eeu is verskeie dele deur Swede verower en in Sweeds-Karelië opgeneem totdat dit in 1721 tydens die Verdrag van Nystad aan Rusland opgesê moes word.
In 1923 het die Russiese provinsie die Kareliese Outonome Sosialistiese Sowjet-republiek geword. In 1940 is dit na die Karelo-Finse SSR verander met die insluiting van die Finse Demokratiese Republiek wat tydens die Winteroorlog geskep is. Gebiede wat van Finland geannekseer is, is in die Karelo-Finse SSR opgeneem na die Winteroorlog, maar na die Vervolgoorlog is die Kareliese Istmus in die Leningrad-oblast opgeneem. Die republiek se status is in 1956 na 'n OSSR terugverander. Tydens die Vervolgoorlog in 1941 het Finland groot dele van die gebied besit, maar is in 1944 gedwing om te onttrek.
Die outonome Republiek van Karelië in sy huidige vorm is op 13 November 1991 gevorm.
Geografie
[wysig | wysig bron]Die republiek lê in die noordwestelike deel van Rusland, tussen die opvanggebiede van die Wit- en Oossee. Daar is sowat 27 000 riviere. Van die grootstes sluit in:
- Wodla-rivier (149 km)
- Kem-rivier (191 km)
- Kowda-rivier
- Sjoeia-rivier
- Soena-rivier
- Wig-rivier
Daar is 60 000 mere in die republiek. Die mere en moerasse bevat sowat 2 000 km³ hoëgehalte- vars water. Die Ladoga- en Onegameer is die grootstes in Europa. Ander mere sluit in:
- Njoekozero
- Pjaozero
- Segozero
- Sjamozero
- Topozero
- Wigozero
Natuurlike hulpbronne
[wysig | wysig bron]Die grootste deel van die republiek (148 000 km², of 85%) bestaan uit woude. Vyftig minerale word hier aangetref, onder meer ystererts, diamante, vanadium en molibdenum.
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Karelië.