Gaan na inhoud

Seldjoekse Ryk

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Seldjoekse Ryk

1037 – 1194
Ligging of Seldjoeke
Ligging of Seldjoeke
Die Seldjoekse Ryk op sy hoogtepunt in 1092
Hoofstad Nishapur
(1037–1043)
Rey
(1043–1051)
Isfahan
(1051–1118)
Hamadan, Westelike hoofstad (1118–1194)
Merv, Oostelike hoofstad (1118–1153)
Taal/Tale Persies (amptelike en die hof se taal; omgangstaal)[1][2][3]
Oghusies-Turks (dinastiese en militêre taal)[3][4]
Arabies (taal van leer en godsdiens)[1][3]
Regering Monargie
Sultan
 - 1037–1063 Toeghril I (eerste)
 - 1174–1194 Toeghril III (laaste)[5][6]
Historiese tydperk Middeleeue
 - Gevestig 1037
 - Toeghril Beg I stig die staatstelsel 1037
 - Vervang deur die Chorasmiede[7] 1194
 - Ontbind 1194

Die Seldjoekse Ryk was ’n Middeleeuse Turks-Persiese[8][9][10][11] ryk. Dit was in beheer van ’n groot gebied van die Hindoekoesj tot Oos-Anatolië en van Sentraal-Asië tot die Persiese Golf. Van hul tuislande naby die Aralmeer het hulle eers in Chorasan en toe in Persië inbeweeg voordat hulle eindelik Oos-Anatolië verower het.

Geskiedenis

[wysig | wysig bron]

Die ryk is in 1037 deur Toeghril Beg (1016–63) gestig. Hy is deur sy oupa, Seldjoek-Beg, grootgemaak wat ’n hoë posisie in die Turkse staat Oghuz Yabgu beklee het. Seldjoek se naam is gebruik vir die ryk sowel as die dinastie. Die Seldjoeke het die verbrokkelde politieke toneel van die oostelike Islamitiese wêreld verenig en ’n sleutelrol gespeel in die Eerste en Tweede Kruistog. Hul kultuur en taal was in ’n groot mate Persies[12][13][14] en hulle het ’n groot rol gespeel in die ontwikkeling van die Turks-Persiese tradisies.[15] Die vestiging van Turkse stamme in die noordwestelike streke van die ryk, vir die strategiese militêre doel om invalle van buurstate af te weer, het gelei tot die turkifisering van dié gebiede.[16]

Verval

[wysig | wysig bron]

Ahmad Sanjar (1097 tot 1118) het te doen gekry met opstande in verskeie dele van die ryk, sowel as nomadiese volke wat die ryk binnegeval het. In 1141 is die Seldjoeke verslaan en die leër het groot verliese gely. Hierna het hul aansien baie afgeneem en hulle het al hul oostelike provinsies verloor.[17]

Die Koninkryk van Georgië en die Armeense Koninkryk van Silisië het ook in dié tyd sterk magte geword en hul grense uitgebrei tot nadeel van die Seldjoeke. In 1194 het die Seldjoekse Ryk eindelik geval. In die middel van die 13de eeu het die Mongoolse Ryk Anatolië binnegeval en dit in kleiner emirate verdeel. Eindelik het een van dié emirate, die Ottomane, magtig geword en die res van die gebied verower.

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. 1,0 1,1 Savory, R. M., red. (1976). Introduction to Islamic Civilisation. Cambridge University Press. p. 82. ISBN 0-521-20777-0.
  2. Black, Edwin (2004). Banking on Baghdad: Inside Iraq's 7,000-year History of War, Profit and Conflict. John Wiley and Sons. p. 38. ISBN 0-471-67186-X.
  3. 3,0 3,1 3,2 C.E. Bosworth, "Turkish Expansion towards the west" in UNESCO History of Humanity, Volume IV, titled "From the Seventh to the Sixteenth Century", UNESCO Publishing / Routledge, bl. 391
  4. Concise Encyclopedia of Languages of the World, Ed. Keith Brown, Sarah Ogilvie, (Elsevier Ltd., 2009), 1110
  5. A New General Biographical Dictionary, Vol.2, Ed. Hugh James Rose, (London, 1853), 214.
  6. Grousset, Rene, The Empire of the Steppes, (New Brunswick: Rutgers University Press, 1988), 167.
  7. Grousset, Rene (1988). The Empire of the Steppes. New Brunswick: Rutgers University Press. pp. 159, 161. ISBN 0-8135-0627-1.
  8. "Aḥmad of Niǧde's al-Walad al-Shafīq and the Seljuk Past", A.C.S. Peacock, Anatolian Studies, Vol. 54, (2004), 97
  9. Meisami, Julie Scott, Persian Historiography to the End of the Twelfth Century, (Edinburgh University Press, 1999), 143
  10. Encyclopaedia Iranica, "Šahrbānu", aanlyn uitgawe
  11. Josef W. Meri, Medieval Islamic Civilization: An Encyclopedia, Routledge, 2005, p. 399
  12. Michael Mandelbaum, "Central Asia and the World", Council on Foreign Relations (Mei 1994), p. 79
  13. Jonathan Dewald, "Europe 1450 to 1789: Encyclopedia of the Early Modern World", Charles Scribner's Sons, 2004, bl. 24
  14. C.E. Bosworth, "Turkmen Expansion towards the west" in Unesco History of Humanity, Volume IV, met die titel "From the Seventh to the Sixteenth Century", Unesco Publishing / Routledge, bl. 391
  15. Daniel Pipes: "The Event of Our Era: Former Soviet Muslim Republics Change the Middle East" in Michael Mandelbaum, "Central Asia and the World: Kazakhstan, Uzbekistan, Tajikistan, Kyrgyzstan, Turkemenistan and the World", Council on Foreign Relations, bl. 79
  16. Peter Benjamin Golden. An Introduction to the History of the Turkic Peoples. Otto Harrasowitz, 1992, bl. 386
  17. Biran, Michel, The Empire of the Qara Khitai in Eurasian History, (Cambridge University Press, 2005), 44.