Gaan na inhoud

Serwies-Ortodokse Kerk

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Serwies-Ortodokse Kerk
Die Katedraal van St. Sava in Belgrado.
Die Katedraal van St. Sava in Belgrado.
Moederkerk Ekumeniese Patriargaat van Konstantinopel
Stigtingsjaar 1219
Stigter Sava van Serwië
Status Outokefaal
Kerkleiding
Hoof Porfirije Perić
Hoof se titel Aartsbiskop van Peć, Metropoliet van Belgrado en Karlovci, Patriarg van die Serwiërs
Setel Belgrado, Serwië
Besonderhede
Liturgie Bisantyns
Liturgiese taal   Serwies, Kerkslawies
Kalender Juliaans
Gelowiges 8-11 miljoen
Bisdomme 37
Gemeentes 2 974
Priesters 3 000
Webtuiste
http://www.spc.sr

Die Serwies-Ortodokse Kerk (Serwies: Српска православна црква, Srpska pravoslavna crkva) is een van vyftien outokefale Oosters-Ortodokse Kerke. Die primaat aan die hoof van die kerk se titel is Aartsbiskop van Peć, Metropoliet van Belgrado en Karlovci, Patriarg van die Serwiërs. Dit is die oudste Slawies-Ortodokse kerk in die wêreld naas die Bulgaars-Ortodokse Kerk.[1]

Die Serwies-Ortodokse Kerk is die dominante kerk in Serwië, Montenegro en ’n deel van Bosnië en Herzegowina, met meer as 84% van die bevolking in dié drie lande wat daartoe behoort.

Verwysings

[wysig | wysig bron]

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]