Thanksgiving
Thanksgiving of Danksegging (Action de grâce in Franssprekende Kanada), is 'n tradisionele Noord-Amerikaanse vakansiedag wat as 'n soort oesdankfees gevier word. Die datum en oorsprong van die eerste Dankseggingfeesviering bly omstrede, maar die eerste gedokumenteerde Dankseggingfees is op 8 September 1565 in die huidige St. Augustine (deelstaat Florida) gehou.[1] Alhoewel navorsing reeds die teendeel bewys het, word daar nog dikwels na die feesviering, wat in 1621 by die Plymouth-plantasie in die gelyknamige kolonie plaasgevind het, as die eerste Danksegging verwys.
Deesdae word Danksegging in Kanada op die tweede Maandag in Oktober en in die Verenigde State op die vierde Donderdag in November gevier. Die tradisionele Dankseggingsete vind saans as 'n familiebyeenkoms plaas en bied geleentheid vir dankbetuigings en die uitspreek van wense.
Verwysings
[wysig | wysig bron]Wikimedia Commons bevat media in verband met Thanksgiving. |
- ↑ First Thanksgiving. In: USA Today, 20 November 2007
- Thanksgiving Day. (2008). Encyclopædia Britannica. Deluxe Edition. Chicago: Encyclopædia Britannica.