Theodore Roosevelt jr.
Theodore Roosevelt jr. | |
Goewerneur-generaal van die Filippyne
| |
Ampstermyn 29 Februarie 1932 – 15 Julie 1933 | |
President | Herbert Hoover Franklin D. Roosevelt |
---|---|
Voorafgegaan deur | Dwight F. Davis |
Opgevolg deur | Frank Murphy |
Goewerneur van Puerto Rico
| |
Ampstermyn 9 September 1929 – Januarie 1932 | |
President | Herbert Hoover |
Voorafgegaan deur | James R. Beverley |
Opgevolg deur | James R. Beverley |
Assistent Sekretaris van die Vloot
| |
Ampstermyn 10 Maart 1921 – 30 September 1924 | |
President | Warren G. Harding Calvin Coolidge |
Voorafgegaan deur | Theodore Douglas Robinson |
Opgevolg deur | Ernest L. Jahncke |
LP van die New York Vergadering vir die 2de Distrik
| |
Ampstermyn 1920 – 1921 | |
Voorafgegaan deur | Franklin Coles |
Opgevolg deur | Frederick Trubee Davison |
Persoonlike besonderhede
| |
Gebore | Theodore Roosevelt III 13 September 1887 Cove Neck, New York |
Sterf | 12 Julie 1944 (op 56) naby Normandië, Frankryk |
Politieke party | Republikein |
Kind(ers) | Grace, Theodore, Cornelius, Quentin |
Militêre Diens
| |
Lojaliteit | Verenigde State |
Diens/Tak | Amerikaanse Leër |
Jare in diens | 1917–1919 1940–1944 |
Rang | Brigadier-generaal |
Eenheid | 26ste Infanterie Regiment (Verenigde State) |
Oorloë/Veldslae | Eerste Wêreldoorlog Tweede Wêreldoorlog
|
Toekennings | Medal of Honor Distinguished Service Cross Silver Star Purple Heart Legion of Honor Croix de guerre |
Theodore Roosevelt (13 September 1887 – 12 Julie 1944) was die oudste seun van die voormalige Amerikaanse President Theodore Roosevelt en 'n Brigadier-Generaal in die Amerikaanse Leër. Hy was die bevelvoerder van die Amerikaanse magte wat by Utah-strand geland het en was ook die oudste soldaat in die hele mag wat op D-dag aan land gegaan het. Hy was ook die eerste Amerikaanse generaal wat aan land gegaan het. Franklin D. Roosevelt, ook 'n voormalige Amerikaanse President, was verlangs familie. Hy het in beide die Eerste Wêreldoorlog en die Tweede Wêreldoorlog diens gedoen.
Theodore het drie broers en twee susters gehad. Hy gradueer aan Harvard en betree die politiek. Hy stel homself verkiesbaar, maar verloor teen Al Smith vir die Goewerneur van New York verkiesing in 1924. Hy word later Goewerneur van Puerto Rico en die Filippyne.
Tweede Wêreldoorlog
[wysig | wysig bron]Hy het diens gedoen in Tunisië, Sisilië, Italië en Normandië. Tydens D-dag was hy reeds om 06:10 aan land, maar het nie geweet waar hy geland het nie omrede hulle 1 km suid van die beplande landingsplek geland het. Nadat hy sy situasie opgesom het, het hy blykbaar gesê: Ons sal die oorlog hier begin!
Hy kry 'n hartaanval op 9 Julie 1944 en sterf op 12 Julie 1944. Hy was 56 jaar oud.
Bron
[wysig | wysig bron]- D-DAY: 24 Hours That Saved the World. By the Editors of TIME. 2004. ISBN 1-932273-22-0
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Theodore Roosevelt jr..