2014
jaar
2014 |
◄ | 20ste eeu | ◄21ste eeu► | 22ste eeu | ►
◄ ◄ | ◄ | 2009 | 2010 | 2011 | 2012 | 2013 | ◄ 2014 ► | 2015 | 2016 | 2017 | 2018 | 2019 | ► | ► ► |
Dae | Eeue | Geskiedenis | Geskiedenisportaal |
Sien ook: Kategorie:2014 |
Kalenders | ||||||||||||||||||||||
Die Krim (swart) | ||||||||||||||||||||||
|
Die jaar 2014 was 'n gewone jaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Woensdag begin het. Dit was die 14de jaar van die 21ste eeu n.C. Soos ander gewone jare het die jaar 12 maande, 52 weke en 365 dae gehad.
Die Verenigde Nasies het 2014 as die internasionale jaar van familieboerdery en kristallografie verklaar.
Gebeure
wysig- 1 Januarie – Griekeland neem die voorsitterskap van die Europese Unie van Litaue oor.
- 1 Januarie – Die Franse oorsese gebied Mayotte word amptelik deel van die Europese Unie.
- 1 Januarie – Letland skakel na die euro oor en word die agtiende land in die Eurosone.
- 10 Januarie – Tafelberg se kabelkar (sweefspoor) verwelkom sy 23-miljoenste besoeker op die berg.
- 7–23 Februarie – Die 22ste Olimpiese Winterspele word in Sotsji, Rusland, aangebied.
- 3 Maart – Opposisie van die planeet Mars.
- 7-16 Maart – Die elfde Paralimpiese Winterspele word in Sotsji, Rusland, aangebied.
- 8 Maart – Vlug MH370 van Malaysia Airlines verdwyn spoorloos.
- 16 Maart–6 April – Die 5de T20I-wêreldbeker word in Bangladesj aangebied en deur Sri Lanka gewen.
- 21 Maart – Die Russiese president Wladimir Poetin onderteken die wet, waardeur die Krim 'n republiek en Sewastopol 'n federale stad binne die Russiese Federasie word.
- 27 April – Pous Johannes XXIII en Pous Johannes Paulus II word deur Pous Franciskus heilig verklaar.
- 7 Mei – Die Suid-Afrikaanse algemene verkiesing vind plaas.
- 29 Mei – Hemelvaartsdag.
- 2 Junie – Koning Juan Carlos I van Spanje kondig aan dat hy abdikeer en die titel aan sy seun kroonprins Felipe oordra.
- 12 Junie-13 Julie – Die 20ste Sokker-wêreldkampioenskappe word in Brasilië aangebied, wat deur Duitsland gewen word.
- 19 Junie – Nadat Juan Carlos I ten gunste van sy oudste seun abdikeer het, lê Felipe VI die ampseed as nuwe koning van Spanje af.
- 1 Julie – Italië neem die voorsitterskap van die Europese Unie van Griekeland oor.
- 17 Julie – 'n Boeing 777, Malaysia Airlines-vlug 17, word deur militantes neergeskiet in die ooste van die Oekraïne. Al 298 insittendes sterf in die ramp.
- 28 Julie – Die Eerste Wêreldoorlog het 100 jaar gelede begin.
- 1 September – Die Tweede Wêreldoorlog het 75 jaar gelede begin.
- 12 September – Vier-en-tagtig Suid-Afrikaners sterf nadat 'n gastehuis by T.B. Joshua se kerk in Lagos, Nigerië ineenstort.
- 18 September – Tydens die referendum in Skotland stem die bevolking teen onafhanklikheid van die Verenigde Koninkryk en ten gunste van die status quo as een van vier lande van die Verenigde Koninkryk.
- 22 September – Na 'n tog van 10 maande plaas MAVEN homself in 'n wentelbaan om die planeet Mars.
- 19 Oktober – Pous Paulus VI word deur Pous Franciskus salig verklaar.
- 4 Desember – Chad le Clos stel 'n nuwe wêreldrekord daar in die 100m vlinderslag in 'n tyd van 48.44 sekondes tydens die kortbad-wêreldbyeenkoms in Doha.
- 14 Desember – Rolene Strauss, Mej. Suid-Afrika word as die nuwe Mej. Wêreld gekroon in Londen.
Geboortes
wysig- 20 Februarie – Prinses Leonore van Swede, Sweedse prinses.
- 10 Desember – Prinses Gabriella van Monaco, Monegaskiese prinses.
- 10 Desember – Prins Jaques van Monaco, Monegaskiese prins.
Sterftes
wysig- 1 Januarie – Frits Naudé, beskuldigde in die Boeremagsaak (* 1947).
- 9 Januarie – Paul du Toit, Suid-Afrikaanse kunstenaar, wat gespesialiseer het in skilderkuns, papier, gemengde media en beeldhouwerk (* 1965).
- 11 Januarie – Ariel Sharon, Israeliese politikus (* 1928).
- 15 Januarie – Wilhelm Hankel, Duitse ekonoom (* 1929).
- 20 Januarie – Claudio Abbado, Italiaanse dirigent (* 1933).
- 28 Januarie – Pete Seeger, Amerikaanse folksanger en aktivis (* 1919).
- 1 Februarie – Maximilian Schell, Oostenryks-Switserse akteur en regisseur (* 1930).
- 9 Februarie – Willie Marais, NG-predikant en skrywer (* 1929).
- 10 Februarie – Shirley Temple, Amerikaanse aktrise (* 1928).
- 3 Maart – William R. Pogue, Amerikaanse ruimtevaarder (* 1930)
- 20 Maart – Hennie Aucamp, Afrikaanse skrywer (* 1934)
- 2 April – Urs Widmer, Switserse skrywer en vertaler (* 1938)
- 6 April – Mickey Rooney, Amerikaanse akteur (* 1920)
- 13 April – Peter Clarke, Suid-Afrikaane kunstenaar, skrywer en digter (* 1929)
- 17 April – Gabriel García Márquez, Colombiaanse skrywer (* 1927)
- 7 Mei – Colin Pillinger, Britse planetêre wetenskaplike (* 1943)
- 12 Mei – Cornell Borchers, Duitse aktrise (* 1925)
- 19 Mei – Jack Brabham, Australiese Grand Prix-renjaer (* 1926)
- 21 Mei – Anthony Hall-Martin, kenner op die gebied van swartrenosters en die Afrika-olifant (* 1945).
- 25 Mei – Bunny Yeager, Amerikaanse fotograaf en pin-up model (* 1929).
- 28 Mei – Maya Angelou, Amerikaanse skrywer en digter (* 1928).
- 29 Mei – Stefans Grové, Suid-Afrikaanse klassieke komponis (* 1922).
- 1 Junie – Ann B. Davis, Amerikaanse aktrise, The Brady Bunch (* 1926).
- 3 Junie – Prof. Cas Janse van Vuuren, Unisa se visekanselier van 1989 tot 1993 (* 1930).
- 7 Junie – Epainette Mbeki, Suid-Afrikaanse anti-apartheidsaktivis en moeder van Thabo Mbeki (* 1916).
- 15 Junie – Graeme Fraser, gouemedaljewenner van die Comrades-maraton.
- 17 Junie – George Claassen, wenner van die 1961 Comrades-maraton.
- 28 Junie – Russel Botman, rektor en visekanselier van die Universiteit van Stellenbosch (* 1953).
- 30 Junie – Paul Mazursky, Amerikaanse filmregisseur en draaiboekskrywer (* 1930).
- 8 Julie – Braam Raubenheimer, Suid-Afrikaanse politikus en minister van waterwese en bosbou (* 1920).
- 13 Julie – Nadine Gordimer, Suid-Afrikaanse skryfster en Nobelpryswenner vir Letterkunde in 1991 (* 1923).
- 13 Julie – Lorin Maazel, Amerikaanse dirigent, violis en komponis (* 1930).
- 19 Julie – Rubem Alves, Brasiliaanse teoloog, filosoof, opvoeder, skrywer en psigoanalis (* 1933).
- 19 Julie – Skye McCole Bartusiak (21), Amerikaanse aktrise (* 1992).
- 19 Julie – David Easton, Kanadees gebore Amerikaanse politieke wetenskaplike (* 1917).
- 25 Julie – Carlo Bergonzi, Italiaanse opera tenoor (* 1924).
- 3 Augustus – Hennie van Loggerenberg, Afrikaanse TV- en radio-persoonlikheid en boeremusikant.
- 5 Augustus – Marilyn Burns, Amerikaanse aktrise (* 1949).
- 11 Augustus – Robin Williams, Amerikaanse akteur en komediant. (* 1951).
- 12 Augustus – Lauren Bacall, Amerikaanse aktrise (* 1924).
- 21 Augustus – Verna Vels, Afrikaanse skryfster en omroeper (* 1933).
- 24 Augustus – Richard Attenborough, Britse akteur en rolprentmaker (* 1923).
- 31 Augustus – Ollie Viljoen, Afrikaanse musikant, storieverteller, TV-regisseur en RSG-aanbieder (* 1939).
- 4 September – Joan Rivers, Amerikaanse akteur, komediant en skrywer (* 1933).
- 4 September – Gerrit Kouwenaar, Nederlandse skrywer, digter, joernalis en vertaler. (* 1923).
- 10 September – Richard Kiel, Amerikaanse akteur en komediant (* 1939).
- 12 September – Ian Paisley, Noord-Ierse unionistiese politikus en Protestantse evangelis (* 1926).
- 15 September – Nikolaas Romanowitsj Romanof, Russiese prins (* 1922).
- 22 September – Taffie Kikillus, Suid-Afrikaanse akteur, musikant en komponis (* ca. 1927).
- 23 Oktober – Abie Malan, Suid-Afrika se dertigste Springbokkaptein (* 1935).
- 24 Oktober – Mbulaeni Mulaudzi, voormalige 800 m-wêreldkampioen en Olimpiese silwermedaljewenner (* 1980).
- 26 Oktober – Senzo Meyiwa, Suid-Afrikaanse sokkerspeler, kaptein en doelwagter van Bafana-Bafana en Orlando Pirates (* 1987).
- 3 November – Tinus Linee, Suid-Afrikaanse rugbyspeler (* 1969).
- 13 November – Charles Fryer, Suid-Afrikaanse digter en uitgewer (* 1946).
- 14 November – Marius Barnard, broer en deel van prof Chris Barnard se sjirugiespan (* 1927).
- 24 November – Emy Storm, Sweedse aktrise (* 1925).
- 27 November – P. D. James, Engelse skryfster van misdaadfiksie (* 1920).
- 30 November – Ian Player, Suid-Afrikaanse natuurbewaarder en broer van Gary Player (* 1927).
- 13 Desember – Ina Bauer, Duitse aktrise (* 1941).
- 22 Desember – Joe Cocker, Engelse sanger (* 1944).
Eksterne skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie 2014.