68 holmiumerbiumtulium
-

Er

Fm
Algemeen
Naam, simbool, getal erbium, Er, 68
Chemiese reeks lantaniede
Groep, periode, blok 3, 6, f
Voorkoms silwerwit metaal
Atoommassa 167,28 (1) g/mol
Elektronkonfigurasie [Xe] 4f126s2
Elektrone per skil 2, 8, 18, 30, 8, 2
Fisiese eienskappe
Toestand vastestof
Digtheid (naby k.t.) 9.05 g/cm³
Smeltpunt 1803 K
(1530 °C)
Kookpunt 3133 K
(2860 °C)
Atoomeienskappe
Kristalstruktuur seskantig-diggepak
Ruimtegroep P6₃/mmc  nommer: 194
Strukturbericht-kode A3
Oksidasietoestande 3
(matige basiese oksied)
Elektronegatiwiteit 1,24 (Skaal van Pauling)


Erbium is ’n chemiese element met die atoomgetal 68 en simbool Er. Dit is in 1843 deur Carl Gustav Mosander ontdek.[1] Erbium val in die lantaniedreeks en is ’n silwerwit metaal as dit kunsmatig geïsoleer word. Natuurlike erbium word op aarde altyd in chemiese vebindings met ander elemente aangetref. As sulks is dit ’n seldsame aardelement wat verbind word met verskeie ander seldsame elemente in die mineraal gadoliniet van Ytterby in Swede, waar yttrium, ytterbium en terbium ontdek is.

Dit is 'n sagte en pletbare, silwerwit metaal wat in lug stabieler is as die meeste lantaniede. Dit los nogtans in verdunde sure op. Erbium word in Binne-Mongolie se bastnasiet aangetref, maar dit is 'n kleine komponent. Ander minerale soos xenotiem (yttriumfosfaat) en euxeriet is ryker bronne.[2]

Erbium se hoofgebruike hou verband met sy pienk ione Er3+ waarvan die optiese fluoresserende eienskappe veral nuttig is in sekere laserprodukte. Talle mediese toerusting (byvoorbeeld in dermatologie en tandheelkunde) maak gebruik van Er:YAG-lasers en erbium-ione se 2 940 nm-emissie, wat hulpsaam is in onder meer laserchirurgie.

As dotering word Er3+ ook gebruik vir ligversterking in optiese vesels.[3]

Verwysings

wysig
  1. "chemicool" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 13 Desember 2019. Besoek op 9 Februarie 2017.
  2. "minor metals trade association" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 April 2020.
  3. "RP photonics" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 13 Mei 2020.

Eksterne skakels

wysig


H He
Li Be B C N O F Ne
Na Mg Al Si P S Cl Ar
K Ca Sc Ti V Cr Mn Fe Co Ni Cu Zn Ga Ge As Se Br Kr
Rb Sr Y Zr Nb Mo Tc Ru Rh Pd Ag Cd In Sn Sb Te I Xe
Cs Ba La Ce Pr Nd Pm Sm Eu Gd Tb Dy Ho Er Tm Yb Lu Hf Ta W Re Os Ir Pt Au Hg Tl Pb Bi Po At Rn
Fr Ra Ac Th Pa U Np Pu Am Cm Bk Cf Es Fm Md No Lr Rf Db Sg Bh Hs Mt Ds Rg Cn Nh Fl Mc Lv Ts Og
Alkalimetale Aardalkalimetale Lantaniede Aktiniede Oorgangsmetale Hoofgroepmetale Metalloïde Niemetale Halogene Edelgasse Chemie onbekend