Noord-Viëtnam
Noord-Viëtnam, amptelik die Demokratiese Republiek van Viëtnam (DRV; Viëtnamees: Việt Nam Dân chủ Cộng hòa), was 'n sosialistiese land wat deur die Sowjetunie (USSR) en die Volksrepubliek China (VRC) in Suidoos-Asië gesteun is wat vanaf 1945 tot 1976 bestaan het. Dit is as land is erken in 1954. Beide die Noord-Viëtnamese en Suid-Viëtnamese state het ophou bestaan toe hulle verenig het as die Sosialistiese Republiek Viëtnam.
Tydens die Augustus-rewolusie na die Tweede Wêreldoorlog het die Viëtnamese kommunistiese revolusionêr Hồ Chí Minh, leier van die Việt Minh-front, onafhanklikheid op 2 September 1945 verklaar en die skepping van die Demokratiese Republiek van Viëtnam aangekondig. Die Việt Minh ("Liga vir die Onafhanklikheid van Viëtnam"), gelei deur kommuniste, is in 1941 geskep en ontwerp om groter bevolking steun te bekom as wat die Indochinese Kommunistiese Party kon bekom.[1]
Van die begin af het die DRV-regime probeer om mag te konsolideer deur ander nasionalistiese bewegings oor te neem.[2][3][4][5][6] Intussen het Frankryk teruggekeer om sy koloniale oorheersing oor Viëtnam te herbevestig. Nadat die kommunisties-geleide Việt Minh nie-kommunistiese nasionalistiese organisasies uitgeskakel het, het die Eerste Indochina-oorlog tussen die Việt Minh en die Franse in Desember 1946 uitgebreek. Tydens hierdie guerrilla-oorlog het die Việt Minh die meeste van die landelike gebiede in Viëtnam ingeneem en beheer, wat gelei het tot Franse nederlaag in 1954. Die onderhandelinge in die Genève-konferensie daardie jaar het die oorlog beëindig en Viëtnamese onafhanklikheid erken. Die Genève-ooreenkomste het die land voorlopig in 'n noordelike en 'n suidelike sone langs die 17de breedtegraad verdeel, wat algemene verkiesings bepaal wat vir Julie 1956 geskeduleer is om "die vereniging van Viëtnam teweeg te bring".[7] Die noordelike sone is deur die Demokratiese Republiek Viëtnam beheer en het algemeen Noord-Viëtnam genoem, terwyl die suidelike sone, onder beheer van die de jure nie-kommunistiese staat Viëtnam, wat algemeen Suid-Viëtnam genoem is.
Toesig oor die implementering van die Genève-ooreenkomste was die verantwoordelikheid van 'n internasionale kommissie bestaande uit Indië, Kanada en Pole, wat onderskeidelik die onverbonde, die kapitalistiese en die kommunistiese blokke verteenwoordig het. Die Verenigde State het egter nie die Genève-ooreenkomste onderteken nie en verklaar dat hulle "sal voortgaan om eenheid te bewerkstellig deur vrye verkiesings onder toesig van die Verenigde Nasies om te verseker dat dit regverdig uitgevoer word".[8] Die staat Viëtnam het die verdeling van die land sterk teengestaan.[9] In Julie 1955 het sy eerste minister, Ngô Đình Diệm, aangekondig dat Suid-Viëtnam nie aan verkiesings sou deelneem nie, en beweer dat die staat Viëtnam nie die Genève-ooreenkomste onderteken het nie en dus nie daardeur gebonde is nie,[10] en het kommer uitgespreek dat 'n onvrye verkiesing sou plaasvind onder die kommunistiese regime in Noord-Viëtnam. [9]
Versuim om die land deur referendum te verenig het tot die Viëtnamoorlog in 1955 gelei. Die Noord-Viëtnamese Volksleër van Viëtnam en die Suid-Viëtnam-gebaseerde Việt Cộng-guerrillas het teen die weermag van Suid-Viëtnam (teen daardie tyd die Republiek van Viëtnam) geveg en is gesteun deur hulle kommunistiese bondgenote, hoofsaaklik China en die Sowjetunie.[11] Om te verhoed dat ander lande kommunisties in Suidoos-Asië word, het die Verenigde State in die konflik ingegryp saam met ander kapitalistiese magte van Suid-Korea, Australië en Thailand, wat Suid-Viëtnam militêr ondersteun het. Die konflik het na buurlande versprei en Noord-Viëtnam het die Pathet Lao in Laos en die Khmer Rouge in Kambodja ondersteun teen hul onderskeie VSA-gesteunde regerings. Teen 1973 was die Verenigde State en sy bondgenote gedwing om aan die oorlog te onttrek, en die onondersteunde Suid-Viëtnam is vinnig deur die superieure Noordelike magte oorval.
Die Viëtnamoorlog het op 30 April 1975 geëindig en Suid-Viëtnam onder die beheer van 'n Voorlopige Revolusionêre Regering gekom, wat gelei het tot die hereniging van Viëtnam op 2 Julie 1976, wat die Sosialistiese Republiek Viëtnam van vandag geskep het. Die uitgebreide Sosialistiese Republiek het Noord-Viëtnam se politieke kultuur onder Sowjet-invloed behou en sy bestaande lidmaatskap in internasionale organisasies soos COMECON voortgesit.[12]
Verwysings
- ↑ ' Ho Chi Minh and the Communist Movement in Indochina, A Study in the Exploitation of Nationalism Geargiveer 4 Maart 2014 op Wayback Machine (1953), Folder 11, Box 02, Douglas Pike Collection: Unit 13 – The Early History of Vietnam, The Vietnam Center and Archive, Texas Tech University.'
- ↑ Marr (2013), pp. 383–441.
- ↑ Guillemot, François (2004). "Au coeur de la fracture vietnamienne : l'élimination de l'opposition nationaliste et anticolonialiste dans le Nord du Vietnam (1945–1946)". In Goscha, Christopher E.; de Tréglodé, Benoît (reds.). Naissance d'un État-Parti: Le Viêt Nam depuis 1945. Paris: Les Indes savantes. pp. 175–216. ISBN 9782846540643.
- ↑ McHale, Shawn (2004). "Freedom, Violence, and the Struggle over the Public Arena in the Democratic Republic of Vietnam, 1945–1958". In Goscha, Christopher E.; de Tréglodé, Benoît (reds.). Naissance d'un État-Parti: Le Viêt Nam depuis 1945. Paris: Les Indes savantes. pp. 81–99. ISBN 9782846540643.
- ↑ Kort, Michael G. (2017). The Vietnam War Reexamined. Cambridge University Press. pp. 62–63, 81–85. ISBN 9781107110199.
- ↑ Tran, Nu-Anh (2022). Disunion: Anticommunist Nationalism and the Making of the Republic of Vietnam. University of Hawaiʻi Press. pp. 24–30. ISBN 9780824887865.
- ↑ "Agreement on the Cessation of Hostilities in Vietnam, 20 Julie 1954 Geargiveer 22 Oktober 2015 op Wayback Machine, besoek op 15 Oktober 2015
- ↑ "Agreement on the Cessation of Hostilities in Vietnam, July 20, 1954 Geargiveer 22 Oktober 2015 op Wayback Machine, besoek op 15 Oktober 2015; "Final Declaration of the Geneva Conference of the Problem of Restoring Peace in Indo-China, 21 Julie 1954 Geargiveer 18 Oktober 2015 op Wayback Machine, besoek op 15 Oktober 2015
- ↑ 9,0 9,1 "Lời tuyên bố truyền thanh của Thủ tướng Chánh phủ ngày 16-7-1955 về hiệp định Genève và vấn đề thống nhất đất nước". "Tuyên ngôn của Chánh phủ Quốc gia Việt Nam ngày 9-8-1954 về vấn đề thống nhất lãnh thổ". In Con đường Chính nghĩa: Độc lập, Dân chủ – Quyển II. Sở Báo chí Thông tin, Phủ Tổng thống. Saigon 1956. bl. 11–13
- ↑ Ang Cheng Guan (1997). Vietnamese Communists' Relations with China and the Second Indochina War (1956–62). Jefferson, North Carolina: McFarland. p. 11. ISBN 978-0-7864-0404-9. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 13 Julie 2017. Besoek op 5 Augustus 2016.
- ↑ Julia Lovell, Maoism: A Global History (2019) bl. 223–265.
- ↑ "Author Tim O'Brien, voice of the Vietnam War experience".[dooie skakel].