in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
11 Desember is die 345ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender , (346ste in skrikkeljare ). Daar volg nog 20 dae in die res van die jaar.
1205 – John Grey, die Biskop van Norwich , word verkies as die Aartsbiskop van Kantelberg .
1282 – Llywelyn ap Gruffudd, die laaste onafhanklike Prins van Wallis , sterf in 'n lokval naby Builth Wells.
1553 – Gian Pietro Carafa (later Pous Paulus IV ) word kardinaal-biskop van Ostia.
1780 – Pous Pius VI stel Paolo Francesco Antamori, verkose biskop van Orvieto, aan as kardinaal.
1792 – Koning Lodewyk XVI van Frankryk word verhoor vir verraad.
1816 – Indiana word die 19de deelstaat van die Verenigde State .
1843 – Stigting van die Spesiale Bondgenootskap van Katolieke Kantons (“Sonderbund”) binne die Switserse Bondgenootskap. Die Kantone binne nuwe bondgenootskap is: Luzern , Uri, Schwyz, Unterwalden, Zug, Freiburg en Wallis.
1899 – Tweede Vryheidsoorlog : Die Slag van Magersfontein vind plaas, een van die mees oortuigende Boere-oorwinnings in die vroeë fase van die Boere-oorlog.
1917 – Litaue verklaar sy onafhanklikheid van die Russiese Ryk .
1931 – Die Statuut van Westminster gee volkome wetlike onafhanklikheid aan Kanada, Australië , Nieu-Seeland , Suid-Afrika , Ierland en Newfoundland.
1936 – Edward VIII se abdikasie as koning van die Verenigde Koninkryk tree in werking.
1941 – Tweede Wêreldoorlog : Italië verklaar oorlog teen die Verenigde State.
1958 – Bo-Volta verklaar onafhanklikheid van Frankryk .
1972 – Die laaste bemande maansending Apollo 17 land op die Maan .
1981 – Javier Pérez de Cuéllar van Peru word die Sekretaris-Generaal van die VN .
1994 – Boris Jeltsin stuur Russiese soldate in Tsjetsjnië in.
2001 – Volksrepubliek China sluit hom aan by die Wêreldhandelsorganisasie .
2006 – Die dwelmoorlog in Meksiko begin nadat president Felipe Calderón lede van die Meksikaanse polisie en weermag na die deelstaat Michoacán stuur.
1475 – Pous Leo X , die 217de pous van die Rooms-Katolieke Kerk van 1513 tot 1521 († 1521 ).
1803 – Hector Berlioz , Franse komponis († 1869 ).
1843 – Robert Koch , bakterioloog en 1905 Nobelpryswenner († 1910 ).
1911 – Naguib Mahfouz , Egiptiese skrywer, 1988 pryswenner: Nobelprys vir Letterkunde († 2006 ).
1918 – Aleksandr Solzhenitsyn , Russiese skrywer, 1970 Nobelpryswenner († 2008 ).
1937 – Adriaan Vlok , Suid-Afrikaanse politikus en kabinetsminister († 2023 ).
1954 – Susanne Beyers , Suid-Afrikaanse aktrise en skrywer.
1969 – Viswanathan Anand , Indiese skaakspeler.
384 – Pous Damasus I , die 37ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* 304 ).
711 – Justinianus II , keiser van die Bisantynse Ryk (* 668/9).
1241 – Ögedei Khan , tweede Groot Khan van die Mongoolse Ryk (* omstreeks 1186 ).
1282 – Michael VIII Palaiologos , keiser van die Bisantynse Ryk (* 1223 ).
1953 – Albert Coates , Britse komponis (* 1882 ).
1920 – Olive Schreiner , Suid-Afrikaanse skrywer, pasifis, feminis en intellektuele (* 1855 ).
1981 – I.D. du Plessis , Afrikaanse skrywer en digter (* 1900 ).
2002 – Brad Dexter , Amerikaanse akteur (* 1917 ).
2021 – Anne Rice , Amerikaanse skryfster (* 1941 ).
Tangodag, Buenos Aires .
Feesdag van Pous Damasus I in die Rooms-Katolieke Kerk.
Wikimedia Commons bevat media in verband met 11 Desember .