2 November
Voorkoms
<< | November 2024 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | 2 | |||||
3 | 4 | 5 | 6 | 7 | 8 | 9 |
10 | 11 | 12 | 13 | 14 | 15 | 16 |
17 | 18 | 19 | 20 | 21 | 22 | 23 |
24 | 25 | 26 | 27 | 28 | 29 | 30 |
Al die dae |
2 November is die 306de dag van die jaar (307de in 'n skrikkeljaar), met nog 59 dae oor.
Gebeure
[wysig | wysig bron]- 676 – Pous Donus volg Pous Adeodatus op.
- 1389 – Pous Bonifatius IX volg Pous Urbanus VI op as hoof van die Rooms-Katolieke Kerk.
- 1705 – Lorenzo Ganganelli (Later Pous Clemens XIV) word gedoop.
- 1843 – Die NG gemeente Richmond gestig as 30ste gemeente van die Nederduitse Gereformeerde Kerk.
- 1889 – Noord- en Suid-Dakota word ingelyf as die 39ste en 40ste state van die VSA.
- 1912 – Tydens die Eerste Balkanoorlog eindig die veldslag van Lüleburgaz met 'n Bulgaarse oorwinning.
- 1914 – Rusland verklaar oorlog teen die Ottomaanse Ryk.
- 1916 – Tydens die Arabiese opstand teen die Ottomaanse Ryk word sjarief Hoessein ibn Ali as koning van Arabië gekroon.
- 1917 – Sionisme: Die Balfour Verklaring bevestig Britse ondersteuning vir 'n Joodse nedersetting in Palestina.
- 1919 – In Bautzen word die Lausitzse Volkspartei ("Lausitzer Volkspartei") gestig om die politiese belange van die Sorbiese volk in Duitsland te verteenwoordig.
- 1920 – Die eerste kommersiële radiostasie KDKA in Pittsburgh, Pennsilvanië saai vir die eerste keer uit. Hierdie eerste uitsending was 'n direkte gevolg van die presidentsverkiesing in die VSA.
- 1930 – Haile Selassie word as Negus Negeste (konig der konigs = keiser) van Ethiopië gekroon.
- 1936 – Die Kanadese uitsaaikorporasie word gestig.
- 1936 – BBC Televisiediens, die oudste televisiestasie in die wêreld, word geopen.
- 1947 – Miljardêr-ontwerper Howard Hughes loods Spruce Goose, die grootste vastevlerkvliegtuig wat ooit gebou is, in Kalifornië op sy nooiensvlug in Long Beach, Kalifornië. Die vlug het net agt minute geduur.
- 1948 – Harry S. Truman verslaan Thomas Dewey in die Amerikaanse presidentsverkiesing.
- 1960 – Penguin Books word onskuldig bevind aan onwelvoeglikheid in die Lady Chatterley's Lover-saak.
- 1963 – Die Suid-Viëtnamese President Ngo Dihn Diem word vermoor na 'n militêre staatsgreep.
- 1976 – Jimmy Carter verslaan Gerald Ford in die Amerikaanse presidentsverkiesing en word die eerste kandidaat uit die suide van die V.S.A. om president te word na die Amerikaanse Burgeroorlog.
- 1984 – Doodstraf: Velma Barfield word die eerste vrou sedert 1962 wat die doodstraf opgelê word.
- 1986 – Amerikaanse gyselaar David Jacobsen word na 17 maande se aanhouding deur Moslem fundamentaliste in Beiroet vrygelaat.
- 1991 – Australië klop Engeland in die eindstryd met 12–6 en wen sodoende die tweede Rugbywêreldbeker in Engeland, Frankryk, Ierland, Skotland en Wallis.
- 1992 – Galileo Galilei word amptelik deur die Rooms-Katolieke Kerk gerehabiliteer.
- 1995 – Apartheid: Suid-Afrika se gewese minister van verdediging Generaal Magnus Malan en tien ander weermagoffisiere word in hegtenis geneem en van moord op 13 swart mense in 1987 aangekla.
- 2000 – Die eerste bemanning betree die Internasionale Ruimtestasie
- 2001 – Monsters, Inc. word vrygestel met die hoogste kaartjieverkope vir 'n animasiefilm ooit, en die 6de beste van alle films ooit.
- 2004 – Amerikaanse presidentsverkiesing tussen senator John Kerry en President George W. Bush.
- 2019 – Die Springbokke klop Engeland in die eindstryd van die Rugbywêreldbeker 2019 in Japan met 32–12 en palm vir die derde keer die Webb Ellis-beker in.
Geboortes
[wysig | wysig bron]- 1082 – Song Huitsong, Chinese keiser, skilder en kalligraaf.
- 1287 – Nasr, emir van Granada.
- 1739 – Carl Ditters von Dittersdorf, Oostenrykse komponis († 1799).
- 1755 – Marie Antoinette, Koningin van Frankryk († 1793).
- 1795 – James K. Polk, elfde President van die Verenigde State († 1849).
- 1815 – George Boole, Wiskundige en filosoof († 1864).
- 1844 – Mehmet V, Sultan van die Ottomaanse Ryk († 1918).
- 1865 – Warren G. Harding, 29ste President van die Verenigde State († 1923).
- 1880 – Fritz Achterberg, Duitse toneelspeler († 1971).
- 1897 – Dennis King, Engelse rolprentakteur († 1971).
- 1899 – E. du Perron, Nederlandse digter en skrywer († 1940).
- 1900 – Carola Neher, Duitse toneelspeler († 1942).
- 1913 – Burt Lancaster, Amerikaanse akteur († 1994).
- 1914 – Ray Walston, Amerikaanse akteur († 2001).
- 1922 – Jaap Marais, leier van die Afrikanernasionalistiesgesinde Herstigte Nasionale Party († 2000).
- 1928 – Paul Johnson, Engelse skrywer, joernalis en geskiedkundige († 2023).
- 1929 – Amar Bose, Amerikaanse akademikus, ingenieur en entrepreneur († 2013).
- 1932 – Albert Crafford, Afrikaanse skrywer en joernalis († 2001).
- 1936 – Boet Troskie, Suid-Afrikaanse sakeman en rolprentvervaardiger († 2022).
- 1946 – Giuseppe Sinopoli, Italiaanse komponis, arts en antropoloog († 2001).
- 1952 – Larry Fink, Amerikaanse miljardêr-sakeman.
- 1961 – Sigrid Kaag, Nederlandse politikus.
- 1961 – K.d. lang, Kanadese pop- en countrysanger-liedjieskrywer.
- 1965 – Shah Rukh Khan, Indiese akteur.
- 1965 – Paweł Adamowicz, Poolse politikus († 2019).
- 1970 – Rodolfo Acosta, Colombiaanse komponis.
Sterftes
[wysig | wysig bron]- 1664 – Maria van Riebeeck, vrou van Jan van Riebeeck (* 1629).
- 1929 – Lydia van Niekerk, eerste Afrikaanse vrou wat 'n professor geword het op Stellenbosch (* 1884).
- 1950 – George Bernard Shaw, Ierse dramaturg en Nobelpryswenner (* 1856).
- 1963 – Ngô Đình Diệm, president van Suid-Viëtnam (* 1901).
- 1966 – Peter Debye, Amerikaanse chemikus en Nobelpryswenner (* 1884).
- 1975 – Pier Paolo Pasolini, Italiaanse filmregisseur en digter (* 1922).
- 1986 – Desi Arnaz, Amerikaanse musikant en akteur (* 1917).
- 1986 – Paul Frees, Amerikaanse stemakteur (* 1920).
- 1999 – Hans-Joachim Preil, Duitse toneelspeler en verhoogkunstenaar.
- 2002 – Tonio Selwart, Amerikaanse akteur en Broadwayster, sterf op ouderdom van 106 jaar (* 1896).
- 2004 – Theo van Gogh, Nederlandse filmmaker en satirikus.
- 2010 – Rudolf Barsjai, Sowjet- en Russiese dirigent en altviolis. (* 1924).
- 2016 – Jans Rautenbach, Suid-Afrikaanse draaiboekskrywer, filmvervaardiger en regisseur (* 1936).
- 2024 – Alan Rachins, Amerikanse akteur, skrywer, en regisseur (* 1942).
Vakansiedae en herdenkings
[wysig | wysig bron]- Rooms-Katolieke Kerk – Allersiele.
- Antieke Letland – Dveselu Diena.
- Rastafarianisme – Die kroning van Haile Selassie word gevier.
Wikimedia Commons bevat media in verband met 2 November. |