Jaroslaf II van Wladimir
Jaroslaf II | |
---|---|
Grootprins van Wladimir | |
’n Helm wat Jaroslaf in ’n veldslag verloor het en in 1808 deur ’n boer gevind is.
| |
Periode | 1238–1246 |
Voorganger | Joeri II |
Opvolger | Swjatoslaf III |
Huis | Rjoerik |
Vader | Wsewolod die Groot Nes |
Moeder | Maria Sjwarnowna |
Gebore | 8 Februarie 1191 |
Oorlede | 30 September 1246 |
Jaroslaf II (Russies: Яросла́в II Все́володович, 8 Februarie 1191 – 30 September 1246) was van 1238 tot 1246 grootprins van Wladimir en het gehelp om die land te herstel ná die Mongoolse inval.
Hy was die vierde seun van Wsewolod die Groot Nes en Maria Sjwarnowna. Wsewolod het Pereslawl-Zalesski aan Jaroslaf nagelaat. In ’n konflik tussen sy ouer broers Konstantyn en Joeri, het hy hom by laasgenoemde geskaar. In 1215 het hy prins van Nowgorod geword, maar is daar verslaan. In 1222 het hy Estland binnegeval en vier jaar later het hy Finland verwoes. In 1236 is hy na Kiëf en het hy sy seun, Aleksander Nefski, in die noorde in beheer gelaat.
In 1238, toe die Mongole Kiëf-Roes die eerste keer binneval en sy ouer broer Joeri in ’n veldslag sterf, is Jaroslaf na Wladimir, waar hy gekroon is tot grootprins. Hy het probeer om die stede van Wladimir-Soezdal te herstel ná die verwoesting wat die Mongole gesaai het. In 1243 het Batu Khan hom ontbied. Ná ’n lang konferensie het hy met die khan se seën na Wladimir teruggekeer. Twee jaar later het Güyük Khan hom ontbied. Hy is toe deur die khan se ma, Toregene, vergiftig. ’n Week nadat hy toegelaat is om huis toe te gaan, het hy gesterf.
Kinders
[wysig | wysig bron]Jaroslaf en sy derde vrou, Fedosia Igorewitsj van Rjazan, het minstens 12 kinders gehad, onder andere Aleksander Nefski, Andrei II van Wladimir en Jaroslaf III van Twer.
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Jaroslaf II van Wladimir.
- Jaroslaf in Medieval lands deur Charles Cawley.
- Hierdie artikel is vertaal vanuit die Engelse Wikipedia