Gaan na inhoud

Mobutu Sese Seko

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Mobutu Sese Seko
Mobutu Sese Seko

President wan Zaïre

Persoonlike besonderhede
Gebore 14 Oktober 1930
Lisala, Belgiese Kongo
Sterf 7 September 1997
Rabat, Marokko
Politieke party MPR
Lojaliteit Zaire
Diens/Tak
Jare in diens 1949–1965

Mobutu Sese Seko Kuku Ngbendu Wa Za Banga (gebore Joseph-Desiré Mobutu; 14 Oktober 1930 tot 7 September 1997) was 'n Kongolese politikus en militêre offisier. Hy was vanaf 1965 tot 1997 die president (as synde 'n militêre diktator) van die Demokratiese Republiek van die Kongo (die land se naam word in 1971 na Zaïre verander) gewees. Hy was ook vanaf 1967 tot 1968 president van die Organisasie vir Afrika-eenheid gewees.

Lewensloop

[wysig | wysig bron]

Afkoms en jeugjare

[wysig | wysig bron]

As kind het Mobutu saam met die Capuchin-vaders skoolgegaan. Volgens sy latere hoof-biograaf, Francis Monheim, sou hy slegte herinneringe aan hierdie tydperk gehad het. In November 1950 het Mobutu geregistreer by die École Centrale des Sous-Officiers in Luluaburg. Daar het hy twee jaar lank 'n sekretariële en boekhoukursus gevolg. Hy word as sersant aangestel. Na drie jaar in Luluaburg is hy na die hoofkwartier van die Kongolese Weerstandsmag in Leopoldstad oorgeplaas. Intussen het hy ook 'n joernalis vir die Kongolese koerant Actualités Africaines geword. Omdat hy 'n soldaat was, moes Mobutu onder die skuilnaam J. de Banzy skryf.

Lumumbis in België

[wysig | wysig bron]

As joernalis het Mobutu die eerste keer in 1958 België besoek. Honderde Kongolese is ingevlieg vir die wêreldtentoonstelling Expo 58 in Brussel om die 'Kongo-paleis' op te helder. Daar was hulle terselfdertyd gaste, uitstallers, joernaliste en werknemers. Hul verblyf was vernederend, maar ook verhelderend, en die Kongolese kon bande smee wat in hul eie land weens koloniale onderdrukking nie moontlik was nie, wat grootliks bygedra het tot spoedige onafhanklikheid.

Terug in die Kongo het Mobutu 'n vurige toespraak van Patrice Lumumba bygewoon en onmiddellik 'n "lumumbis" geword. 'n Jaar later gaan hy weer België toe. Sabena het 'n paar Kongolese joernaliste as persverteenwoordigers genooi, en Mobutu het langer as 'n jaar in België gebly. Gedurende hierdie tydperk het die onafhanklikheidstryd in die Kongo uitgebreek. Die Belgiese regering het besluit om spoedig onafhanklikheid aan die Kongo te bewerkstellig. Die belangrikste Kongolese politici is na Brussel genooi om 'n rondetafel-konferensie by te woon. Mobutu, wat toe nog in Brussel was, het die rondetafel-konferensie getrou gevolg. Aan die begin van die konferensie was Lumumba nog in die tronk in Leopoldstad. Mobutu het allerlei owerhede genader om Lumumba losgelaat te kry. Dit het uiteindelik ook gebeur. Lumumba het onmiddellik na Brussel gereis om by die Kongolese afvaardiging aan te sluit. Onmiddellik na sy aankoms het hy Mobutu aangestel as sy sekretaris.

Kolonel tydens die Kongo-krisis

[wysig | wysig bron]

Op 30 Junie 1960 reis koning Baudouin en sy ministers na Leopoldstad vir die amptelike onafhanklikheidsvieringe van die Kongo. Lumumba het premier geword en Joseph Kasavubu president van die nuwe nasiestaat. Mobutu word belas met verdedigingsaangeleenthede in die Lumumba-regering. Kort na onafhanklikheid het die Kongo egter in 'n diep krisis beland. Die leër het op 5 Julie in Leopoldstad gemuit. Om sake te vererger, skei die ryk provinsie Katanga op 11 Julie onder leiding van Moïse Tshombe af. Die afskeiding word nie deur België verwerp nie. Inteendeel, België het 'n pro-Katanga-beleid begin volg, sonder om die onafhanklike Katanga op diplomatieke vlak te erken. Lumumba en Kasavubu het dadelik die hulp van die Verenigde Nasies ingeroep.

Op 9 Augustus volg Albert Kalonji die voorbeeld van die Katangeese: hy roep die outonome staat Suid-Kasaï uit. Op 27 Augustus het troepe onder bevel van die stafhoof Mobutu die hoofstad van Suid-Kasaï ingeneem. Die rebelle het nie 'n leër gehad nie en die inname van die hoofstad het in 'n bloedbad ontaard. Die soldate het hele dorpies uitgewis; die VN het die optrede as volksmoord gekarakteriseer. Die misdade van die Kongolese soldate het tot verontwaardiging in die internasionale pers gelei. Alhoewel die soldate onder die bevel van Mobutu was, was dit Lumumba wat as die grootste skuldige aangewys is.

Die eerste staatsgreep

[wysig | wysig bron]

Intussen beland Kongolese politiek ook in 'n diep krisis. Westerse regerings het Lumumba as gevaarlik, wisselvallig en pro-kommunisties beskou. Kasavubu is vanaf Brussel en Washington D.C. aangespoor om Lumumba af te dank. Dit het hy op 5 September 1960 gedoen. Lumumba het homself egter nie net eenkant toe laat plaas nie en op sy beurt vir Kasavubu afgedank. In hierdie tyd het Mobutu, wat intussen 'n kolonel in die Kongolese leër geword het, vir die eerste keer op die politieke toneel verskyn. Hy het op 14 September op die radio aangekondig dat hy besluit het om die twee kamers, die president en die premier, te "neutraliseer" en 'n kommissariskollege op te rig. Op hierdie stadium kon Mobutu nog nie as die 'sterk man' van die Kongo beskou word nie. Sy magsinstrument, die leër, was ongeorganiseerd, swak gewapen, ongedissiplineerd en volgens etniese lyne verdeel. Die belangrikste gevolg van sy "staatsgreep" was dat hy daarin geslaag het om Lumumba polities uit te skakel. Op 1 Desember, tydens sy vlugpoging van Leopoldstad na sy tuisbasis Stanleystad, is Lumumba deur Mobutu se troepe gearresteer en in Januarie 1961 deur hom uitgelewer aan sy "bloed vyande" in Katanga waar hy vermoor is.

Loopbaan in die leër

[wysig | wysig bron]

Na die inhegtenisneming van Lumumba het Mobutu hom aan die politiek onttrek. Hy sou egter in die komende maande en jare reuse uitdagings op die militêre gebied hê. Opstandige en rewolusionêre bewegings het op verskillende plekke uitgebreek. Die Kongolese soldate kon egter nie teen die opstandelinge veg nie. Met die hulp van Westerse troepe en huursoldate het Mobutu daarin geslaag om die rebelle in Katanga en Kwilu te onderwerp. Mobutu het die verpersoonliking van nasionale eenheid geword.

Die tweede staatsgreep

[wysig | wysig bron]

Op 24 November 1965 het Mobutu gevind dat sy oomblik aangebreek het en hy het weer 'n staatsgreep gedoen. Hierdie keer het die staatsgreep finaal geblyk. Mobutu het onmiddellik sy mag gekonsolideer. Hy het die parlement en die veelpartystelsel afgeskaf. Later word sy party, die Mouvement Popular de la Révolution (MPR), die enigste party wat deur die grondwet toegelaat is. Mobutu het spoedig 'n wrede diktator geblyk. Hy het byvoorbeeld nooit gehuiwer om sy teenstanders fisies uit te skakel nie. In Mei 1966 het hy byvoorbeeld vier politici, waaronder die verkiesde premier Evariste Kimba, in die openbaar opgehang (later na verwys as 'die Pinkster-ophanging'). Boonop het die universiteite ook slagoffers geword van mobutisme. In 1968 het onrus vir die eerste keer uitgebreek toe die studente die liberalisering van die regime geëis het. 'n Jaar later, op 4 Januarie 1969, word 'n ander studenteweerstand gereël. Dit het geëindig met 'n konflik tussen die studente en die veiligheidsmagte wat vuurwapens gebruik het. Die tientalle dooies is in 'n massagraf gegooi en 'n paar dae later is alle studenteverenigings verbied. Twee jaar later het dit weer tot 'n moeilike konflik gekom. Op 2 Junie 1971 herdenk die studente van Lovanium hul oorlede kamerade binne die kampus. Die leër het probeer om die byeenkoms op te breek en dit het weer ernstige onluste veroorsaak.

Agteruitgang van die Mobutu bewind

[wysig | wysig bron]

Vanaf 1990 het die internasionale klimaat egter verander. Die Koue Oorlog het tot 'n einde gekom en Westerse regerings het ander bondgenote nodig gehad anders as die soort diktators wat hulle sedert die 1960's verdra het as verdediging teen kommunisme. Die diktatorskappe moes nou deur demokrasieë vervang word. Mobutu het geleidelik al sy bondgenote verloor en sy regime word daardeur gedoem. Volgens die sosioloog Gauthier de Villers het die stelselmatige agteruitgang van die regime egter sy eie logika gevolg, en was die einde van die Koue Oorlog slegs die laaste genadeslag vir die regime.

Mobutu self het hervormings probeer implementeer deur die einde van die eenpartystaat in 1990 aan te kondig en plek te maak vir 'n driepartystaat, wat homself amptelik van sy Mouvement Popular de la Révolution (MPR)-party distansieer. Om hervormings voor te stel, het Mobutu 'n nasionale soewereine konferensie byeengeroep waarin alle soorte groepe, insluitend die burgerlike samelewing, hul mening kon lug. Die konferensie het in die tweede helfte van 1990 begin en duur tot 1992. Die konferensie was meer invloedryk as wat verwag is en Mobutu het besluit om dit te beëindig. Na 'n protesoptog op 16 Februarie 1992 teen die sluiting, wat in 'n bloedbad geëindig het, is die konferensie heropen, waarin die destydse voorsitter en vertroueling van Mobutu deur Monsignor Monsengwo vervang is.

Einde en afsterwe

[wysig | wysig bron]

In 1994 moes Mobutu, wat aan prostaatkanker gely het, hiervoor in Switserland behandel word. Na sy terugkeer na Zaire is hy fisies verswak. Tydens sy afwesigheid het die Kongolese burgeroorlog in die oostelike Zaïre begin. Die rebelle het onder leiding van Joseph Kabila, plaasgevind.

In die middel van 1997 het Joseph Kabila se magte hul opmars hervat en die oorblyfsels van Mobutu se weermag het amper geen weerstand gebied nie. Op 16 Mei 1997, nadat die mislukte vredesgesprekke in Pointe-Noire aan boord van die skip SAS Outeniqua van die Suid-Afrikaanse Vloot met Kabila en die president van Suid-Afrika Nelson Mandela (wat die gesprekke gefasiliteer het), was Mobutu verplig om in ballingskap te gaan. Kabila se magte, bekend as die Alliansie van Demokratiese Magte vir die Bevryding van Kongo-Zaire (AFDL), het die volgende dag die regering oorgeneem. Mobutu het gevlug en die Kongo arm en in chaos gelaat. Hy is in Rabat in Marokko oorlede aan die gevolge van sy kanker. Die land is na die val van Mobutu herbenoem as die Demokratiese Republiek van die Kongo.

Bibliografie

[wysig | wysig bron]

Boeke

[wysig | wysig bron]

Engels

[wysig | wysig bron]
  • Ayittey, George B.N. Africa in Chaos: A Comparative History. Palgrave Macmillan. ISBN 0-312-21787-0
  • Callaghy, Thomas M. Politics and Culture in Zaire. Center for Political Studies. ASIN B00071MTTW
  • Callaghy, Thomas M. State-Society Struggle: Zaire in Comparative Perspective. Columbia University Press. ISBN 0-231-05720-2
  • Close, William T. Beyond the Storm: Treating the Powerless & the Powerful in Mobutu's Congo/Zaire. Meadowlark Springs Production. ISBN 0-9703371-4-0
  • De Witte, Ludo. The Assassination of Lumumba. Verso. ISBN 1-85984-410-3
  • Edgerton, Robert. The Troubled Heart of Africa: A History of the Congo. St. Martin's Press. ISBN 0-312-30486-2
  • Elliot, Jeffrey M., and Mervyn M. Dymally (eds.). Voices of Zaire: Rhetoric or Reality. Washington Institute Press. ISBN 0-88702-045-3
  • French, Howard W. A Continent for the Taking: The Tragedy and Hope of Africa. Vintage. ISBN 1-4000-3027-7
  • Gould, David. Bureaucratic Corruption and Underdevelopment in the Third World: The Case of Zaire. ASIN B0006E1JR8
  • Gran, Guy, and Galen Hull (eds.). Zaire: The Political Economy of Underdevelopment. ISBN 0-275-90358-3
  • Harden, Blaine. Africa: Dispatches from a Fragile Continent. Houghton Mifflin Company. ISBN 0-395-59746-3
  • Hoskyns, Catherine (1965). The Congo Since Independence: January 1960 – December 1961. London: Oxford University Press. OCLC 414961. {{cite book}}: Ongeldige |ref=harv (hulp)
  • Kanza, Thomas R. (1994). The Rise and Fall of Patrice Lumumba: Conflict in the Congo (expanded uitg.). Rochester, Vermont: Schenkman Books, Inc. ISBN 978-0-87073-901-9. {{cite book}}: Ongeldige |ref=harv (hulp)
  • Kelly, Sean. America's Tyrant: The CIA and Mobutu of Zaire. American University Press. ISBN 1-879383-17-9
  • Kingsolver, Barbara. The Poisonwood Bible. Harper Collins. ISBN 0-606-19420-7
  • MacGaffey, Janet (ed.). The Real Economy of Zaire: The Contribution of Smuggling and Other Unofficial Activities to National Wealth. Philadelphia: University of Pennsylvania Press. ISBN 0-8122-1365-3
  • Meditz, Sandra W. and Tim Merrill. Zaire: A Country Study. Claitor's Law Books and Publishing Division. ISBN 1-57980-162-5 Available here
  • Mokoli, Mondonga M. State Against Development: The Experience of Post-1965 Zaire. New York: Greenwood Press. ISBN 0-313-28213-7
  • Nzongola-Ntalaja, Georges. The Congo: From Leopold to Kabila: A People's History. Zed Books. ISBN 1-84277-053-5
  • Sandbrook, Richard (1985). The Politics of Africa's Economic Stagnation. Cambridge University Press. ISBN 0-521-31961-7
  • Schatzberg, Michael G. The Dialectics of Oppression in Zaire. Indiana University Press. ISBN 0-253-20694-4
  • Schatzberg, Michael G. Mobutu or Chaos? University Press of America. ISBN 0-8191-8130-7
  • Taylor, Jeffrey. Facing the Congo: A Modern-Day Journey into the Heart of Darkness. Three Rivers Press. 0609808265
  • Young, Crawford, and Thomas Turner (1985). The Rise and Decline of the Zairian State. University of Wisconsin Press. ISBN 0-299-10110-X
  • Mwakikagile, Godfrey. Nyerere and Africa: End of an Era, 2006, Chapter Six: "Congo in The 1960s: The Bleeding Heart of Africa." New Africa Press, South Africa. ISBN 978-0-9802534-1-2; Mwakikagile, Godfrey. Africa is in A Mess: What Went Wrong and What Should Be Done, 2006. New Africa Press. ISBN 978-0-9802534-7-4

Frans

[wysig | wysig bron]
  • Braeckman, Colette. Le Dinosaure, le Zaïre de Mobutu. Fayard. ISBN 2-213-02863-X
  • Dungia, Emmanuel, Mobutu et l'Argent du Zaïre, les révélations d'un diplomate, ex-agent des Services secrets. L'Harmattan. ISBN 2-7384-1133-9, ISBN 978-2-7384-1133-4.
  • Chomé, Jules. L'ascension de Mobutu: Du sergent Désiré Joseph au général Sese Seko. F. Maspero. ISBN 2-7071-1075-2
  • Mobutu Sese Seko. Discours, allocutions et messages, 1965–1975. Éditions J.A. ISBN 2-85258-022-5
  • Monheim, Francis. Mobutu, l'homme seul. Editions Actuelles. (Unknown ISBN)
  • Ngbanda Nzambo-ku-Atumba, Honoré. Ainsi sonne le glas! Les Derniers Jours du Maréchal Mobutu. Gideppe. ISBN 2-9512000-2-1
  • Nguza Karl-i-Bond, Jean. Mobutu ou l'Incarnation du Mal Zairois. Bellew Publishing Co Ltd. ISBN 0-86036-197-7

Ander

[wysig | wysig bron]

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Nederlandse Wikipedia vertaal.