Mordowië
Republiek van Mordowië Мордовия Республикась | ||||
Die ligging van Mordowië in Rusland. | ||||
Politieke status | ||||
Land | Russiese Federasie | |||
Federale distrik | Wolga | |||
Ekonomiese streek | Wolga-Wjatka | |||
Stigting | 10 Januarie 1930 | |||
Regering | ||||
Hoofstad | Saransk | |||
Leier | Wladimir Wolkof | |||
Amp | President | |||
Wetgewer | Staatsraad | |||
Bevolking | ||||
Sensus | 2010 | |||
Totaal | 834 755 | |||
Volgorde | 60ste | |||
Digtheid | 31,86/km² | |||
Stedelik | 60,4% | |||
Plattelands | 39,6% | |||
Statistiek | ||||
Oppervlakte | 26 200 km² | |||
Volgorde | 68ste | |||
Tydsone | UTC+04:00 | |||
Registrasienommer | 13, 113 | |||
Amptelike tale | Russies, Moksja, Erzja | |||
Webtuiste | http://www.e-mordovia.ru/ | |||
Wapen en vlag | ||||
|
Die Republiek van Mordowië (Russies: Респу́блика Мордо́вия, Respoeblika Mordowija; Moksja/Erzia: Мордовия Республикась) is ’n republiek (’n deelgebied) van Rusland.
Geografie
[wysig | wysig bron]Die republiek is geleë in die oostelike deel van die Oos-Europese Vlakte van die Russiese Federasie. Die westelike deel lê op die Oka-Don-vlakte en die oostelike en sentrale deel op die Wolga-hoogland.
Die gebied is 26 200 km² groot en grens aan Nizjni Nowgorod-oblast, Tsjoewasjië, Oeljanofsk-oblast, Penza-oblast en Rjazan-oblast. Daar is sowat 114 riviere en 500 mere in Mordowië. Die belangrikste riviere sluit in die Alatir, Issa en Moksja.
Demografie
[wysig | wysig bron]Volgens die 2002-sensus maak Russe 60,8% van die bevolking uit en etniese Mordwiniërs 31,9%. Die Mordwiniërs is ’n Finse groep wat twee verwante tale, Moksja en Erzia, praat. Ander groepe sluit in Tartare, Oekraïners en talle kleiner groepe.
Geskiedenis
[wysig | wysig bron]Die vroegste tekens van menslike lewe in die gebied is uit die Neolitiese Tydperk. Fins-Oegriese Mordwiniërs word genoem in bronne uit die 6de eeu. Later het hulle onder die invloed van Wolga-Bulgarye en Kiëf-Roes gekom.
In die 13de eeu het die Mongole groot dele van Oos-Europa ingeneem en die khanaat van die Goue Horde in 1241 gestig wat Mordowië ingesluit het. Die Goue Horde het in 1430's verbrokkel en sommige Mordwiniërs het burgers van die Khanaat van Kazan geword, terwyl ander by Moskowië geïntegreer is.
Toe Iwan die Verskriklike die Khanaat van Kazan in 1552 verower, het die gebied deel van Rusland geword. Baie Mordwiniërs het gerussifiseer, maar die Mordwiniese kultuur het in landelike gebiede behoue gebly. In die 1700's het hulle die Latynse alfabet gebruik, maar sedert die middel 1800's word die Cyrilliese alfabet gebruik.
Ná die Russiese Rewolusie van 1917 het Mordowië deel van die Sowjetunie geword en in 1925 is outonome distrikte en dorpsrade in die gebied gestig. Die outonome distrik van die Mordwiniërs is in 1928 gestig. In 1930 het dit die hoër status van outonome gebied gekry en op 20 Desember 1934 is die Outonome Sosialistiese Sowjetrepubliek van Mordowië gestig.
Ná die verbrokkeling van die Sowjetunie in 1991 het die Morwiniërs hulself verklaar tot die Republiek van Mordowië en deel van die Russiese Federasie gebly. Dit bestaan in sy huidige vorm sedert 25 Januarie 1994.
Sien ook
[wysig | wysig bron]Verwysings
[wysig | wysig bron]Notas
[wysig | wysig bron]- Hierdie artikel is merendeels vertaal vanaf die Engelse Wikipedia-artikel en:Mordovia