Suid-Afrikaanse Leër
Suid-Afrikaanse Leër | |
---|---|
Vlag van die Suid-Afrikaanse Leër
| |
Gestig | 1912 |
Land | Suid-Afrika |
Onderdeel van | Suid-Afrikaanse Weermag |
Tipe | Leër |
Hoofkwartier | Pretoria, Gauteng, Suid-Afrika |
Aantal lede | 40 121 aktiewe personeel 12 300 reserwe personeel |
Veldslae | Eerste Wêreldoorlog Tweede Wêreldoorlog Suid-Afrikaanse Grensoorlog |
Die Suid-Afrikaanse Leër is die landmagkomponent van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag en van sy voorganger die Suid-Afrikaanse Weermag.
Suid-Afrikaanse militêre tradisies het ontwikkel uit die grensoorloë wat deur kommandomagte geveg is, omdat die Afrikaners nie vertroue in staande weermagte gehad het nie. Nadat die Unie van Suid-Afrika in 1910 gevorm is, het generaal Jan Smuts, Suid-Afrika se eerste minister van Verdediging, 'n hoë prioriteit geplaas op die skep van 'n verenigde militêre mag uit die vier aparte weermagte van die provinsies. Dit het gelei tot die skepping van die Unieverdedigingsmag.
Die moderne Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag is saamgestel uit professionele soldate van alle rasse. Die Suid-Afrikaanse weermag is tans getaak met vredesoperasies van die Verenigde Nasies en die Afrika-unie in lande soos Burundi en die Demokratiese Republiek van die Kongo.
Sien ook
[wysig | wysig bron]- Suid-Afrikaanse Lugmag
- Suid-Afrikaanse Militêre Gesondheidsdiens
- Suid-Afrikaanse militêre dekorasies en medaljes
- Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag
- Suid-Afrikaanse Vloot
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]Wikimedia Commons bevat media in verband met Suid-Afrikaanse Leër. |
- (en) Amptelike webwerf Geargiveer 22 April 2006 op Wayback Machine