Gaan na inhoud

Olimpiese Somerspele 2012: Verskil tussen weergawes

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Geskrapte inhoud Bygevoegde inhoud
No edit summary
Lyn 892: Lyn 892:
{| {{Medaljetabel2}}
{| {{Medaljetabel2}}
|-
|-
| 1 || align=left| {{vlagikoon|CHN}} || 18 || 11 || 4 || 33
| 1 || align=left| {{vlagland|CHN}} || 18 || 11 || 4 || 33
|-
|-
| 2 || align=left| {{vlagikoon|USA}} || 15 || 8 || 9 || 32
| 2 || align=left| {{vlagland|USA}} || 15 || 8 || 9 || 32
|-
|-
| 3 || align=left| {{vlagikoon|KOR}} || 7 || 2 || 4 || 13
| 3 || align=left| {{vlagland|KOR}} || 7 || 2 || 4 || 13
|-
|-
| 4 || align=left| {{vlagikoon|FRA}} || 6 || 4 || 6 || 16
| 4 || align=left| {{vlagland|FRA}} || 6 || 4 || 6 || 16
|-
|-
|-bgcolor="ccccff"
|-bgcolor="ccccff"
| 5 || align=left| {{vlagikoon|GBR}} || 5 || 6 || 4 || 15
| 5 || align=left| {{vlagland|GBR}} || 5 || 6 || 4 || 15
|-
|-
| 6 || align=left| {{vlagikoon|GER}} || 4 || 8 || 5 || 17
| 6 || align=left| {{vlagland|GER}} || 4 || 8 || 5 || 17
|-
|-
| 7 ||align=left| {{vlagikoon|PRK}} || 4 || 0 || 1 || 5
| 7 ||align=left| {{vlagland|PRK}} || 4 || 0 || 1 || 5
|-
|-
| 8 || align=left| {{vlagikoon|RUS}} || 3 || 5 || 7 || 15
| 8 || align=left| {{vlagland|RUS}} || 3 || 5 || 7 || 15
|-
|-
| 9 || align=left| {{vlagikoon|ITA}} || 3 || 5 || 2 || 10
| 9 || align=left| {{vlagland|ITA}} || 3 || 5 || 2 || 10
|-
|-
| rowspan="2"| 10 || align=left| {{vlagikoon|KAZ}} || 3 || 0 || 0 || 3
| rowspan="2"| 10 || align=left| {{vlagland|KAZ}} || 3 || 0 || 0 || 3
|-
|-
| align=left| {{vlagikoon|RSA}} || 3 || 0 || 0 || 3
| align=left| {{vlagland|RSA}} || 3 || 0 || 0 || 3
|}
|}



Wysiging soos op 18:35, 2 Augustus 2012

Spele van die XXXe Olimpiade
Olimpiesespele van 2012

Gehou in Londen, Verenigde Koninkryk
Deelnemende lande 204
Deelnemende atlete 10 500 (skatting)
Items 302 in 26 sporte
Openingseremonie 27 Julie 2012
Sluitingseremonie 12 Augustus 2012
Amptelik geopen deur Koningin Elizabeth II
Atlete-eed Sarah Stevenson
Beampte-eed Mik Basi
Olimpiese vlam Callum Airlie
Jordan Duckitt
Desiree Henry
Katie Kirk
Cameron MacRitchie
Aidan Reynolds
Adelle Tracey
Vorige Spele 2008: Beijing (Sjina)
Volgende Spele 2016: Rio de Janeiro (Brasilië)

Die Olimpiese Somerspele van die XXXe Olimpiade word van 27 Julie tot en met 12 Augustus 2012 in Londen, die hoofstad van die Verenigde Koninkryk aangebied. Dit is die dertigste aanbieding van die Somerspele sedert 1896. Dit is ook die derde keer dat Londen die spele organiseer na hulle eerste spele in 1908 en daarna in 1948. Aansluitend sal die Paralimpiese Spele ook in Londen gehou word.

Toewysing

Sebastian Coe, hoof van Londen se bid-komitee.

Londen is op 6 Julie 2005 in Singapoer deur die IOK gekies as die gasheer vir die Olimpiese Spele in 2012. Ander kandidate was: Parys, New York, Madrid en Moskou. In die eerste ronde het Moskou uitgeval, in die tweede ronde New York, in die derde ronde Madrid, en uiteindelik ook Parys.

Die stemming het as volg verloop:

Stemming vir gasheer van die 2012-Olimpiese Somerspele
Stad 1ste ronde 2de ronde 3de ronde 4de ronde
Vlag van Verenigde Koninkryk Londen 22 27 39 54
Vlag van Frankryk Parys 21 25 33 50
Vlag van Spanje Madrid 20 32 31
Vlag van Verenigde State van Amerika New York Stad 19 16
Vlag van Rusland Moskou 15

Akkommodasie

Wembley-stadion, waar die sokkerwedstryde plaas sal vind.
Lord's Krieketgronde
Die O2

Terwyl die beplande besteding aan die Spele in sommige kringe kritiek uitgelok het, het ander die herontwikkeling van baie stadsdele in Londen, waar Olimpiese wedstryde sal plaasvind, verwelkom - veral omdat die meeste infrastruktuurprojekte volgens die konsep van volhoubaarheid verwesenlik is.[1] Byna 90 persent van alle nuwe geriewe en die benodigde infrastruktuur was reeds in Julie 2011 voltooi - een jaar voor die begin van die Spele en sonder dat die beplande begroting oorskry is.[2] Die laaste skatting van die totale koste in 2007 was egter aansienlik hoër as die oorspronklike beplande begroting.

Die hooffokus van die Spele sal die nuwe Olimpiese Park met 'n oppervlakte van 200 hektaar wees wat op 'n voormalige nywerheidsterrein in Stratford oos van Londen ontstaan het. Vir die Spele sal ook verskeie sportgeriewe gebruik word wat reeds voor en onafhanklik van Londen se kandidatuur bestaan het.

Akkommodasie Funksie
Olympic Park Die hoofligging van die Spele geleë in Stratford met 'n aantal nuwe sportsentra, die Olimpiese dorp en die sentrale Olimpiese Stadion. Die openbare vervoernetwerk rondom die naasliggende Stratford-stasie, is uitgebreid om die groot aantal reisigers effektief te kan vervoer.
Olimpiese Stadion Hoofligging waar die begin- en eindseremonie opgevoer word en waar veldatletiek beoefen sal word.
Basketball Arena Basketbal en handbal (eindstryde en halfeindstryde)
Copper Box Handbal, moderne vyfkamp, skerm en skyfskiet
London Aquatics Centre Duik, gesinchroniseerde swem, swem en die eindstryd van die waterpolo
London Velopark BMX en Baanfiets
Olympic Hockey Centre Hokkie
Earls Court Vlugbal
ExCeL Exhibition Centre Boks, gewigoptel, judo, skerm, taekwondo, tafeltennis en stoei
Greenwich Park Ruitersport (dressuur, eventing en springconcours)
Hadleigh Country Park Bergfiets
Horse Guards Parade Vlugbal (strand)
Hyde Park Driekamp, swem (oopwater)
Lord's Krieketgronde Boogskiet
Regent's Park Padfietswedrenne
Royal Artillery Barracks Skyfskiet
The O2 Arena Basketbal (eindstryde) en gimnastiek
Wimbledon Tennis
Wembley-stadion Sokker (eindstryde)
Wembley Arena Pluimbal
Lee Valley White Water Centre Kanovaart (slalom)
Dorney Lake van Eton Kollege Kanovaart (sprint), Roei
Die Kanaal by Weymouth Seiljag

Die "Olympic Park" sal na afloop van die Spele, in 2013, na koningin Elizabeth vernoem word. Die park sal dan Queen Elizabeth Olympic Park heet.[3]

Vervoer

'n Olympic Javelin-pendeltrein in St. Pancras-stasie

Die uitbreiding van Londen se openbare vervoerstelsel was 'n belangrike element van Londen se kandidaatskap. Transport for London (TfL) het met die oog op die Olimpiese Spele 'n verskeidenheid verbeterings aan die vervoerinfrastruktuur aangebring, waaronder die verlenging van die East London Line, wat deel uitmaak van die bogrondse spoornetwerk, asook die uitbou van die Docklands Light Railway en die North London Line. Op die hoëspoed-spoorweglyn High Speed One sal 'n pendeldiens bedryf word wat as Olympic Javelin bekend staan. Volgens Network Rail sal tydens die Olimpiade 4 000 bykomende treinverbindings asook langer treinstelle beskikbaar gestel word.

Sowat 240 000 besoekers per uur sal na die twee nuwe treinstasies in die Olimpiese Park, Stratford International en Stratford, vervoer kan word. Ook alle ander wedstrydplekke word deur spoorvervoer (treine, moltreine en Docklands Light Railway) met ander stadsdele verbind. 'n Sweefspoor tussen die O2 Arena en die ExCel Exhibition Centre, die Emirates Air Line, is op 28 Junie 2012 in bedryf gestel.

Die meeste wedstrydplekke is binne kort ryafstande geleë. Reistye na wedstryde sal vir 80 persent van alle atlete minder as 20 minute beloop, en 93 persent van deelnemers sal hul oefenterreine in minder as 'n halfuur kan bereik. Ook padvervoer sal vir deelnemers en amptelike verteenwoordigers vergemaklik word - 'n Olympic Route Network met 'n totale lengte van 170 km sal geskep word waarvolgens rylane op belangrike hoofroetes tussen die Olimpiese dorp en wedstrydplekke vir Olimpiade-deelnemers gereserveer word.

Veiligheid

'n Rapier-vuurpyllanseerder

Die streng veiligheidsmaatreëls, wat deur die Britse polisiediens getref word en waarvoor 10 000 polisiebeamptes en 13 500 weermaglede ontplooi word, word as die grootste vredestydse veiligheidsoperasie in die Britse geskiedenis beskryf.[4] Vloot- en lugmageenhede word ter beskerming van die Spele aangewend, en terwyl vlootskepe in die Teemsrivier gestasioneer is, word Eurofighter-vegvliegtuie, helikopters en lugafweermissiele (waaronder Rapier-vuurpyllanseerders) ontplooi om moontlike lugaanvalle af te weer.

Vanaf 14 Julie is 'n gedeeltelike lug-spersone oor Londen ingestel. Die amfibiese aanvalskip HMS Ocean, wat in die Teems voor anker lê, dien as helikopter-landingsblad, logistiese basis en verblyfplek vir 800 soldate. Die koste vir hierdie veiligheidsoperasie het van 'n oorspronklik beraamde £282 miljoen gestyg tot £553 miljoen.

In Julie 2012 het nuus oor die probleme, wat die privaat veiligheidsmaatskappy G4S by die werwing van geskikte personeel ondervind het, bekend geword. Die leemte moes met 3 500 Britse weermaglede gevul word.

Medaljes

Lêer:Summer Olympic Medals Template 2012.jpg
Een van die sjablone wat in die vervaardigingsproses gebruik is

Vir die Spele is sowat 4 700 medaljes deur die Koninklike Munt te Llantrisant in Wallis vervaardig. Hulle is deur David Watkins (Olimpiese Spele) en Lin Cheung (Paralimpiese Spele) ontwerp. Feitlik die hele goud, silwer en koper, wat vir die vervaardiging benodig is, is in Salt Lake County in die Verenigde State ontgin.

Elke medalje weeg tussen 375 en 400 gram (13,2-14,1 ons), het 'n deursnee van 85 mm (3,34 duim) en is 7 mm (0,27 duim) dik. 'n Gravure op die rand verwys na die betrokke sport en dissipline. Volgens 'n ou tradisie is Nike, die Griekse godin van oorwinning, op die voorkant uitgebeeld. Sy stap uit die Atheense Panathinaiko-stadion, waar die eerste moderne Olimpiese Spele in 1896 gehou is, met die Parthenon-tempel in die agtergrond. Die agterkant toon die kenteken van die Spele, die Teemsrivier en 'n reeks lyne wat "die energie van atlete en 'n saamstaan-gees" versinnebeeld. Die medaljes is op 2 Julie na die Tower of London se gewelwe geneem waar hulle tot die begin van die Spele bewaar is.

Elke goue medalje is uit 'n legering van 92,5 persent silwer, 1,34 persent goud asook koper saamgestel. Die silwermedaljes is van silwer (92,5 persent) en koper gemaak. Die bronsmedaljes is uit 'n legering van koper (97 persent), sink (2,5 persent) en tin (0,5 persent) saamgestel. Die goue medalje se materiële waarde word op $644 beraam (volgens markpryse wat op 30 Julie 2012 vasgestel is), dié van die silwermedalje op $330 en dié van die bronsmedalje op $4,71.

Sporte

Ses-en-twintig Olimpiese sporte sal tydens die Spele beoefen word. Tydens die Spele sal 302 medaljes oorhandig word.

Atletiek
Pluimbal
Basketbal
Boks
Boogskiet
Gewigoptel
Gimnastiek
Artisties
Ritmies
Wipmat
Handbal
Hokkie
Judo
Kanovaart
Sprint
Slalom
Moderne vyfkamp
Ruitersport
Roei
Skerm
Skyfskiet
Tafeltennis
Taekwondo
Tennis
Driekamp
Sokker
Vlugbal
Strand
Saal
Fietsry
Baan
BMX
Bergfiets
Padfiets
Stoei
Seil
Swemsport
Duik
Gesinchroniseerde swem
Waterpolo
Swem

Kalender

Die volgende tabel dui die Spele se daaglikse program aan. 'n Blou blokkie beteken dat wedstryde sal plaasvind, maar dat geen medaljes op die spel is nie. 'n Geel blokkie dui aan dat medaljes toegeken gaan word, die getal dui op die aantal medaljeparades wat die dag gehou gaan word.

 ?  Openingseremonie     Wedstryde  ?  Wedstryde met medaljes  ?  Sluitingseremonie
Julie / Augustus 2012 Wo
25
Do
26
Vr
27
Sa
28
So
29
Ma
30
Di
31
Wo
1
Do
2
Vr
3
Sa
4
So
5
Ma
6
Di
7
Wo
8
Do
9
Vr
10
Sa
11
So
12
Tot.
Atletiek 2 6 6 5 4 4 5 6 8 1 47
Pluimbal 1 2 2 05
Basketbal 1 1 02
Boks 3 5 5 13
Boogskiet 1 1 1 1 04
Gewigoptel 1 2 2 2 2 2 1 1 1 1 15
Gimnastiek 1 1 1 1 1 1 3 3 4 1 1 18
Handbal 1 1 02
Hokkie 1 1 02
Judo 2 2 2 2 2 2 2 14
Kanovaart 1 1 2 4 4 4 16
Moderne vyfkamp 1 1 02
Ruitersport 2 1 1 1 1 06
Roei 3 3 4 4 14
Skerm 1 1 1 1 2 1 1 1 1 10
Skyfskiet 2 2 1 1 1 1 2 2 1 2 15
Duik 1 1 1 1 1 1 1 1 08
Gesinchroniseerde swem 1 1 02
Taekwondo 2 2 2 2 08
Tafeltennis 1 1 1 1 04
Tennis 2 3 05
Driekamp 1 1 02
Sokker 1 1 02
Vlugbal 1 1 1 1 04
Waterpolo 1 1 02
Fietsry 1 1 2 2 2 1 1 1 3 2 1 1 18
Stoei 2 3 2 2 2 2 3 2 18
Seil 2 2 2 1 1 1 1 10
Swem 4 4 4 4 4 4 4 4 1 1 34
Totaal 12 14 12 15 20 18 22 25 23 18 21 16 23 16 32 15 302
Kumulatief 12 26 38 53 73 91 113 138 161 179 200 216 239 255 287 302
Seremonies ? ?
Julie / Augustus 2012 Wo
25
Do
26
Vr
27
Sa
28
So
29
Ma
30
Di
31
Wo
1
Do
2
Vr
3
Sa
4
So
5
Ma
6
Di
7
Wo
8
Do
9
Vr
10
Sa
11
So
12
Tot.

Aantal medaljes

Hier is die top tien lande wat medaljes tydens die Spele verower het. Vir 'n volledige lys, sien Olimpiese Somerspele 2012 medaljes.

 Plek  Land  Goud Goud Silwer Silwer Brons Brons Totaal
1 Vlag van die Volksrepubliek China Volksrepubliek China 18 11 4 33
2 Vlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State 15 8 9 32
3 Vlag van Suid-Korea Suid-Korea 7 2 4 13
4 Vlag van Frankryk Frankryk 6 4 6 16
5 Vlag van Verenigde Koninkryk Verenigde Koninkryk 5 6 4 15
6 Vlag van Duitsland Duitsland 4 8 5 17
7 Vlag van Noord-Korea Noord-Korea 4 0 1 5
8 Vlag van Rusland Rusland 3 5 7 15
9 Vlag van Italië Italië 3 5 2 10
10 Vlag van Kasakstan Kasakstan 3 0 0 3
Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika 3 0 0 3

Hoogtepunte

  • Suid-Afrika se Cameron van der Burgh wen 'n goue medalje in die 100 m-borsslag vir mans met 'n nuwe wêreldrekord van 58.46 sekondes.
  • Chad le Clos van Suid-Afrika wen 'n goue medalje in 200 m-vlinderslag met 'n tyd van 1:52,96 sekondes. Hy stof Michael Phelps van die VSA uit wat met 'n tweede plek tevrede moes wees.
  • Suid-Afrika se liggewig-roeiers wen 'n onverwagte goue medalje. Brittanje moes met silwer tevrede wees en Denemarke in die derde plek met 'n brons medalje. Die spanlede was: Matthew Brittain, Sizwe Ndlovu, John Smith en James Thompson.

Deelnemende nasies

Hieronder is 'n lys van al die Nasionale Olimpiese Komitees wat deelneem. Waar beskikbaar word die aantal atlete per land in hakkies aangedui:


Verwysings

Eksterne skakels


Olimpiese Spele Logo van die Olimpiese Spele

Olimpiese Somerspele: 1896  • 1900  • 1904  • 1906*  • 1908  • 1912  • 1916  • 1920  • 1924  • 1928  • 1932  • 1936  • 1940  • 1944  • 1948  • 1952  • 1956  • 1960  • 1964  • 1968  • 1972  • 1976  • 1980  • 1984  • 1988  • 1992  • 1996  • 2000  • 2004  • 2008  • 2012  • 2016  • 2020  • 2024  • 2028  • 2032

Olimpiese Winterspele: 1924  • 1928  • 1932  • 1936  • 1940  • 1944  • 1948  • 1952  • 1956  • 1960  • 1964  • 1968  • 1972  • 1976  • 1980  • 1984  • 1988  • 1992  • 1994  • 1998  • 2002  • 2006  • 2010  • 2014  • 2018  • 2022  • 2026  • 2030  • 2034
Internasionale Olimpiese KomiteeNasionale Olimpiese Komitee
(*) Die spele van 1906 is deur die IOK georganiseer, maar word nie amptelik deur die IOK erken nie.