Gaan na inhoud

Roemenië

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Roemenië
România (Roemeens)
Vlag van Roemenië Wapen van Roemenië
Vlag Wapen
Volkslied: Deșteaptă-te, române!
(Roemeens vir: "Waak op, Roemeniërs!")
Ligging van Roemenië
Hoofstad Boekarest

44°25′N 26°6′O / 44.417°N 26.100°O / 44.417; 26.100

Grootste stad Boekarest
Amptelike tale Roemeens
Regering Unitêre semi-presidensiële
grondwetlike republiek
Klaus Iohannis
Marcel Ciolacu
Onafhanklikheid
Vorming
Prinsdom Walachye
• Prinsdom Moldowa
• Prinsdom Transsilvanië
• Verenigde Prinsdome
• Onafhanklikheid van die
Ottomaanse Ryk
• Koninkryk Roemenië
• Groot Unie
Militêre diktatuur
• Volksrepubliek Roemenië
• Sosialistiese grondwet
• Roemeense Rewolusie
• Huidige grondwet


1330
1346
1570
24 Januarie 1859

9 Mei 1877/1878
14 Maart 1881
1918/1921
1941
30 Desember 1947
21 Augustus 1965
1627 Desember 1989[1][2][3]
8 Desember 1991
Oppervlakte
 - Totaal
 
 - Water (%)
 
238 391[4] km2  (83ste)
92 043 myl2
3
Bevolking
 - 2024-skatting
 - 2021-sensus
 - Digtheid
 
18 148 155[4] (70ste)
19 053 815[5]
76,1 / km2 (136ste)
197,2 / myl2
BBP (KKP)
 - Totaal
 - Per capita
2024-skatting

$817,986 miljard[6] (35ste)
$43 179[6] (48ste)

BBP (nominaal)
 - Totaal
 - Per capita
2024-skatting

$369,971 miljard[6] (41ste)
$19 529[6] (56ste)

MOI (2022) 0,827[7] (53ste)  –  baie hoog
Gini (2023) 31,0[8] –  medium
Geldeenheid Leu (RON)
Tydsone
 - Somertyd
OET (UTC+2)
OEST (UTC+3)
Internet-TLD .ro
Skakelkode +40

Roemenië (Roemeens: România, [romɨˈni.a], ) is 'n land in Sentraal- en Suidoos-Europa. Dit beslaan 'n oppervlakte van 238 391 km² en het 'n bevolking van 18 148 155 in 2024 gehad.[4] Roemenië grens in die noordweste aan Hongarye, in die noordooste aan Moldowa, in die noorde aan Oekraïne, in die ooste aan die Swartsee, in die suide aan Bulgarye en in die suidweste aan Serwië. Behalwe vir Hongarye en Moldowa is die Romaanstalige Roemenië is omring deur Slawiestalige lande. Die hoofstad en grootste stad is Boekarest. Roemenië is ryk aan kultuur en natuurskoon. Die Donaurivier vloei in die Swartsee en vorm die Donaudelta, 'n Unesco-wêrelderfenisgebied weens sy biodiversiteit. Die Karpateberge oorheers die sentrum van die land.

Nasa-satellietbeeld van Roemenië in Desember 2001

Roemenië bestaan uit die tradisionele en historiese gebiede Dobroedsja, Walachye, Moldawië, Transsilvanië en Banaat wat soms as deel van Transsilvanië beskou word. Die gebied van die huidige Roemenië is oor eeue heen beheers deur die twee prinsdomme Moldawië en Walachye wat in 1859 in die Prinsdom Roemenië verenig het. Dit is in 1881 tot koninkryk verklaar en was op sy grootste in die tussenoorlogse tydperk, nadat die Koninkryk Roemenië Transsilvanië van die ontbinde Oostenryk-Hongarye en Bessarabië van die voormalige Russiese Ryk ontvang het. Ná die Tweede Wêreldoorlog moes koning Michael I op Sowjetse druk abdikeer, gelyktydig moes die land Bessarabië afstaan. Tydens die Koue Oorlog was dit 'n sosialistiese diktatuur en deel van die Warskouverdrag. Ná die bloedige rewolusie in 1989 het Roemenië 'n demokratiese republiek geword en by Westerse lande aangesluit. Roemenië het op 29 Maart 2004 'n lidstaat van die NAVO en op 1 Januarie 2007 'n lidstaat van die Europese Unie geword.

Roemenië beklee die 52ste plek in die menslike-ontwikkelingsindeks, en is 'n ontwikkelende land met 'n hoë-inkomste-ekonomie. Dit het die 41ste grootste ekonomie ter wêreld volgens nominale BBP, met 'n jaarlikse ekonomiese groeikoers van 4,6% in 2022. Die amptelike taal is Roemeens, 'n Romaanse taal. Die etniese samestelling van Roemenië is soos volg: 89% is Roemeens, 6% Hongaars, 3,4% Roma en die res bestaan uit 'n klein aantal Duitsers, Russe, Turke en Jode. 85,3% van die bevolking behoort aan die Roemeens-Ortodokse Kerk.

Etimologie

[wysig | wysig bron]
Neacșu se brief, die oudste bekende dokument wat in Roemeens geskryf is met die oudste voorkoms van die woord "Roemeens"

Die woord "Roemenië" (România) is afgelei van die plaaslike naam vir die Roemene (român) wat op sy beurt ontleen is aan die Latynse romanus en "Romeins" of "uit Rome" beteken.[9] Dié etnoniem vir Roemene is vir die eerste keer gebruik in die 16de eeu deur Italiaanse humaniste wat na Transsilvanië, Moldawië en Walachye gereis het.[10][11][12]

Die oudste dokument in Roemeens is van Câmpulung van 1521 (bekend as "Neacșu se brief van Câmpulung").[13] In die brief waarsku Neacşu die burgemeester van Brașof oor 'n Turkse bedreiging. In plaas van Walachye word die naam wat die inwoners self aan hul land gegee het gebruik: Țara Românească, die "Roemeense land" (Țara van Latyn Terra vir land). In die volgende eeue was daar twee spellings: Român en Rumân. In die 17de eeu is besluit om aan die vorm umân, wat dikwels vir laer klasse gebruik word, die betekenis "lyfeiene" te gee, terwyl die vorm român 'n etno-linguistiese betekenis verkry het. Ná die afskaffing van slawerny in 1746 het die vorm rumân begin verdwyn en die vorm român(esc) het uiteindelik die korrekte en enigste aanvaarde spelling geword. Die naam România het die algemene naam vir alle Roemeense lande geword en dit is die eerste keer in die vroeë 19de eeu gebruik. Die Roemene is die mees oostelike Romaanse volk; dit word heeltemal omring deur nie-Romaanse lande ("'n Romaanse eiland in 'n Slawiese See").

Geografie

[wysig | wysig bron]
'n Kaart van Roemenië
Die Roemeense "sfinks" op die plato in die Bucegi-berge op 'n hoogte van 2 216 meter. Dit is agt meter hoog en twaalf meter breed
Klimaatsones in Roemenië volgens die Köppen-klimaatklassifikasie
Cheile Turzii in die Roemeense Wes-Karpate (Apuseni)

Roemenië is in die sentrale en suidoostelike deel van Europa geleë en beslaan 'n oppervlakte van 238 397 km². Dit is die grootste land in Suidoos-Europa en die twaalfde grootste in Europa.[14] Die suidooste van die land oorkant die Donau maak deel uit van die Balkanskiereiland. Die Roemeense grense word deur hoofsaaklik twee riviere gevorm: die Donau in die suide en die Proet in die ooste. Van die ander groot riviere in Roemenië sluit in die Siret en die Tisza, albei sytakke van die Donau wat in die Karpate ontspring.

Roemenië word in die noorde begrens deur Oekraïne, in die ooste deur Moldowa, Oekraïne en die Swartsee, in die suide deur Bulgarye, terwyl Serwië en Hongarye in die weste lê. Roemenië beslaan dele van die historiese gebiede Banat, Dasië, Dobroedja, Moldawië, Transsilvanië en Walachye. Die noordelike en sentrale deel van dié land word gekenmerk deur die Karpateberge of Karpate.

Roemenië het 'n gematigde klimaat van koue winters en warm somers. Die gemiddelde jaartemperatuur wissel van noord na suid tussen 8 en 11 °C.[15] Die neerslag is baie wisselvallig. Dit reën min langs die kus, terwyl dit in die Karpate gemiddeld tot 1 400 mm per jaar reën.

Die land het ook 'n kusstrook aan die Swartsee (245 km). Kenmerkend vir die Roemeense landskap is die groot boog wat die Karpate maak, 'n middelgebergte uit die Tersiêr, en die heuwels en plato's, met laagvlaktes langs die groot riviere. Tipies van die Karpate is die baie bergmassiewe wat deur riviervalleie van mekaar geskei word met 14 bergreekse wat hoogtes van meer as 2 000 m bereik waarvan Moldoveanu-piek die hoogste is teen 2 544 m.[16]

Natuurlike en semi-natuurlike ekosisteme beslaan ongeveer 47% van die land se oppervlakte.[17] Daar is bykans 10 000 km² (ongeveer 5% van die totale oppervlakte) se beskermde gebiede in Roemenië wat bestaan uit 13 nasionale parke en drie biosfeerreservate.[18]

Roemenië het een van die grootste dele van die ongerepte woud in Europa (byna 27% van sy grondgebied).[19] Ongeveer 3 700 plantspesies is in die land geïdentifiseer (23 is as natuurlike monumente verklaar, 74 uitgesterf, 39 bedreig, 171 kwesbaar en 1 253 skaars).[20]

Die fauna van Roemenië bestaan uit 33 792 diersoorte (33 085 ongewerweldes en 707 gewerweldes).[20] Daar is byna 400 unieke soorte soogdiere, voëls, reptiele en amfibieë,[21] insluitende ongeveer 50% van Europa se bruinbere (Rusland uitgesluit)[22] en 20% van sy wolwe.[23]

Die Donaurivier vloei in die Swartsee en vorm die Donaudelta, wat die tweede grootste en bes bewaarde delta in Europa is, 'n biosfeerreservaat en wêrelderfenisgebied weens sy biodiversiteit.[24] Die Donaudelta is die grootste aaneenlopende moerasland in Europa (5 800 km²),[24][25] en ondersteun 1 688 verskillende plantspesies.[26] Byna al die Roemeense riviere mond uiteindelik in die Donau uit, deels via die Tisza, waarin die Mures- en Somesriviere dreineer wat in die berge ontspring. Die riviere suid van die Transsilvaanse Alpe, die Jiu, Arges, Prahova en Ialomita mond direk in die Donau uit.

Die Oltetrivier ontspring in die middel van die Karpate en vloei deur die Transsilvaanse Alpe. Die Siret en Proet word uit die oostelike deel van die Karpate en uit die Moldawiese hoogvlakte gevoed. Daar is baie mere langs die Donau en lagunes langs die kuslyn. Dit is moeilik om die rivierstelsel se watervlak te beheer en oorstromings kom voor. 'n Ander natuurverskynsel wat Roemenië nou en dan teister is aardbewings.

Roemeense kuslyn

[wysig | wysig bron]

Daar is geen natuurlike hawens aan die Roemeense kuslyn nie. Die enigste hawe vir groot skepe is Constanța, naby die Oekraïense hawe Odessa, die grootste hawe langs die Swartsee. Die Donaurivier se delta ondervind in die somer subtropiese klimaatstoestande terwyl die binneland van Roemenië 'n kontinentale klimaat het.

Gevolglik is die somers in die binneland uiters warm en die winters baie koud. Uiteenlopende soorte diere en voëls, onder meer pelikane, tropiese voëls, bere, wolwe, takbokke en rooikatte kom in die land voor. Daar is soms baie sterk winde in die berge; een van die kwaaiste winterwinde is die noordelike Crivat, wat dikwels groot skade aan oeste aanrig.

Geskiedenis

[wysig | wysig bron]

Dasiërs en Romeine

[wysig | wysig bron]
Sarmizegetusa was die hoofstad en die militêre, religieuse en politieke sentrum van Dasië

In 513 v.C. is verskeie stamme van die Getes noord van die Donau verslaan deur die Persiese keiser Darius die Grote in sy veldtog teen die Skitiërs (Herodotus IV.93). Die Getes, net soos die Dasiërs wat in dieselfde omgewing gewoon het, was 'n Thraciese volk. Sommige beskou die Geto-Dasiërs as een enkele volk.[27] Ná 'n halwe millennium is die Geto-Dasiërs onder leiding van Decebalus verslaan deur die Romeinse Ryk onder leiding van keiser Trajanus. Hy het twee veldtogte tussen 101 en 106 n.C. benodig om hulle te verslaan. Die gebied het die status gekry van 'n Romeinse provinsie met die naam Dacia (Dacia Traiana). Trajanus se Kolom op die forum in Rome is in herinnering aan hierdie oorwinning opgerig. Dasië het 'n hoogtepunt bereik tydens die regering van Boerebista omstreeks 80 v.C met Sarmizegetusa as sy militêre, religieuse en politieke sentrum.

Die Romeine het 'n georganiseerde kolonisasiebeleid gevolg en die inwoners van die provinsie het 'n lang tydperk van vrede en voorspoed in die tweede eeu geniet. Geleerdes wat die Daco-Romeinse kontinuïteitsteorie aanvaar – een van die belangrikste teorieë oor die oorsprong van die Roemeniërs – sê dat die saamwoon van die inheemse Dasiërs en die Romeinse koloniste in Romeinse Dacia die eerste fase van die Roemene se etnogenese was. Die Gotiese en Karpatiese invalle tussen 238–269 (vanaf die begin van die Romeinse krisis van die derde eeu tot die Slag van Naissus) het die Romeinse Ryk uiteindelik gedwing om afstand te doen van Dasië en sy inwoners te ontruim na die voormalige Moesië suid van die Donau. Dié nuwe, beter te verdedigende Romeinse provinsie is Dacia Aureliana genoem en maak deel uit van die huidige lande Serwië, Bulgarye en Roemenië.[28]

Ná die Romeinse heerskappy

[wysig | wysig bron]
Kaart van die Roemene se etnogese

Tussen 271 en 275 het die Romeine die voormalige Dasië verlaat, waar die Gote binnegeval het. Hulle het daar gewoon tot die vierde eeu saam met die plaaslike bevolking. Toe het 'n nomadiese volk verskyn: die Hunne. Die Gepiede en die Aware het tot in die agtste eeu in Transsilvanië regeer, toe die Bulgare Dasië by hul ryk gevoeg en dit tot 1018 regeer het.

Transsilvanië was Hongaars vanaf die stigting van die Hongaarse Koninkryk in die tiende of elfde eeu tot die sestiende eeu; daarna is die prinsdom Transsilvanië gevorm. Maar weens die verwoesting en finansiële las is die plaaslike bevolking nie deur die migrante geraak in hul lewenswyse en hul kultuur nie. Die Pechenegs, Cumans en Uzen was ook op Roemeense terrein soos dit blyk uit argeologiese opgrawings. Die Roemeense owerhede Walachye (deur Basarab I) en Moldawië (deur Maramureșaan Dragoș) is tussen die dertiende en veertiende eeu gestig. In die Middeleeue het die Roemene in twee verskillende en onafhanklike Roemeense owerhede gewoon: Walachye (Roemeens: Țara Românească – Roemeense Land) en Moldawië (Roemeens: Moldova), maar ook in die Hongaarse Transsilvanië.

Laat Middeleeue

[wysig | wysig bron]
Die drie prinsdomme is deur die Karpate van mekaar geskei: Moldowa (rooi), Walachye (blou), Transsilvanië (geel)

In 1475 het Stefanus die Grote van Moldawië (Ștefan cel Mare) die Turke in die Slag van Vaslui verslaan. Ander heersers in die 15de eeu soos Vlad Dracula, ook bekend as Vlad die Deurboorder (Vlad Țepeș), heerser van Walachye, en Johannes Hunyadi (Iancu de Hunedoara, heerser van Transsilvanië) het ook teen die Turke geveg. Ondanks die oorwinnings in die 15de eeu het Walachye en Moldawië aan die einde van die 15de, vroeë 16de eeu (1476 – Walachye, 1514 – Moldawië) onder die susereiniteit van die Ottomaanse Ryk gekom. Soos vasalstate het hulle volledige interne outonomie en 'n sekere eksterne onafhanklikheid geniet, wat hulle aan die einde van die 18de eeu heeltemal verloor het. In 1812 het die Russiese Ryk die oostelike helfte van Moldawië geannekseer (hoewel Moldawië dit gedeeltelik herwin het na die Verdrag van Parys in 1856). In 1775 het die Keiserryk Oostenryk die noordelike deel van Boekowina (Noord-Moldawië) geannekseer en die Ottomaanse Ryk het die suidoostelike deel van Moldawië, die Boedzjak (Roemeens: Bugeac), geannekseer.

Een van die grootste Hongaarse konings, Matthias Corvinus (in Roemeens bekend as Matei Corvin, heerser tussen 1458–1490 – sy vader was 'n Roemeen), is in Transsilvanië gebore en is volgens Roemeense bewerings 'n Roemeen vanweë sy Roemeense vader, Johannes Hunyadi (Roemeens: Iancu de Hunedoara), terwyl die Hongare beweer hy is 'n Hongaar vanweë sy Hongaarse moeder. Later in 1541 het Transsilvanië amptelik 'n multi-etniese vorstedom geword onder toesig van die Ottomaanse Ryk na die Slag van Mohács.

Vroegmoderne Roemenië

[wysig | wysig bron]
Prins Michael die Dappere het oor die drie middeleeuse vorstedomme Walachye, Moldawië en Transsilvanië regeer

Michael die Dappere (Roemeens: Mihai Viteazul, 1558 – 9 Augustus 1601) was heerser van Walachye (1593–1601), van Transsilvanië (1599–1600) en van Moldawië (1600). Tydens sy regeringstydperk is sy drie vorstedomme, wat grotendeels deur Roemene bewoon is, vir die eerste keer deur een monarg bestuur. Hy word beskou as een van Roemenië se nasionale helde.

Aan die einde van die agtiende eeu het die Keiserryk Oostenryk Transsilvanië verower. Tydens die Oostenryks-Hongaarse dubbelmonargie (1867–1918) is die Roemene in Transsilvanië onderdruk deur die Hongaarse regering se "magyariserings"beleid.

Ná eeue se Ottomaanse heerskappy in Moldawië en Walachye het die Roemeense ook daar toenemend onderdruk begin voel. Mihail Kogălniceanu, Nicolae Bălcescu en ander leiers van die 1848-rewolusies in Moldawië en Walachye het die bevryding van die kleinboere en die vereniging van die twee prinsdomme geëis, maar Russiese en Ottomaanse troepe het hul opstand wreed onderdruk. Die Wallachiese rewolusioniste was die eerstes wat die blou, geel en rooi driekleur as hul vlag gebruik het.

Van die Verenigde Prinsdom na die Koninkryk Roemenië

[wysig | wysig bron]
Ontwikkeling van Roemenië se grondgebied sedert 1859
Opening van die eerste Wetgewende Vergadering van die Verenigde Prinsdomme van Roemenië in Boekarest
Koning Carol I van Roemenië met sy neef koning Ferdinand I van Roemenië en groot-neef koning Carol II van Roemenië
Die Koninkryk Roemenië na die Eerste Wêreldoorlog en in oranje die Moldawiese ASSR
'n Kaart van Groter Roemenië tussen 1920 en 1940

Walachye en Moldawië het in 1859 hul onafhanklikheid van die Turke verklaar en dieselfde monarg (Domnitor), Alexander Johan Cuza (Roemeens: Alexandru Ioan Cuza) verkies, maar dit is nie deur Frans Josef I van Oostenryk erken nie. Sultan Abdülaziz het hierdie staat op 23 Desember 1861 wel erken, waarna Moldawië en Walachye op 24 Januarie 1862 formeel een geword het as Verenigde Prinsdom Roemenië, ook Klein Roemenië genoem, met Boekarest as sy hoofstad. Cuza se toenemende outoritarisme het in 1866 gelei tot sy ondergang deur 'n groot koalisie van konserwatiewe en liberale radikale.

Op 26 Maart 1866 is Karel van Hohenzollern-Sigmaringen deur die regering verkies as die nuwe monarg (Domnitor) van die land. Deur die verteenwoordiger van 'n erkende dinastie (Hohenzollern-Sigmaringen) aan die bewind te bring, het hulle gehoop om, soos die Grieke, die omliggende state wat tot dusver die gewoonte gehad het om die Roemeense gebied te oorheers, te balanseer. Rusland het al afsonderlike neigings in Moldawië hard en duidelik ondersteun deur demonstrasies in Iasi, die hoofstad van die destydse provinsie Moldawië, te reël. Op 10 Mei 1881 is Karl gekroon as die eerste koning (rege) van Roemenië en Carol I genoem.

Tydens die Russies-Turkse oorlog tussen 1877–1878 het Roemenië aan die Russiese kant geveg; in 1878 is die onafhanklike staat Roemenië amptelik deur die Groot moondheid erken tydens die Kongres van Berlyn. In ruil vir die afstaan van die drie suidelike distrikte Bessarabië aan Rusland, wat ná die Krimoorlog in 1852 deur Moldawië herwin is, het Roemenië die Dobruja ontvang. In 1881 is die Prinsdom Roemenië ontbind en het 'n nuwe koninkryk sy plek ingeneem; Prins Carol I is gekroon as koning van Roemenië.

Tydens die Tweede Balkanoorlog in 1913 het Roemenië die suidelike Dobruja van Bulgarye verkry deur die Verdrag van Boekarest. Ná twee jaar se neutraliteit in die Eerste Wêreldoorlog het Roemenië oorlog teen die Sentrale Moondhede verklaar. Die Roemeense veldtog het rampspoedig vir Roemenië geëindig; die Sentraal Moondhede het 'n groot deel van die land beset en binne vier maande 'n groot deel van die Roemeense leër vernietig. Ná die oorlog het die Duitse Ryk, die Ottomaanse Ryk, die Russiese Ryk en Oostenryk-Hongarye geval. Vroeg in 1918 het Moldowa sy onafhanklikheid van Rusland verklaar en besluit om op sekere voorwaardes met die Koninkryk Roemenië te verenig.[29] Later het Boekowina en Transilvanië ook by die koninkryk aangesluit.

Hierdie samesmelting is in die Verdrag van Parys van 1920 deur die Geallieerdes goedgekeur. Dit is egter nie deur al die lede bekragtig nie.[30][31] Van die groot magte, soos die Verenigde State en die Russiese SFSR, het nie Roemeense heerskappy oor Bessarabië goedgekeur nie en laasgenoemde het dit beskou as die besetting van Russiese grondgebied.[32]

Die Hongaarse-Roemeense oorlog is gevoer tussen Hongarye en Roemenië van 13 November 1918 tot 3 Augustus 1919. Die Roemeense leër het groot dele van Hongarye, waaronder Boedapest, beset tot 28 Maart 1920, toe die Entente-magte die Roemeense oortuig het om uiteindelik terug te trek na die afbakeningslyne. Die Verdrag van Trianon in 1920 het verseker dat die streke Banaat, Crișana en Maramureș ook by Roemenië gevoeg is. Die nuwe Roemenië het gegrens aan Joego-Slawië, Hongarye, Tsjeggo-Slowakye, Pole (Stanisławów), die Sowjetunie en Bulgarye. Op 15 Oktober 1922 is koning Ferdinand (die neef van Carol I, die koning van Roemenië sedert 1914) gekroon as die koning van die volledige Roemenië in Alba Iulia, in die hartjie van Transsilvanië.

Roemenië tydens die Tweede Wêreldoorlog

[wysig | wysig bron]
Kaart van Roemenië in 1941

Net voor die Tweede Wêreldoorlog in 1939 was Roemenië die grootste ruolieverskaffer van Nazi-Duitsland. In 1940 het Ion Antonescu met 'n staatsgreep aan die mag gekom. Antonescu het toe as 'n diktator opgetree en met die Ystergarde, 'n fascistiese groep, saamgewerk. In Augustus 1939 is die Molotof-Ribbentrop-verdrag en sy geheime bykomende protokol onderteken. Daarvolgens het Nazi-Duitsland Bessarabië erken as binne die owjet-invloedsfeer.[33] Op 28 Junie 1940 het die Sowjetunie, met die medewete van Nazi-Duitsland, 'n ultimatum aan Roemenië uitgereik waarin die land versoek word om Bessarabië en Noord-Boekowina aan die Sowjetunie af te staan. Roemenië het dit die volgende dag gedoen.

Noord-Transsilvanië is deur die Tweede Weense Toekenningsverdrag aan Hongarye oorhandig. In 1940 is die noorde van Boekowina, Bessarabië en die suide van die Dobruja deur Russiese en Bulgaarse troepe beset. Karel II het dieselfde jaar in paniek bedank en is opgevolg deur die jong Michael. Die regering het hulp gesoek en uiteindelik in lyn gekom met Nazi-Duitsland, Italië, Hongarye en Bulgarye, en Roemenië het dus oorlog verklaar teen die Russe en die Geallieerdes. In die voetspore van die Duitsers het Roemenië ná Operasie Barbarossa, gelei deur generaal Ion Antonescu, Bessarabië, Noord-Boekowina en Transnistrië van die Sowjetunie verower. Roemenië het die gebied Transnistrië, 'n deel van wat tans Moldawië is, van Nazi-Duitsland ontvang.

Tydens die Tweede Wêreldoorlog het die regime van Antonescu, wat met Nazi-Duitsland saamgewerk het, 'n rol in die Holocaust gespeel; die regime het baie Jode en in 'n mindere mate ook Roma onderdruk en vermoor. Volgens 'n vrye verslag van 'n kommissie uit 2004 wat namens die oudpresident Ion Iliescu uitgereik is, was die Roemeense outoriteite een van die belangrikste daders in die beplanning en uitvoering van die moord aan 280 000 tot 380 000 Jode, veral in die oostelike gebiede van Roemenië.[34][35]

Aan die einde van die oorlog in 1944 het die Rooi Leër Roemenië binnegeval. Koning Michael het die diktatuur van Antonescu beëindig en oorlog teen Duitsland verklaar, maar die Konferensie van Parys van 1947 het geen bydra van Roemenië in die nederlaag van Nazi-Duitsland erken nie.

Ná die Tweede Wêreldoorlog

[wysig | wysig bron]
Gheorghe Gheorghiu-Dej, Roemeense kommunistiese leier van 1947 tot 1965
Nicolae Ceaușescu, Roemeense outokraat van 1965 tot 1989

Terwyl die Rooi Leër se troepe in die land gestasioneer was, is in 1946 verkiesings gehou. Die kommuniste het 80% van die stemme gekry, maar dit was die gevolg van stemmanipulasie. Koning Michael moes weens druk van die kommuniste (en die Rooi Leër) van sy troon afstand doen. Hy het die land verlaat, wat dadelik tot 'n volksrepubliek verklaar is. Die kommunis Gheorghe Gheorghiu-Dej het aan bewind gekom.

Roemenië was tot 1958 'n kommunistiese staat onder die direkte militêre en ekonomiese bewind van die Sowjetunie. Gedurende hierdie periode is die skaars hulpbronne wat Roemenië ná die Tweede Wêreldoorlog nog gehad het, deur die Russe geplunder, nadat 'n verdrag daaroor gesluit is. Die "SovRom", gemengde Sowjet-Roemeense maatskappye, moes, benewens die "ruim"-vergoeding aan die Sowjetunie, vir die skade wat die Russe tydens die Tweede Wêreldoorlog gely het vergoed. Gedurende hierdie tydperk is meer as twee miljoen mense dikwels arbitrêr gevange geneem, dikwels om beweerde politieke, ekonomiese of ander redes. Daar was honderdduisende moorde, marteling en misbruik van politieke teenstanders en gewone burgers. Minstens 200 000 mense het tussen 1948 en 1964 hul lewens verloor as gevolg van kommunistiese onderdrukking in Roemenië.

Gheorghiu-Dej het in 1952 as nasionale kommunis in 'n skynverhoor afgereken met sy mededingers en Moskougesinde kommuniste rondom Ana Pauker. In 1965 is Gheorghiu-Dej oorlede en Nicolae Ceaușescu het die eerste sekretaris van die Roemeense Kommunistiese Party geword. Gelyktydig is 'n nuwe grondwet aangeneem en die landsnaam verander van Volksrepubliek Roemenië in Sosialisties Republiek Roemenië. Twee jaar later, in 1967, is Ceaușescu benoem as staatshoof. Hy het die Dekreet 770 uitgevaardig. Onder sy diktatuur het Roemenië 'n meer onafhanklike koers binne die Oosblok nagestreef. Onder andere is die Warskouverdraglande se 1968-inval in Tsjeggo-Slowakye ter onderdrukking van die Praagse Lente veroordeel en die land het hom nie ingemeng in die konflik tussen die Sowjetunie en die Volksrepubliek China nie. Roemenië het homself ook nie aan die Brezjnef-leerstelling onderwerp nie, waarin aan die Kommunistiese lande van die Oosblok slegs beperkte soewereiniteit toegestaan is. Nietemin is in 1970 die vriendskapsverdrag met die Sowjetunie hernu.

Die Parlementspaleis wat deur Nicolae Ceaușescu laat oprig is

Intussen was Ceaușescu se binnelandse administrasie gekenmerk deur 'n toenemende hardheid teenoor enigiets wat as andersdenkende gedrag beskou kon word. Die diktator het geleidelik sy aanvanklike welwillendheid in die binne- en die buiteland verloor, deels weens sy vrou Elena se strewe na mag en weens die bou van 'n reusagtige paleis (Casa Poporului, "huis van die volk"; nou die Palatul Parlamentului, "Parlementspaleis") in die hoofstad Boekarest, waarvoor hele woongebiede moes verdwyn.

'n Kort tydperk tussen die laat 1960's en die vroeë 1970's het relatiewe ekonomiese voorspoed meegebring wat deur sommiges die "goue era" genoem is. Hierdie tydperk het geleidelik geëindig, eers polities en daarna ekonomies. Sommige partyleiers (soos Ion Iliescu, Corneliu Manescu of Gheorghe Apostol) het aan die einde van hierdie tydperk veranderinge voorgestel, waarna hulle gedegradeer is. Die Roemeense staatskuld het geweldig toegeneem tussen 1977 en 1981: van 3 tot 10 miljard dollar. Die invloed van internasionale finansiële organisasies soos die IMF en die Wêreldbank het gegroei en in konflik gekom met Ceaușescu se outokratiese beleid. Ceaușescu het uiteindelik 'n projek van algehele terugbetaling van die buitelandse skuld begin (voltooi in 1989, net voor sy uitsetting). Om hierdie doel te bereik het hy beleide ingestel wat Roemene laat verarm en die Roemeense ekonomie uitgeput het. Hy het die polisiemag uitgebrei (Securitate) en 'n persoonlikheidskultus ingestel na aanleiding van die Noord-Koreaanse voorbeeld deur die massamedia.

'n Positiewe ontwikkeling in hierdie tydperk was feitlik volledige geletterdheid en die ontwikkeling van 'n doeltreffende onderwysstelsel. Hierdie onderwyshervorming was egter nie gekoppel aan 'n nywerheidsontwikkeling of 'n verstedelikingsbeleid nie, sodat byna die helfte van Roemenië se bevolking steeds in landelike gebiede woon (sowat 47%). Nog 'n verwikkeling was die besproke onttrekking van Sowjettroepe uit Roemenië in 1958. Hierdie onttrekking het dit moontlik gemaak om 'n meer onafhanklike buitelandse beleid te volg, soos byvoorbeeld die veroordeling van die Sowjetgeleide inval in Tsjeggo-Slowakye in 1968 en die voortsetting van Roemeens-Israeliese diplomatieke betrekkinge ná die Sesdaagse Oorlog in 1967 (Roemenië was die enigste Warskouverdragland om dit te doen), ekonomiese (in 1963) en diplomatieke (in 1967) betrekkinge met die Bondsrepubliek Duitsland te vestig, ensovoorts. Roemenië se noue bande met beide Israel en die Arabiese lande (en PLO) het Roemenië toegelaat om 'n noodsaaklike rol in die vredesprosesse tussen sowel Israel en Egipte asook Israel en PLO te speel.

Ceaușescu se onderdrukking het in Desember 1989 uiteindelik tot 'n volksopstand gelei. Dit het in Timișoara uitgebreek nadat die plaaslike bevolking protes aangeteken het teen die gedwonge verplasing van die gewilde dominee László Tőkés. Die proteste het na ander stede versprei en die leër het uiteindelik by die betogers aangesluit. Ceaușescu is afgeset en het saam met sy vrou Elena probeer vlug met hulp van die Securitate. Hulle is egter gevange geneem en ná 'n kort skynverhoor is hulle op Kersdag in 'n binnehof in Târgoviște tereggestel. Die Roemeense Rewolusie was die enigste gewelddadige antikommunistiese rewolusie in Oos-Europa wat in die diktator se teregstelling geëindig en waarskynlik meer as 'n duisend lewens geëis het. Ion Iliescu is direk daarna tot "redder van Roemenië" en later tot president verkies.

Sedert 1990

[wysig | wysig bron]
Roemenië het gedurende die Roemeense betogings in 2017/19 groot golwe van betogings teen regterlike hervormings beleef

Ná die Koue Oorlog het Roemenië sy bande met Wes-Europa versterk ten spyte daarvan dat baie Roemene die land weens ontevredenheid verlaat het. In Mei 1990 het die eerste vrye verkiesings plaasgevind waarin Iliescu tot president verkies is. Volgens die nuwe grondwet, wat in Desember 1991 aanvaar is, is Roemenië 'n demokratiese en parlementêre republiek met 'n verkose President en 'n Eerste Minister, wat aan die Parlement verantwoordelik is. Die politieke en ekonomiese transformasie is soos elders in Oos-Europa as 'n moeilike proses ervaar. Die demokraties verkose regering het hom op die privatisering van die voormalige staatsbedrywe en landhervorming gekonsentreer. Die meeste bedrywe was egter nie meer in staat om op die wêreldmark mee te ding nie, en ook die Roemeense infrastruktuur het geblyk om te swak te wees vir 'n vinnige modernisering van die ekonomie. Die hervormings het dus tot grootskaalse werkloosheid gelei.

In die 1996-verkiesing het Emil Ion vir Constantinescu Iliescu verslaan. Vier jaar later is Iliescu herkies en Adrian Năstase het eerste minister geword. Op 12 Desember 2004 het Traian Băsescu president geword. Sy belofte om korrupsie te beveg deur alle voormalige lede van die Securitate (die Roemeense geheime diens tydens kommunisme) bloot te lê het steun ontvang van die koalisie van Waarheid en Geregtigheid. Dit is gevorm deur sy Demokratiese Party en die Nasionale Liberale Party. Die regering het bestaan uit 'n groter koalisie wat die Humanistiese Party (nou Konserwatiewe Party genoem) en die etniese Hongaarse party UDMR ingesluit het.

Roemenië het in 2004 by die Noord-Atlantiese Verdragsorganisasie (NAVO) aangesluit en in 2007 'n lidstaat van die Europese Unie (EU) geword. Maar omdat die land nie op alle punte aan die toelatingsvereistes voldoen het nie, is dit onder spesiale toesig van die Europese Kommissie geplaas. Die tekortkominge betrek die stryd teen korrupsie en georganiseerde misdaad.[36] Alhoewel die ekonomie begin herstel het, bly naas misdaad werkloosheid, korrupsie, en die gebrekkige onderwysstelsel en gesondheidsorg die grootste vraagstukke. Honderdduisende goed opgeleide Roemene het die land verlaat om 'n beter heenkome in Wes-Europa en oorsee te vind.

In Februarie 2017 het die grootste betogings sedert die 1989-rewolusie plaasgevind. Dit het die Sosiaal-Demokratiese regering onder Sorin Grindeanu geteiken, wat 'n noodbesluit uitgereik het om honderde politici en ander hooggeplaaste amptenare te beskerm teen vervolging oor korrupsie.

In Desember 2017 is die voormalige koning Michael I van Roemenië oorlede. Alhoewel daar sedert 1947 geen koningshuis meer in Roemenië is nie, het dit wel 'n spesiale wetlike en verteenwoordigende status binne die republiek. Sedert die dood van Michael I van Roemenië het sy dogter Margaret van Roemenië nie die titel van koningin aangeneem nie, maar omdat sy nie langer die kroonprinses is nie het sy in oorleg met die regering 'n tussenvorm gekies: bewaarder van die kroon met die predikaat "Haar Majesteit".[37]

Ingevolge die Russiese inval in die buurland Oekraïne sedert 2022 het Roemenië se ligging van strategiese belang geword vir beide die NAVO en die EU. In 2024 is begin met die uitbreiding van die lugmagbasis naby Constanța wat volgens planne die grootste Westerse lugmagbasis op die Europese vasteland sal word. Dié projek streek oor sowat 20 jaar.[38]

Administratiewe streke

[wysig | wysig bron]

Roemenië bestaan uit 41 distrikte (județe) en die munisipaliteit Boekarest. Daarbenewens word die land verdeel in agt ontwikkelingsstreke. Die tradisionele en historiese gebiede is Dobroedsja, Walachye, Moldawië, Transsilvanië en Banaat, maar Banaat kan ook as deel van Transsilvanië beskou word.

Roemenië se 41 streke
Ontwikkelingsstreek Oppervlakte (km²) Bevolking (2011)[39] Mees bevolkte stedelike sentrum[40]
Nord-Vest 34 159 2 600 132 Cluj-Napoca (411 379)
Centru 34 082 2 360 805 Brașov (369 896)
Nord-Est 36 850 3 302 217 Iași (382 484)
Sud-Est 35 762 2 545 923 Constanța (425 916)
Sud-Muntenia 34 489 3 136 446 Ploiești (276 279)
București-Ilfov 1 811 2 272 163 Boekarest (2 272 163)
Sud-Vest Oltenia 29 212 2 075 642 Craiova (356 544)
Vest 32 028 1 828 313 Timișoara (384 809)

Bevolking

[wysig | wysig bron]

Etniese groepe

[wysig | wysig bron]
Die kerk Manastirea Putna
Verspreiding van etniese groepe in Roemenië volgens die 2021-sensus
Amptelike tale in Roemenië en Moldowa volgens die Roemeense Akademie

Meer as 89 persent van die bevolking is etniese Roemene. Die belangrikste etniese minderhede is Hongare (6%), Roma (3,4%), Oekraïners (0,3%) en Duitsers (0,1%). Die data is gebaseer op die jongste 2021-sensus waarin individue 'n etniese groep aangegee het. 13% het nie gereageer nie. Die Romani-bevolking word in amptelike statistieke gewoonlik onderskat en kan moontlik 5–11% van die Roemeense bevolking stel.[4]

Religie

[wysig | wysig bron]

Roemenië is 'n sekulêre staat en het geen staatsgodsdiens nie. Die 2011-sensus toon dat 'n oorweldigende meerderheid van die bevolking hulself as Christene identifiseer: Ortodokse Christene (85,3%) Rooms-Katolieke (4,5%), Protestante (3%), Pinksterbeweging (2,5%) en ander (4,7%).[4]

Volgens die Roemeense grondwet is Roemeens (limba română) die ampstaal van Roemenië. Die Roemeense taal behoort tot die Romaanse tale en is verwant aan Frans, Italiaans, Portugees en Spaans. Roemeens is die belangrikste taal in die land en word deur sowat 91,6 persent van die bevolking gepraat. Hongaars (6,3 persent) en Romani (1,2 persent) is tans die belangrikste minderheidstale.[4] Onder meer as gevolg van die emigrasie na Duitsland het die Duitse taal se aandeel tot sowat 0,3 persent gedaal. Daar is 'n klein Poolssprekende minderheid in die Boekowina, terwyl in die Banat en die noordweste van Transsilvanië ook Slowaaks gepraat word. Ander minderheidstale is Oekraïens (0,3 persent, in die Boekowina en Maramoeresj), Turks (0,2 persent, Dobroedsja, Russies (0,2 persent, veral in die Donaudelta), Tartaars (0,1 persent, Dobroedsja) en kleiner tale (0,3 persent).[41] Die aandeel Roemeenssprekendes neem geleidelik toe.

Ekonomie

[wysig | wysig bron]

In 2024 het Roemenië 'n BBP (PPP) van $817,986 miljard en 'n BBP per kapita (PPP) van $43 179 gehad.[6] Volgens die Wêreldbank is Roemenië 'n ekonomie met 'n hoë inkomste.[42] Volgens Eurostat was Roemenië se BBP per capita (PPS) 80% van die EU-gemiddelde (100%) in 2023. Dit is 'n toename van 44% in 2007 (die jaar van Roemenië se toetreding tot die EU), wat Roemenië een van die ekonomieë maak wat die vinnigste groei in die EU.[43] Volgens die Wêreldbank se 2019-verslag is Roemenië in die 52ste plek uit 190 ekonomieë in die gemak van sake doen, een plek hoër as die buurland Hongarye en een plek laer as Italië.[44]

Ná 1989 het die land 'n dekade van ekonomiese onstabiliteit en agteruitgang beleef. Dit het deels gespruit uit 'n verouderde industriële basis en 'n gebrek aan strukturele hervorming. Van 2000 af is die Roemeense ekonomie egter omskep in 'n ekonomie met 'n relatiewe makro -ekonomiese stabiliteit, gekenmerk deur hoë groei, lae werkloosheid en dalende inflasie. Volgens die Wêreldbank het die BBP per capita in koopkragpariteit gegroei van $13 687 in 2007 tot $28 206 in 2018.[45] Roemenië se gemiddelde maandelikse loon het in 2020 gestyg tot €1 212,[46] en 'n inflasiekoers van -1,1% in 2016.[47] Werkloosheid in Roemenië was in Augustus 2018 op 4,3%, wat laag is in vergelyking met ander EU-lande.[48]

Nywerheidsektor

[wysig | wysig bron]
'n Dacia Sandero (oftewel Renault Sandero), die motorvervaardiger Automobile Dacia is Roemenië se belangrikste uitvoerder

Automobile Dacia, wat in 1966 gestig en genoem is na die Roemeense provinsie Dacia op die gebied van die huidige Roemenië, is in 1999 deur die Franse motorreus Renault oorgeneem en omvattend gemoderniseer. In die eerste dekade van die 21ste eeu het dit tot Roemenië se grootste uitvoerder gegroei. Volgens inkomste is dit Roemenië se grootste maatskappy[49] en die grootste uitvoerder met 8% van die land se totale uitvoere in 2018.[50] Dacia se mees verkoopte motor is die Dacia Sandero (oftewel Renault Sandero) met meer as die helfte van dié maatskappy se verkoopte eenhede.[51]

Handelsvennote

[wysig | wysig bron]

Roemenië se hoofuitvoervennote is Duitsland 19%, Italië 10%, Hongarye 7%, Frankryk 6% en Bulgarye 4% (in 2022). Roemenië se hoofuitvoere is motoronderdele/-toebehore, motors, geïsoleerde drade, geraffineerde petroleum en koring. Met weinig natuurlike hulpbronne om ekonomiese ontwikkeling te onderhou steun Roemenië op ander lande vir meeste van sy grondstowwe; die land voer dus 'n verskeidenheid goedere in. Die land se hoofinvoervennote is Duitsland 17%, Italië 8%, Hongarye 6%, Turkye 6% en Pole 6% (ook in 2022). Roemenië se hoofinvoere is ruolie, motoronderdele/-toebehore, geraffineerde petroleum, verpakte medisyne en motors, asook ander grondstowwe vir sy industrieë. Roemenië se algehele grootste handelsvennote is almal EU-lidlande soos Duitsland, Italië en Hongarye.[4]

Kultuur

[wysig | wysig bron]
George Enescu, die bekendste Roemeense komponis van klassieke musiek
Mihai Eminescu, die bekendste Roemeense digter

Roemenië het 'n vooruitstrewende en diverse kultuur, wat onder meer in argitektuur en artefakte weerspieël word.

Roemene is baie trots op hul ontdekkings en uitvindings. Sommige uitvindings en ontdekkings van die Roemene is die Coandă-effek (Henri Coandă was die "vader" van die moderne vegvliegtuie met 'n straalenjin), insulien (deur Nicolae Paulescu) en die vulpen (deur Petrache Poenaru).

Roemeense literatuur het onlangs 'n bietjie bekendheid verwerf buite die grense van Roemenië (meestal deur vertalings in Duits, Frans en Engels). Sommige moderne Roemeense skrywers het baie gewild geword in Duitsland, Frankryk en Italië, waaronder Eugen Ionescu, Emil Cioran, Mircea Eliade, Mircea Cărtărescu en Linda Maria Baros.

Die ouer klassieke skrywers van die Roemeense literatuur en die Roemeense poësie het ook bekend geword buite Roemenië. Tradisioneel waardeer Roemene poësie meer as Roemeense prosa. Mihai Eminescu, 'n 19de-eeuse digter, is nog steeds baie gewild in Roemenië en hy is ook die "beste Roemeense digter van alle tye" genoem. Die rewolusionêre jaar van 1848 het sy weerklank in die drie vorstedomme gehad, wat gelei het tot die opkoms van 'n nuwe elite in die middel van die negentiende eeu: Mihail Kogălniceanu (skrywer, politikus en die eerste premier van die verenigde Roemenië), Vasile Alecsandri (politikus, dramaturg en digter), Andrei Mureșanu (publisis en skrywer van die Roemeense volkslied) en Nicolae Bălcescu (historikus, skrywer en rewolusionêr).

Die komposisies van Gheorghe Enescu is onder die Roemene bekend. Baie beskou Enescu as hul belangrikste musikant. Die simfonieorkes van Boekarest is genoem na Enescu.[52]

Sport

[wysig | wysig bron]
Die Roemeense nasionale rugbyspan nadat hulle in 2016 die Pershing-trofee ingepalm het
Die Roemeense nasionale sokkerspan in 2014

Oină word as nasionale sport van Roemenië beskou[53] en is verwant aan bofbal.[54] Sokker is die gewildste sportsoort in Roemenië en die Roemeense nasionale sokkerspan het tot dusver sewe keer aan die FIFA Sokker-Wêreldbeker deelgeneem. Hulle het hul beste prestasie tydens die 1990's opgelewer en tydens die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1994 die kwarteindrondte bereik. FC Steaua Boekarest is die suksesvolste klub in die Roemeense Liga I en het meer bekers as enige ander Roemeense klub ingepalm. Van die bekendste en suksesvolste Roemeense sokkerspelers is Nicolae Dică, Gheorghe Hagi en Adrian Mutu.

Tennis is die tweede gewildste sportsoort.[55] Roemenië het die Davis-bekereindstryd drie keer gehaal, in 1969, 1971 en 1972.[56] In enkels was Ilie Năstase die eerste nommereenspeler op die ATP-ranglys in 1973 wat verskeie Grand Slam-toernooititels kon wen. Virginia Ruzici kon ook die Franse Ope in 1978 wen en was die naaswenner in 1980, Simona Halep het die Franse Ope in 2018 gewen en Wimbledon in 2019 nadat sy haar eerste drie Grand Slam-eindstryde verloor het. Sy het die jare 2017 en 2018 in die eerste plek op die WTA-ranglys afgesluit. In dubbels kon Horia Tecău drie toernooititels en een ATP-eindstryd wen. Hy was in 2015 die wêreld se nommer twee.[57]

Ander gewilde sportsoorte sluit in tennis, handbal, basketbal en rugby. Die Roemeense nasionale rugbyspan het tot dusver vir byna elke rugbywêreldbekertoernooi gekwalifiseer, maar nog nie tot die uitklopfase deurgedring nie. Roemenië is, saam met België en Spanje, nadat hulle tydens die kwalifisering vir die Rugbywêreldbeker 2019 ongeskikte spelers ingespan het, vir elke wedstryd met hierdie spelers met puntaftrekking beboet.[58][59] Vervolgens kon die drie spanne nie vir die 2019-toernooi kwalifiseer nie; vir Roemenië die enigste toernooi tot dusver wat hulle misgeloop het. Hulle behoort tot die sterkste Europese spanne buite die Sesnasies-toernooi en staan bekend as "die Eike" (Stejarii). Roemenië ding in die Europese Rugbykampioenskap met ander opkomende rugbyspanne mee. Sedert 2002 ding Georgië en Roemenië om die Antimbeker mee; dié beker is na die Metropolis van Moentenië en Dobroedja van die Roemeens-Ortodokse Kerk, die Georgiër Antim Iverianul, genoem. Sedert 2021 ding Rusland en Roemenië om die Kiseleffbeker mee; dié beker is genoem na die hertog Pawel Kiseleff, 'n Rus wat die eerste grondwette van beide Walachye en Moldawië (hedendaagse Roemenië en Moldowa) beïnvloed het.[60]

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. (en) Elgie, Robert (28 November 2017). Political Leadership: A Pragmatic Institutionalist Approach. Springer. ISBN 978-1-137-34622-3 – via Google Books.
  2. (en) Romania Directory. Editura Cronos. 1 April 1990. ISBN 9789739000000 – via Google Books.
  3. (ro) "DECRET-LEGE 2 27/12/1989 – Portal Legislativ". legislatie.just.ro.
  4. 4,0 4,1 4,2 4,3 4,4 4,5 4,6 (en) "Romania". Central Intelligence Agency. Besoek op 4 September 2024.
  5. (ro) "2021 Romanian Census (preliminary results)" (PDF). INSSE. Besoek op 4 September 2024.
  6. 6,0 6,1 6,2 6,3 6,4 (en) "Romania". Internasionale Monetêre Fonds. April 2024. Besoek op 4 September 2024.
  7. (en) "Human Development Report 2023/2024" (PDF). United Nations Development Programme. 13 Maart 2024. Besoek op 4 September 2024.
  8. (en) "Gini coefficient of equivalised disposable income – EU-SILC survey". Eurostat. Besoek op 4 September 2024.
  9. (ro) "Explanatory Dictionary of the Romanian Language, 1998; New Explanatory Dictionary of the Romanian Language, 2002". Dexonline.ro. Besoek op 4 September 2024.
  10. (it) Cl. Isopescu (1929). "Notizie intorno ai romeni nella letteratura geografica italiana del Cinquecento". Bulletin de la Section Historique. XVI: 1–90.
  11. (ro) Maria Holban (1983). Călători străini despre Țările Române. Vol. II. Ed. Științifică și Enciclopedică. pp. 158–161.
  12. (ro) Paul Cernovodeanu (1960). "Voyage fait par moy, Pierre Lescalopier l'an 1574 de Venise a Constantinople, fol 48". Studii și Materiale de Istorie Medievală. IV: 444.
  13. (en) Maria Iliescu (26 Mei 2021), History of the Romanian Lexicon, Oxford University Press, doi:10.1093/acrefore/9780199384655.013.471, ISBN 978-0-19-938465-5, https://oxfordre.com/linguistics/display/10.1093/acrefore/9780199384655.001.0001/acrefore-9780199384655-e-471, besoek op 4 September 2024 
  14. (en) Romanian Statistical Yearbook 2017 (Report). Nasionale Statistiekinstituut. 2018. pp. 17. https://insse.ro/cms/sites/default/files/field/publicatii/anuarul_statistic_al_romaniei_carte_en.pdf. Besoek op 4 September 2024. 
  15. (en) "Romania: Climate". Biblioteek van die VSA-kongres. Besoek op 4 September 2024.
  16. (en) Romanian Statistical Yearbook 2017 (Report). Nasionale Statistiekinstituut. 2018. pp. 11. https://insse.ro/cms/sites/default/files/field/publicatii/anuarul_statistic_al_romaniei_carte_en.pdf. Besoek op 4 September 2024. 
  17. (en) "Romania's Biodiversity". Departement van Waters, Woude en Omgewingsbeskerming. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 10 Februarie 2008. Besoek op 10 Februarie 2008.
  18. (en) "Protected Areas in Romania". Departement van Waters, Woude en Omgewingsbeskerming. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 17 November 2007. Besoek op 17 November 2007.
  19. (en) "Romania". Voedsel- en Landbou-organisasie. Besoek op 4 September 2024.
  20. 20,0 20,1 (ro) "Flora si fauna salbatica". Departement van Waters, Woude en Omgewingsbeskerming. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Februarie 2009. Besoek op 23 Februarie 2009.
  21. (en) "EarthTrends: Biodiversity and Protected Areas – Romania" (PDF). Earthtrends. Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 26 September 2007. Besoek op 26 September 2007.
  22. (en) "Bears Status Survey and Conservation Action Plan" (PDF). IUCN/SSC Canid Specialist Group. Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 23 September 2015. Besoek op 23 September 2015.
  23. (en) "Canids: Foxes, Wolves, Jackals and Dogs. Status Survey and Conservation Action Plan" (PDF). IUCN/SSC Canid Specialist Group. Besoek op 4 September 2024.
  24. 24,0 24,1 (en) "Danube Delta". Unesco. Besoek op 4 September 2024.
  25. (en) "Danube Delta Reserve Biosphere". Departement van Waters, Woude en Omgewingsbeskerming. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 26 April 2005. Besoek op 26 April 2005.
  26. (en) Ellen Wohl (2010). A World of Rivers: Environmental Change on Ten of the World's Great Rivers. University of Chicago Press. p. 130. ISBN 978-0-226-90480-1. Besoek op 4 September 2024.
  27. (en) Ion Grumeza (2009). "Dacia: Land of Transylvania, Cornerstone of Ancient Eastern Europe". p. 55.
  28. (en) "The Roman Empire at Bay, AD 180–395,". David S. Potter. 2004. p. 266. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 5 Maart 2016. Besoek op 5 Maart 2016.
  29. (en) Charles King (2000). "From Principality to Province". The Moldovans: Romania, Russia, and the politics of culture. Hoover Press. pp. 33–35. ISBN 0-8179-9792-X. Besoek op 4 September 2024.
  30. (en) Mitrasca, Marcel (2002). "Introduction". Moldova: a Romanian province under Russian rule: diplomatic history from the archives of the great powers. Algora Publishing. p. 13. ISBN 1-892941-86-4. Besoek op 4 September 2024.
  31. (en) Wayne S. Vucinich, Bessarabia In: Collier's Encyclopedia (Crowell Collier and MacMillan Inc., 1967) vol. 4, bl. 103
  32. (en) Olson, James (1994). An Ethnohistorical Dictionary of the Russian and Soviet Empires. p. 483.
  33. (en) The International Commission on the Holocaust in Romania: Final Report.
  34. (en) Tismăneanu Report, bl. 748-749
  35. (nl) "Ook Roemeens Grondwettelijk Hof erkent voorrang Europees recht niet". knack. 24 Desember 2021. Besoek op 4 September 2024.
  36. (nl) "Vaccinatie voor Roemeense kroonbewaarder Margareta". Blauw Bloed. 26 Januarie 2021. Besoek op 4 September 2024.
  37. (en) Nick Thorpe (23 Junie 2024). "Romanian village set to become Nato's biggest airbase in Europe". BBC. Besoek op 4 September 2024.
  38. (ro) "2011 Regions Population". Nasionale Statistiekinstituut. 4 Julie 2013. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 29 September 2013. Besoek op 29 September 2013.
  39. (ro) "Population at 20 October 2011". Nasionale Statistiekinstituut. 5 Julie 2013. Besoek op 5 Julie 2013. [dooie skakel]
  40. (ro) Sensus 2002 Geargiveer 24 April 2006 op Wayback Machine
  41. (en) "World Bank Country and Lending Groups". Wêreldbank. Besoek op 4 September 2024.
  42. (en) "GDP per capita in PPS". ec.europa.eu/eurostat. Eurostat. Besoek op 18 November 2024.
  43. (en) "Explore Economies". Wêreldbank. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 4 Januarie 2022. Besoek op 4 Januarie 2022.
  44. (en) "GDP per capita, PPP (current international $) – Romania". data.worldbank.org. Wêreldbank. Besoek op 4 September 2024.
  45. (en) "Monthly average salary in Romania" (PDF). INSSE. Besoek op 4 September 2024.
  46. (en) "Eurostat, HICP – monthly data (12-month average rate of change)". Eurostat. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 5 Maart 2017. Besoek op 5 Maart 2017.
  47. (ro) Nasionale Statistiekinstituut (31 Januarie 2017). "In January 2017, the seasonally adjusted unemployment rate was estimated at 5.4%". Persberig. http://www.insse.ro/cms/sites/default/files/com_presa/com_pdf/somaj_bim_ian17e.pdf. Besoek op 5 Maart 2017. 
  48. (ro) Dana Ciriperu (18 Augustus 2015). "Topul celor mai mari corporaţii din lume. Doar o treime din cele mai mari 100 sunt prezente şi local. Fiecare din primele şapte are venituri mai mari decât cifra de afaceri totală a companiilor din România". Ziarul Financiar. Besoek op 4 September 2024.
  49. (en) "Automobile Dacia, still the most profitable company in Romania – turnover of EUR 4.24 bn in 2014". Romania Journal. 7 Mei 2015. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Augustus 2017. Besoek op 21 Augustus 2017.
  50. (de) "Dacia auf Erfolgskurs: Marke fährt unter Top 3 im europäischen Privatkundenmarkt". Automobile Dacia. Besoek op 4 September 2024.
  51. (en) Pascal Bentoiu (1910). "George+Enescu"+Translator%27s+Foreword&pg=PR6&redir_esc=y#v=onepage&q="George%20Enescu"%20Translator's%20Foreword&f=false Masterworks of George Enescu. Scarecrow Press. p. 6. Besoek op 4 September 2024.
  52. (ro) "Oina – sportul naţional uitat". Adevărul Holding. 18 September 2010. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 3 Maart 2016. Besoek op 3 Maart 2016.
  53. (en) Diana Mesesan (16 Januarie 2017). "The forgotten Romanian national sport that may have inspired baseball". Vereniging vir Amerikaanse bofbalnavorsing. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Junie 2020. Besoek op 9 Junie 2020.
  54. (ro) Adrian Ilincescu (13 Junie 2014). "Studiu IRES: Fotbalul, cel mai iubit sport in Romania; Simona Halep, locul patru in clasamentul celor mai mari sportivi romani ai tuturor timpurilor". Golazo. Besoek op 4 September 2024.
  55. (en) "Romania". Davis-beker. Besoek op 4 September 2024.
  56. (en) "Horia Tecau". ATP World Tour. Besoek op 4 September 2024.
  57. (en) "Independent Appeal Committee decision regarding Romania and Spain". Wêreldrugby. 6 Junie 2018. Besoek op 4 September 2024.
  58. (en) "Russia handed 2019 World Cup spot". ESPNscrum. 15 Mei 2018. Besoek op 4 September 2024.
  59. (ro) "CUPA KISELEFF, TROFEU CE VA FI PUS ÎN JOC LA MECIURILE DINTRE ROMÂNIA ȘI RUSIA". Federația Română de Rugby. 3 Maart 2021. Besoek op 4 September 2024.

Bronnelys

[wysig | wysig bron]

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]