Rugbywêreldbeker 1999
Rugbywêreldbeker 1999 | |
Toernooibesonderhede | |
---|---|
Gasheer | Wallis (nominaal) Engeland Frankryk Ierland Skotland |
Datums | 1 Oktober – 6 November |
Aantal nasies | 20 (65 kwalifiseer) |
Finale posisies | |
Kampioen | Australië |
Naaswenner | Frankryk |
Derde plek | Suid-Afrika |
Toernooistatistiek | |
Wedstryde | 41 |
Bywoning | 1 750 000 (gem. 42 683 per wedstryd) |
Drieë | 242 (gemiddeld 5.9 per wedstryd) |
Meeste punte | Gonzalo Quesada (102)[1] |
Meeste drieë | Jonah Lomu (8)[2] |
← 1995
|
2003 →
|
Die Rugbywêreldbeker 1999 (Engels: 1999 Rugby World Cup; Frans: Coupe du monde de rugby à XV 1999; Iers-Gaelies: Corn Rugbaí an Domhain 1999; Skots-Gaelies: Cupa Rugbaidh an t-Saoghail 1999; Wallies: Cwpan Rygbi'r Byd 1999) is van 1 Oktober tot 6 November 1999 in Wallis (nominale gasheer), Engeland, Skotland, Frankryk en Ierland, die destydse Vyfnasies, beslis. Dit was die vierde rugbywêreldbekertoernooi van die vierjaarlikse rugbywêreldkampioenskap wat deur die Internasionale Rugbyraad (IRR; nou Wêreldrugby) aangebied word en die tweede in Europa. Al die gashere het ook die Rugbywêreldbeker 1991 gemeenskaplik gehuisves. Dit was die eerste rugbywêreldbekertoernooi in dié sport se professionele era, nadat die IRR ná die Rugbywêreldbeker 1995 met die professionalisering van dié sport begin het.
Die Rugbywêreldbeker 1999 was die eerste toernooi met 20 deelnemende nasionale rugbyspanne, teenoor die 16 van die eerste drie rugbywêreldbekertoernooie. Die nominale gasheer Wallis, die verdedigende kampioen Suid-Afrika, die naaswenner Nieu-Seeland en die derde-plek-span Frankryk het regstreeks vir die toernooi gekwalifiseer, saam met die 16 beste spanne van die kwalifisering (Argentinië, Australië, Engeland, Fidji, Ierland, Italië, Japan, Kanada, Namibië, Roemenië, Samoa, Skotland, Spanje, Tonga, Uruguay en die Verenigde State). Tydens die 1999-toernooi is 41 wedstryde gespeel, waaronder 24 tydens die groepfase, drie tydens die uitspeelrondte en agt tydens die uitklopfase, insluitende die eindstryd. Die spanne is in vyf groepe van vier elk verdeel, waarvan elke span een keer teen al die ander spanne van die groep gespeel het. Die beste span van elke groep het hierna vir die kwarteindrondte gekwalifiseer, terwyl die naaswenners en die voorste derde-plek-span tydens die uitspeelrondte om die oorblywende drie plekke van die kwarteindrondte meegeding het. Die spanne wat tot die kwarteindrondte gevorder het, het regstreeks vir die volgende Rugbywêreldbeker 2003 in Australië gekwalifiseer.
Australië het die eindstryd op Millennium-stadion in Cardiff teen Frankryk met 35–12 gewen en sodoende sy tweede rugbywêreldbekertitel ingepalm, die eerste span wat daarin geslaag het. Hulle het ook die eerste span geword wat dié titel ingepalm het nadat hulle vir die toernooi moes kwalifiseer.[3] Die verdedigende kampioen Suid-Afrika het in die derde en Nieu-Seeland in die vierde plek geëindig. Die halfeindwedstryd wat Frankryk teen Nieu-Seeland met 43–31 gewen het, word as een van die beste wedstryde in die rugbywêreldbekergeskiedenis beskou.[4] Interessant genoeg is die Krieketwêreldbeker 1999 op ’n soortgelyke manier deur vyf Europese lande aangebied (met Nederland pleks van Frankryk) en ook deur Australië gewen, die eerste land wat dit tot dusver kon vermaak om albei wêreldbekertoernooie in dieselfde jaar te wen. Vir Frankryk was dit saam met die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1998 een van twee groot sportkompetisies binne twee jaar en interessant genoeg het die onderskeidelike nasionale spanne die wêreldbekereindstryde in twee van Frankryk se gewildste sportsoorte gehaal; albei behoort tot die mees gesiene sportgeleenthede ter wêreld.
As gevolg van die uitgebreide aantal spanne wat aan die Rugbywêreldbeker 1999 kon deelneem, het dié toernooi met drie nuwelinge die meeste debutante sedert die eerste 1987-toernooi gesien. Die nasionale rugbyspanne van Namibië, Spanje en Uruguay het vir die eerste keer aan ’n rugbywêreldbekertoernooi deelgeneem, maar al drie spanne is reeds in die groepfase uitgeskakel. Tydens hierdie toernooi het die Suid-Afrikaanse losskakel Jannie de Beer tydens die kwarteindwedstryd teen Engeland vyf skepskoppe oorgeskop – ’n Suid-Afrikaanse toetsrekord. Die Rugbywêreldbeker 1999 het ook die opkoms van Namibië, wat sedertdien vir elke rugbywêreldbekertoernooi kon kwalifiseer, gesien.[5]
Toewysing
[wysig | wysig bron]Die Rugbywêreldbeker 1999 is deur die IRR aan die vyf rugbylande toegewys, wat destyds jaarliks om die Vyfnasies-beker meegeding het. Die Walliese Rugbyunie het met die ander Vyfnasies-beheerliggame ooreengekom om van die wedstryde in Engeland, Frankryk, Ierland en Skotland aan te bied. Die nuwe Millennium-stadion in Cardiff was die kern van die Walliese bod, met boukoste van sowat £126 miljoen wat deur ’n lotto-insameling en private beleggings gedek is.[6]
Deelnemers
[wysig | wysig bron]Die volgende 20 spanne het vir die Rugbywêreldbeker 1999 gekwalifiseer: Die nominale gasheer Wallis, die verdedigende kampioen Suid-Afrika, die naaswenner Nieu-Seeland en die derde plek Frankryk het regstreeks gekwalifiseer. Om die oorblywende 16 plekke het tydens die kwalifiseringsrondte 65 nasionale rugbyspanne meegeding, ’n nuwe rekord. Die nasionale rugbyspanne van Namibië, Spanje en Uruguay het vir die eerste keer vir ’n rugbywêreldbekertoernooi gekwalifiseer en saam met Fidji, wat die vorige 1995-toernooi in Suid-Afrika misgeloop het, by die 16-span-lys van die Rugbywêreldbeker 1995 aangesluit om sodoende die 20-span-lys vir die Rugbywêreldbeker 1999 te vorm.
Span | Kwalifiseringmetode | Verskynings by eindstryde | Laaste verskyning | Vorige beste prestasie | Groep |
---|---|---|---|---|---|
Wallis | Nominale gasheer | Vierde | 1995 | Derde plek (1987) | D |
Suid-Afrika | Regstreeks | Tweede | 1995 | Kampioen (1995) | A |
Nieu-Seeland | Vierde | 1995 | Kampioen (1987) | B | |
Frankryk | Vierde | 1995 | Naaswenner (1987) | C | |
Argentinië | Kwalifiseringsrondte | Vierde | 1995 | Groepfase (1987, 1991, 1995) | D |
Australië | Vierde | 1995 | Kampioen (1991) | E | |
Engeland | Vierde | 1995 | Naaswenner (1991) | B | |
Fidji | Derde | 1991 | Kwarteindrondte (1987) | C | |
Ierland | Vierde | 1995 | Kwarteindrondte (1987, 1991, 1995) | E | |
Italië | Vierde | 1995 | Groepfase (1987, 1991, 1995) | B | |
Japan | Vierde | 1995 | Groepfase (1987, 1991, 1995) | D | |
Kanada | Vierde | 1995 | Kwarteindrondte (1991) | C | |
Namibië | Eerste | – | Debuut | C | |
Roemenië | Vierde | 1995 | Groepfase (1987, 1991, 1995) | E | |
Samoa | Derde | 1995 | Kwarteindrondte (1991, 1995) | D | |
Skotland | Vierde | 1995 | Vierde plek (1991) | A | |
Spanje | Eerste | – | Debuut | A | |
Tonga | Derde | 1995 | Groepfase (1987, 1995) | B | |
Uruguay | Eerste | – | Debuut | A | |
Verenigde State | Derde | 1995 | Groepfase (1987, 1991) | E |
Stadions
[wysig | wysig bron]Kern van die Walliese bod vir die Rugbywêreldbeker 1999 was die nuwe Millennium-stadion in Cardiff, wie se boukoste 126 miljoen pond beloop het.[7] Wallis het egter slegs nege van die 41 wedstryde gehuisves, nadat die Walliese Rugbyunie met sy eweknieë van Engeland, Frankryk, Ierland en Skotland ooreengekom het om wedstryde in die vier ander lande aan te bied.
Die Rugbywêreldbeker 1999 is derhalwe deur Wallis, Engeland, Frankryk, Ierland en Skotland saam aangebied, en wedstryde is regoor dié vyf lande gehou. Al die Groep A-wedstryde is in Skotland aangebied, Groep B-wedstryde in Engeland, Groep C-wedstryde in Frankryk, Groep D-wedstryde in Wallis en Groep E-wedstryde in Ierland. Die uitspeelrondte vir die kwarteindrondte en die kwarteindrondte self is in drie verskeie stadions gehuisves, die halfeindrondte is op Twickenham in Londen aangebied. Beide die bronseindstryd en die eindstryd is op die nuut opgerigte Millennium-stadion in Cardiff aangebied, wat langs die Nasionale Stadion in Cardiff Arms Park opgerig is.
Van die Engelse stadions is Twickenham en Welford Road (albei rugbystadions), asook Ashton Gate in Bristol en Kirklees in Huddersfield, wat gewoonlik sokker aanbied, gebruik. Skotse stadions sluit in Murrayfield, tuiste van die Skotse Rugbyunie; Hampdenpark, tuiste van die Skotse Sokkerassosiasie; en die kleinste stadion van die Rugbywêreldbeker 1999: Netherdale in Galashiels, Scottish Borders. Stadions in Ierland is Lansdowne Road, die tradisionele setel van die Ierse Rugbyvoetbalunie, asook Ravenhill en Thomondpark. In Frankryk is vyf stadions gebruik, die meeste van die vyf gashere, insluitende die Franse nasionale stadion, Stade de France, wat die eindstryd van beide die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1998 en die Rugbywêreldbeker 2007 aangebied het. Die nominale gasheer Wallis het drie stadions vir die toernooi gebruik: Die Millennium-stadion in Cardiff, Racecourse Ground in Wrexham en Stradeypark in Llanelli.
Formaat
[wysig | wysig bron]Die Rugbywêreldbeker 1999 is oor 35 dae tussen 20 verskillende spanne oor 41 wedstryde beslis. Dit het op 1 Oktober 1999 op Millenium in Cardiff met die openingswedstryd tussen die nominale gasheer Wallis en Argentinië afgeskop. Die toernooi het geëindig by dieselfde stadion op 6 November met die eindstryd tussen Australië en Frankryk, waartydens die Wallabies die Webb Ellis-beker ingepalm het.
Kalender
[wysig | wysig bron]Die volgende tabel dui die Rugbywêreldbeker 1999 se daaglikse program aan. ’n Rooi blokkie dui op beide die openings- en sluitingseremonie, ’n pers blokkie op wedstryde tydens die groepfase, ’n siaan blokkie op die uitspeelrondte, ’n groen blokkie op wedstryde tydens die uitklopfase, ’n blou blokkie op die bronseindstryd en ’n geel blokkie op die eindstryd.
|
|
Groepe
[wysig | wysig bron]Groep A | Groep B | Groep C | Groep D | Groep E |
---|---|---|---|---|
Die groepwedstryde is onder die vyf gashere soos volg verdeel:
- Groep A is in Skotland aangebied
- Groep B is in Engeland aangebied
- Groep C is in Frankryk aangebied
- Groep D is in Wallis aangebied
- Groep E is in Ierland aangebied
Groepfase
[wysig | wysig bron]Vir die eerste keer het 20 nasionale rugbyspanne aan ’n rugbywêreldbekertoernooi deelgeneem en hulle is in vyf groepe van vier elk verdeel; elke span het een wedstryd teen elk van die ander spanne in dieselfde groep gespeel, dus het elke span drie wedstryde in die groepfase gespeel. Drie punte is vir ’n oorwinning toegeken, twee vir ’n gelykop en een vir ’n nederlaag: spanne wat met dieselfde aantal punte geëindig het, is volgens die punte wat total aangeteken is gerangskik.
Klassifisering binne elke groep was gegrond op die volgende puntestelsel:
- Drie wedstrydpunte vir ’n oorwinning;
- Twee vir ’n gelykop;
- Een vir ’n nederlaag.
Aan die einde van die groepfase is die spanne gerangskik van die eerste na die vierde posisie, gegrond op versamelde wedstrydpunte, met die beste spanne wat na die kwarteindrondte deurgedring het. Die naaswenners en die voorste derde-plek-span van die groepfase het tydens die uitspeelrondte om die drie oorblywende plekke meegeding. As twee spanne gelyk op punte was, is die rangorde deur die punte wat total aangeteken is bepaal.
Uitklopfase
[wysig | wysig bron]Van die begin van dié fase af het die toernooi ’n uitklopformaat aangeneem wat uit agt wedstryde bestaan het: vier kwarteindstryde, twee halfeindstryde, ’n derdeplekwedstryd en die eindstryd.
Die wenner van elk van die groepe het saam met die wenners van die uitspeelrondte na die uitklopfase deurgedring. Hulle het saam met die wenner van die groepfase wat die minste punte behaal het, die wenners van ’n ander groep in die kwarteindrondte ontmoet. Spanne van dieselfde groep sou dus eers weer in óf die bronseindstryd óf die eindstryd kon ontmoet het.
Elke wedstryd in die uitklopfase moes met ’n oorwinning vir een van die spanne eindig. As daar ná tagtig minute van gewone spel ’n gelykopuitslag was, is daar verder gespeel om te bepaal wie die wenner is. Aanvanklik is daar twee periodes van ekstra tyd gespeel, tien minute in elke rigting: as daar dan steeds geen wenner was nie, is daar vir tien minute gespeel in ’n uitklopformaat, waar die eerste span wat daarin geslaag het om punte aan te teken, gewen het. As daar steeds nie ’n wenner was ná 110 minute nie is die wenner bepaal deur ’n stelskopkompetisie.
1999-effek op 2003-kwalifisering
[wysig | wysig bron]Die agt spanne wat tot die kwarteindrondte gevorder het, het regstreeks vir die volgende Rugbywêreldbeker 2003 in Australië gekwalifiseer. Hulle was Argentinië, Australië, Engeland, Frankryk, Nieu-Seeland, Skotland, Suid-Afrika en Wallis.
Wedstrydbeamptes
[wysig | wysig bron]’n Paneel van 16 skeidsregters is vir die toernooi ingespan.
|
Wedstryde
[wysig | wysig bron]Kwalifiseer vir die kwarteindrondte én regstreeks vir die Rugbywêreldbeker 2003. |
Kwalifiseer vir die uitspeelrondte, maar loop regstreekse kwalifisering vir die Rugbywêreldbeker 2003 mis. |
Uit die toernooi geskakel én loop regstreekse kwalifisering vir die Rugbywêreldbeker 2003 mis. |
Die wedstryde is in drie fases opgedeel, naamlik die groep-, die uitspeel- en die uitklopfase.
Groepfase
[wysig | wysig bron]20 spanne het aan die groepfase deelgeneem. Die eerste spanne en beste naaswenners in elke groep het na die uitklopfase deurgedring.
Groep A
[wysig | wysig bron]Span | S | W | G | V | P v | P t | +/− | D v | P |
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Suid-Afrika | 3 | 3 | 0 | 0 | 132 | 35 | +97 | 18 | 9 |
Skotland | 3 | 2 | 0 | 1 | 120 | 58 | +62 | 15 | 7 |
Uruguay | 3 | 1 | 0 | 2 | 42 | 97 | –55 | 4 | 5 |
Spanje | 3 | 0 | 0 | 3 | 18 | 122 | –104 | 0 | 3 |
2 Oktober 1999 | Uruguay | 27–15 | Spanje | Netherdale, Galashiels, Skotland | |
14:00 (BST) | Drieë: Diego Ormaechea, Strafdrie, Alfonso Cardoso, Juan Menchaca Doelskoppe: Diego Aguirre, Federico Sciarra Strafdoel: Diego Aguirre |
Verslag | Strafdoele: Andriy Kovalenco (5) | Bywoning: 3 761 Skeidsregter: Chris White (Eng) | |
|
3 Oktober 1999 | Skotland | 29–46 | Suid-Afrika | Murrayfield, Edinburg, Skotland | |
16:00 (BST) | Drieë: Martin Leslie, Alan Tait Doelskoppe: Kenny Logan (2) Strafdoele: Kenny Logan (4) Skepdoel: Gregor Townsend |
Verslag | Drieë: Ollie le Roux, Deon Kayser, Joost van der Westhuizen, Robbie Fleck, André Venter, Brendan Venter Doelskoppe: Jannie de Beer (5) Strafdoele: Jannie de Beer (2) |
Bywoning: 57 612 Skeidsregter: Colin Hawke (NZL) | |
8 Oktober 1999 | Skotland | 43–12 | Uruguay | Murrayfield, Edinburg, Skotland | |
15:00 (BST) | Drieë: Robbie Russell, Gary Armstrong, Glenn Metcalfe, Martin Leslie, Gordon Simpson, Gregor Townsend Doelskoppe: Kenny Logan (5) Strafdoel: Kenny Logan |
Verslag | Strafdoele: Diego Aguirre (3), Federico Sciarra | Bywoning: 9 463 Skeidsregter: Stuart Dickinson (Aus) | |
10 Oktober 1999 | Suid-Afrika | 47–3 | Spanje | Murrayfield, Edinburg, Skotland | |
16:00 (BST) | Drieë: André Vos (2), Anton Leonard, Strafdrie, Pieter Muller, Bobby Skinstad, Werner Swanepoel Doelskoppe: Jannie de Beer (6) |
Verslag | Strafdoel: Velazco Querol | Bywoning: 4 769 Skeidsregter: Paul Honiss (NZL) | |
|
15 Oktober 1999 | Suid-Afrika | 39–3 | Uruguay | Hampdenpark, Glasgow, Skotland | |
16:00 (BST) | Drieë: Albert van den Berg (2), Joost van der Westhuizen, Deon Kayser, Robbie Fleck Doelskoppe: Jannie de Beer (4) Strafdoele: Jannie de Beer (2) Kaart: Brendan Venter 40' |
Verslag | Strafdoel: Diego Aguirre | Bywoning: 3 000 Skeidsregter: Peter Marshall (Aus) | |
|
16 Oktober 1999 | Skotland | 48–0 | Spanje | Murrayfield, Edinburg, Skotland | |
14:00 (BST) | Drieë: Cameron Mather (2), James McLaren, Shaun Longstaff, Duncan Hodge, Cameron Murray, Strafdrie Doelskoppe: Duncan Hodge (5) Strafdoel: Duncan Hodge |
Verslag | Bywoning: 17 593 Skeidsregter: Clayton Thomas (Wal) | ||
|
Groep B
[wysig | wysig bron]Span | S | W | G | V | P v | P t | +/− | D v | P |
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Nieu-Seeland | 3 | 3 | 0 | 0 | 176 | 28 | +148 | 22 | 9 |
Engeland | 3 | 2 | 0 | 1 | 184 | 47 | +137 | 22 | 7 |
Tonga | 3 | 1 | 0 | 2 | 47 | 171 | –124 | 4 | 5 |
Italië | 3 | 0 | 0 | 3 | 35 | 196 | –161 | 2 | 3 |
2 Oktober 1999 | Engeland | 67–7 | Italië | Twickenham, Londen, Engeland | |
16:00 (BST) | Drieë: Jonny Wilkinson, Richard Hill, Dan Luger, Neil Back, Phil de Glanville, Martin Corry, Matt Dawson, Matt Perry Doelskoppe: Jonny Wilkinson (6) Strafdoele: Jonny Wilkinson (5) |
Verslag | Drie: Diego Domínguez Strafdoel: Diego Domínguez Kaarte: Massimo Giovanelli 55' tot 65', Alessandro Moscardi 65' tot 75', Luca Martin 76' tot 80+' |
Bywoning: 70 000 Skeidsregter: André Watson (RSA) | |
|
3 Oktober 1999 | Nieu-Seeland | 45–9 | Tonga | Ashton Gate, Bristol, Engeland | |
14:00 (BST) | Drieë: Jonah Lomu (2), Byron Kelleher, Norm Maxwell, Josh Kronfeld Doelskoppe: Andrew Mehrtens (4) Strafdoele: Andrew Mehrtens (4) |
Verslag | Strafdoele: Josh Taumalolo (3) | Bywoning: 22 000 Skeidsregter: Derek Bevan (Wal) | |
9 Oktober 1999 | Engeland | 16–30 | Nieu-Seeland | Twickenham, Londen, Engeland | |
15:30 (BST) | Drie: Phil de Glanville Doelskop: Jonny Wilkinson Strafdoele: Jonny Wilkinson (3) |
Verslag | Drieë: Byron Kelleher, Jeff Wilson, Jonah Lomu Doelskoppe: Andrew Mehrtens (3) Strafdoele: Andrew Mehrtens (3) |
Bywoning: 73 500 Skeidsregter: Peter Marshall (Aus) | |
|
10 Oktober 1999 | Italië | 25–28 | Tonga | Welford Road, Leicester, Engeland | |
18:00 (BST) | Drie: Alessandro Moscardi Doelskop: Diego Domínguez Strafdoele: Diego Domínguez (6) |
Verslag | Drieë: Taunaholo Taufahema, 'Isileli Fatani, Sateki Tuipulotu Doelskoppe: Sateki Tuipulotu (2) Strafdoele: Sateki Tuipulotu (2) Skepdoel: Sateki Tuipulotu |
Bywoning: 10 244 Skeidsregter: David McHugh (Irl) | |
|
14 Oktober 1999 | Nieu-Seeland | 101–3 | Italië | McAlpine, Huddersfield, Engeland | |
12:00 (BST) | Drieë: Jeff Wilson (3), Glen Osborne (2), Jonah Lomu (2), Taine Randell, Tony Brown, Christian Cullen, Mark Hammett, Daryl Gibson, Scott Robertson, Dylan Mika Doelskoppe: Tony Brown (11) Strafdoele: Tony Brown (3) |
Verslag | Strafdoel: Diego Domínguez | Bywoning: 22 032 Skeidsregter: Jim Fleming (Sko) | |
|
15 Oktober 1999 | Engeland | 101–10 | Tonga | Twickenham, Londen, Engeland | |
12:00 (BST) | Drieë: Jeremy Guscott (2), Phil Greening (2), Dan Luger (2), Austin Healey (2), Will Greenwood (2), Matt Dawson, Matt Perry, Richard Hill Doelskoppe: Paul Grayson (12) Strafdoele: Paul Grayson (4) |
Verslag | Drie: Tevita Tiueti Doelskop: Sateki Tuipulotu Strafdoel: Sateki Tuipulotu Kaart: Ngalu Taufo’ou 35' |
Bywoning: 73 000 Skeidsregter: Wayne Erickson (Aus) | |
|
Groep C
[wysig | wysig bron]Span | S | W | G | V | P v | P t | +/− | D v | P |
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Frankryk | 3 | 3 | 0 | 0 | 108 | 52 | +56 | 13 | 9 |
Fidji | 3 | 2 | 0 | 1 | 124 | 68 | +56 | 14 | 7 |
Kanada | 3 | 1 | 0 | 2 | 114 | 82 | +32 | 12 | 5 |
Namibië | 3 | 0 | 0 | 3 | 42 | 186 | –144 | 4 | 3 |
1 Oktober 1999 | Fidji | 67–18 | Namibië | Stade de la Méditerranée, Béziers, Frankryk | |
19:00 (MEST) | Drieë: Fero Lasagavibau (2), Setareki Tawake Naivaluwaqa, Jacob Raulini, Viliame Satala, Alifereti Mocelutu Vuivau, Greg Smith, Imanueli Tikomaimakogai, Emori Katalau Skepdoele: Waisale Serevi (8) Strafdoele: Waisale Serevi (2) |
Verslag | Drieë: Mario Jacobs, Johannes Senekal Doelskop: Leandre Van Dyk Strafdoele: Leandre Van Dyk (2) |
Bywoning: 10 000 Skeidsregter: David McHugh (Irl) | |
2 Oktober 1999 | Frankryk | 33–20 | Kanada | Stade de la Méditerranée, Béziers, Frankryk | |
12:00 (MEST) | Drieë: Émile Ntamack, Stéphane Glas, Thomas Castaignède, Olivier Magne Doelskoppe: Richard Dourthe (2) Strafdoele: Richard Dourthe (3) |
Verslag | Drieë: Morgan Williams (2) Doelskoppe: Bobby Ross, Gareth Rees Strafdoele: Bobby Ross, Gareth Rees |
Bywoning: 18 000 Skeidsregter: Brian Campsall (Eng) | |
8 Oktober 1999 | Frankryk | 47–13 | Namibië | Parc Lescure, Bordeaux, Frankryk | |
19:00 (MEST) | Drieë: Ugo Mola (3), Émile Ntamack, Pierre Mignoni, Philippe Bernat-Salles Doelskoppe: Richard Dourthe (4) Strafdoele: Richard Dourthe (3) |
Verslag | Drie: Arthur Samuelson Doelskop: Leandre Van Dyk Strafdoele: Leandre Van Dyk (2) |
Bywoning: 34 030 Skeidsregter: Chris White (Eng) | |
|
9 Oktober 1999 | Fidji | 38–22 | Kanada | Parc Lescure, Bordeaux, Frankryk | |
11:30 (MEST) | Drieë: Viliame Satala (2), Marika Vunibaka, Fero Lasagavibau Doelskoppe: Nicky Little (3) Strafdoele: Nicky Little (3) Skepdoel: Nicky Little Kaart: Marika Vunibaka 80+' |
Verslag | Drie: Mike James Doelskop: Gareth Rees Strafdoele: Gareth Rees (4) Skepdoel: Gareth Rees Kaart: Mike James 40' tot 50' |
Bywoning: 27 000 Skeidsregter: Ed Morrison (Eng) | |
|
14 Oktober 1999 | Kanada | 72–11 | Namibië | Stade de Toulouse, Toulouse, Frankryk | |
18:30 (MEST) | Drieë: Winston Stanley (2), Rod Snow (2), Kyle Nichols (2), Al Charron, Bobby Ross, Morgan Williams Doelskoppe: Gareth Rees (9) Strafdoele: Gareth Rees (3) Kaart: Dan Baugh 48' |
Verslag | Drie: Quinton Hough Strafdoele: Leandre Van Dyk (2) |
Bywoning: 28 000 Skeidsregter: Andrew Cole (Aus) | |
16 Oktober 1999 | Frankryk | 28–19 | Fidji | Stade de Toulouse, Toulouse, Frankryk | |
12:00 (MEST) | Drieë: Christophe Juillet, Christophe Dominici, Strafdrie Doelskoppe: Richard Dourthe (2) Strafdoele: Richard Dourthe (2), Christophe Lamaison |
Verslag | Drie: Alfred Uluinayau Doelskop: Nicky Little Strafdoele: Nicky Little (4) |
Bywoning: 36 000 Skeidsregter: Paddy O’Brien (NZL) | |
Groep D
[wysig | wysig bron]Span | S | W | G | V | P v | P t | +/− | D v | P |
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Wallis | 3 | 2 | 0 | 1 | 118 | 71 | +42 | 14 | 7 |
Samoa | 3 | 2 | 0 | 1 | 97 | 72 | +25 | 11 | 7 |
Argentinië | 3 | 2 | 0 | 1 | 83 | 51 | +32 | 3 | 7 |
Japan | 3 | 0 | 0 | 3 | 36 | 140 | –104 | 2 | 3 |
- Finale posisie van Wallis, Samoa en Argentinië volgens punte wat totaal aangeteken is.
1 Oktober 1999 | Wallis | 23–18 | Argentinië | Millennium, Cardiff, Wallis | |
14:00 (BST) | Drieë: Colin Charvis, Mark Taylor Doelskoppe: Neil Jenkins (2) Strafdoele: Neil Jenkins (3) |
Verslag | Strafdoele: Gonzalo Quesada (6) | Bywoning: 72 500 Skeidsregter: Paddy O’Brien (NZL) | |
|
3 Oktober 1999 | Samoa | 43–9 | Japan | Racecourse Ground, Wrexham, Wallis | |
12:00 (BST) | Drieë: Brian Lima (2), Steven So’oialo (2), Silao Leaegailesolo Doelskoppe: Silao Leaegailesolo (3) Strafdoele: Silao Leaegailesolo (4) |
Verslag | Strafdoele: Keiji Hirose (3) | Bywoning: 15 000 Skeidsregter: Andrew Cole (Aus) | |
9 Oktober 1999 | Wallis | 64–15 | Japan | Millennium, Cardiff, Wallis | |
13:30 (BST) | Drieë: Mark Taylor (2), Rob Howley, Scott Gibbs, David Llewellyn, Gareth Thomas, Allan Bateman, Shane Howarth, Strafdrie Doelskoppe: Neil Jenkins (8) Strafdoel: Neil Jenkins |
Verslag | Drieë: Patiliai Tuidraki, Daisuke Ohata Doelskop: Keiji Hirose Strafdoel: Keiji Hirose |
Bywoning: 72 500 Skeidsregter: Joël Dume (Fra) | |
|
10 Oktober 1999 | Argentinië | 32–16 | Samoa | Stradeypark, Llanelli, Wallis | |
12:00 (BST) | Drie: Alejandro Allub Strafdoele: Gonzalo Quesada (8) Skepdoel: Gonzalo Quesada |
Verslag | Drie: Junior Paramore Doelskop: Silao Leaegailesolo Strafdoele: Silao Leaegailesolo (3) |
Bywoning: 11 000 Skeidsregter: Wayne Erickson (Aus) | |
14 Oktober 1999 | Wallis | 31–38 | Samoa | Millennium, Cardiff, Wallis | |
14:00 (BST) | Drieë: Gareth Thomas, Strafdrie (2) Doelskoppe: Neil Jenkins (2) Strafdoele: Neil Jenkins (4) |
Verslag | Drieë: Stephen Bachop (2), Filiga Falaniko, Patrick Lam, Silao Leaegailesolo Doelskoppe: Silao Leaegailesolo (5) Strafdoel: Silao Leaegailesolo |
Bywoning: 72 500 Skeidsregter: Ed Morrison (Eng) | |
16 Oktober 1999 | Argentinië | 33–12 | Japan | Millennium, Cardiff, Wallis | |
18:00 (BST) | Drieë: Diego Albanese, Agustín Pichot Doelskop: Felipe Contepomi Strafdoele: Gonzalo Quesada (7) |
Verslag | Strafdoele: Keiji Hirose (4) | Bywoning: 36 000 Skeidsregter: Stuart Dickinson (Aus) | |
|
Groep E
[wysig | wysig bron]Span | S | W | G | V | P v | P t | +/− | D v | P |
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Australië | 3 | 3 | 0 | 0 | 135 | 31 | +104 | 19 | 9 |
Ierland | 3 | 2 | 0 | 1 | 100 | 45 | +55 | 14 | 7 |
Roemenië | 3 | 1 | 0 | 2 | 50 | 126 | –76 | 5 | 5 |
Verenigde State | 3 | 0 | 0 | 3 | 52 | 135 | –83 | 5 | 3 |
2 Oktober 1999 | Ierland | 53–8 | Verenigde State | Lansdowne Road, Dublin, Ierland | |
18:00 (IST) | Drieë: Keith Wood (4), Justin Bishop, Brian O’Driscoll, Strafdrie Doelskoppe: David Humphreys (4), Eric Elwood (2) Strafdoele: David Humphreys (2) Kaart: Paddy Johns 76' tot 80+' |
Verslag | Drie: Kevin Dalzell Strafdoel: Kevin Dalzell Kaarte: Dan Lyle 60' tot 70', Luke Gross 76' tot 80+' |
Bywoning: 30 000 Skeidsregter: Joël Dume (Fra) | |
|
3 Oktober 1999 | Australië | 57–9 | Roemenië | Ravenhill, Belfast, Ierland | |
18:00 (IST) | Drieë: Toutai Kefu (3), Joe Roff (2), Jeremy Paul, Matthew Burke, Jason Little, Tim Horan Doelskoppe: Matthew Burke (5), John Eales |
Verslag | Strafdoele: Petre Mitu (3) | Bywoning: 12 500 Skeidsregter: Paul Honiss (NZL) | |
|
9 Oktober 1999 | Verenigde State | 25–27 | Roemenië | Lansdowne Road, Dublin, Ierland | |
18:00 (IST) | Drieë: Kurt Shuman, Brian Hightower, Dan Lyle Doelskoppe: Kevin Dalzell (2) Strafdoele: Kevin Dalzell (2) |
Verslag | Drieë: Tudor Constantin, Adrian Petrache, Gheorghe Solomie (2) Doelskoppe: Petre Mitu (2) Strafdoel: Petre Mitu |
Bywoning: 3 000 Skeidsregter: Jim Fleming (Sko) | |
|
10 Oktober 1999 | Ierland | 3–23 | Australië | Lansdowne Road, Dublin, Ierland | |
14:00 (IST) | Strafdoel: David Humphreys | Verslag | Drieë: Ben Tune, Tim Horan Doelskoppe: Matthew Burke (2) Strafdoele: Matthew Burke (2), John Eales |
Bywoning: 49 250 Skeidsregter: Clayton Thomas (Wal) | |
|
14 Oktober 1999 | Australië | 55–19 | Verenigde State | Thomondpark, Limerick, Ierland | |
16:00 (IST) | Drieë: Scott Staniforth (2), Chris Latham, Chris Whitaker, Michael Foley, Matthew Burke, Stephen Larkham, Tiaan Strauss Doelskoppe: Matthew Burke (5), Joe Roff Strafdoel: Matthew Burke |
Verslag | Drie: Juan Grobler Doelskop: Kevin Dalzell Strafdoele: Kevin Dalzell (3) Skepdoel: David Niu |
Bywoning: 13 000 Skeidsregter: André Watson (RSA) | |
|
15 Oktober 1999 | Ierland | 44–14 | Roemenië | Lansdowne Road, Dublin, Ierland | |
18:00 (IST) | Drieë: Conor O’Shea (2), Andrew Ward, Tom Tierney, Dion O’Cuinneagain Doelskoppe: Eric Elwood (5) Strafdoele: Eric Elwood (2) Skepdoel: Brian O’Driscoll |
Verslag | Drie: Daniel Sauan Strafdoele: Petre Mitu (3) |
Bywoning: 33 000 Skeidsregter: Brian Campsall (Eng) | |
|
Posisie van derde plek spanne
[wysig | wysig bron]Kwalifiseer vir die uitspeelrondte |
Span | S | W | G | V | P v | P t | +/− | P |
---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Argentinië | 2 | 0 | 1 | 3 | 83 | 51 | +32 | 7 |
Kanada | 1 | 0 | 2 | 12 | 114 | 82 | +32 | 5 |
Uruguay | 1 | 0 | 2 | 4 | 42 | 97 | –55 | 5 |
Roemenië | 1 | 0 | 2 | 5 | 50 | 126 | –76 | 5 |
Tonga | 1 | 0 | 2 | 4 | 47 | 171 | –124 | 5 |
Uitspeelrondte
[wysig | wysig bron]20 Oktober 1999 | Engeland | 45–24 | Fidji | Twickenham, Londen, Engeland | |
12:00 (BST) | Drieë: Dan Luger, Neil Back, Nick Beal, Phil Greening Doelskoppe: Matt Dawson, Jonny Wilkinson Strafdoele: Jonny Wilkinson (7) |
Verslag | Drieë: Viliame Satala, Meli Nakauta, Imanueli Tikomaimakogai Doelskoppe: Nicky Little (3) Strafdoel: Waisale Serevi |
Bywoning: 60 000 Skeidsregter: Clayton Thomas (Wal) | |
|
20 Oktober 1999 | Skotland | 35–20 | Samoa | Murrayfield, Edinburg, Skotland | |
14:30 (BST) | Drieë: Cameron Murray, Martin Leslie, Strafdrie Doelskop: Kenny Logan Strafdoele: Kenny Logan (5) Skepdoel: Gregor Townsend |
Verslag | Drieë: Brian Lima, Semo Sititi Doelskoppe: Silao Leaegailesolo (2) Strafdoele: Silao Leaegailesolo (2) |
Bywoning: 15 661 Skeidsregter: David McHugh (Irl) | |
|
20 Oktober 1999 | Argentinië | 28–24 | Ierland | Stade Félix Bollaert, Lens, Frankryk | |
18:30 (MEST) | Drie: Diego Albanese Doelskop: Gonzalo Quesada Strafdoele: Gonzalo Quesada (7) |
Verslag | Strafdoele: David Humphreys (7) Skepdoel: David Humphreys |
Bywoning: 22 000 Skeidsregter: Stuart Dickinson (Aus) | |
|
Uitklopfase
[wysig | wysig bron]Kwarteindrondte | Halfeindrondte | Eindstryd | ||||||||
24 Oktober – Saint-Denis | ||||||||||
Suid-Afrika | 44 | |||||||||
30 Oktober – Londen | ||||||||||
Engeland | 21 | |||||||||
Suid-Afrika | 21 | |||||||||
23 Oktober – Cardiff | ||||||||||
Australië | 27 | |||||||||
Australië | 24 | |||||||||
6 November – Cardiff | ||||||||||
Wallis | 9 | |||||||||
Australië | 35 | |||||||||
24 Oktober – Edinburg | ||||||||||
Frankryk | 12 | |||||||||
Nieu-Seeland | 30 | |||||||||
31 Oktober – Londen | ||||||||||
Skotland | 18 | |||||||||
Nieu-Seeland | 31 | Uitspeel om derde plek | ||||||||
24 Oktober – Dublin | ||||||||||
Frankryk | 43 | 4 November – Cardiff | ||||||||
Frankryk | 47 | |||||||||
Suid-Afrika | 22 | |||||||||
Argentinië | 26 | |||||||||
Nieu-Seeland | 18 | |||||||||
Kwarteindrondte
[wysig | wysig bron]23 Oktober 1999 | Wallis | 9–24 | Australië | Millennium, Cardiff, Wallis | |
14:00 (BST) | Strafdoele: Neil Jenkins (3) | Verslag | Drieë: George Gregan (2), Ben Tune Doelskoppe: Matt Burke (3) Strafdoel: Matt Burke |
Bywoning: 72 500 Skeidsregter: Colin Hawke (NZL) | |
24 Oktober 1999 | Suid-Afrika | 44–21 | Engeland | Stade de France, Saint-Denis, Frankryk | |
12:00 (MEST) | Drieë: Joost van der Westhuizen, Pieter Rossouw Doelskoppe: Jannie de Beer (2) Strafdoele: Jannie de Beer (5) Skepdoele: Jannie de Beer (5) |
Verslag | Strafdoele: Paul Grayson (6), Jonny Wilkinson | Bywoning: 75 000 Skeidsregter: Jim Fleming (Sko) | |
|
24 Oktober 1999 | Nieu-Seeland | 30–18 | Skotland | Murrayfield, Edinburg, Skotland | |
17:00 (BST) | Drieë: Tana Umaga (2), Jeff Wilson, Jonah Lomu Doelskoppe: Andrew Mehrtens (2) Strafdoele: Andrew Mehrtens (2) |
Verslag | Drieë: Cameron Murray, Budge Pountney Doelskop: Kenny Logan Strafdoel: Kenny Logan Skepdoel: Gregor Townsend |
Bywoning: 59 757 Skeidsregter: Ed Morrison (Eng) | |
24 Oktober 1999 | Frankryk | 47–26 | Argentinië | Lansdowne Road, Dublin, Ierland | |
14:30 (IST) | Drieë: Xavier Garbajosa (2), Philippe Bernat-Salles (2), Émile Ntamack Doelskoppe: Christophe Lamaison (5) Strafdoele: Christophe Lamaison (4) |
Verslag | Drieë: Agustín Pichot, Lisandro Arbizu Doelskoppe: Gonzalo Quesada (2) Strafdoele: Gonzalo Quesada (3), Felipe Contepomi |
Bywoning: 40 000 Skeidsregter: Derek Bevan (Wal) | |
Halfeindrondte
[wysig | wysig bron]30 Oktober 1999 | Suid-Afrika | 21–27 (e.t.) | Australië | Twickenham, Londen, Engeland | |
14:00 (BST) | Strafdoele: Jannie de Beer (6) Skepdoel: Jannie de Beer |
Verslag | Strafdoele: Matt Burke (8) Skepdoel: Stephen Larkham |
Bywoning: 73 000 Skeidsregter: Derek Bevan (Wal) | |
|
31 Oktober 1999 | Nieu-Seeland | 31–43 | Frankryk | Twickenham, Londen, Engeland | |
15:00 (GMT) | Drieë: Jonah Lomu (2), Jeff Wilson Doelskoppe: Andrew Mehrtens (2) Strafdoele: Andrew Mehrtens (4) |
Verslag | Drieë: Christophe Lamaison, Christophe Dominici, Richard Dourthe, Philippe Bernat-Salles Doelskoppe: Christophe Lamaison (4) Strafdoele: Christophe Lamaison (3) Skepdoele: Christophe Lamaison (2) |
Bywoning: 73 000 Skeidsregter: Jim Fleming (Sko) | |
|
Bronseindstryd
[wysig | wysig bron]4 November 1999 | Suid-Afrika | 22–18 | Nieu-Seeland | Millennium, Cardiff, Wallis | |
20:00 (GMT) | Drie: Breyton Paulse Doelskop: Henry Honiball Strafdoele: Henry Honiball (3) Skepdoele: Percy Montgomery (2) |
Verslag | Strafdoele: Andrew Mehrtens (6) | Bywoning: 53 000 Skeidsregter: Peter Marshall (Aus) | |
Eindstryd
[wysig | wysig bron]6 November 1999 | Australië | 35–12 | Frankryk | Millennium, Cardiff, Wallis | |
15:00 (GMT) | Drieë: Ben Tune, Owen Finegan Doelskoppe: Matthew Burke (2) Strafdoele: Matthew Burke (7) |
Verslag | Strafdoele: Christophe Lamaison (4) | Bywoning: 72 500 Skeidsregter: André Watson (RSA) | |
|
Rugbywêreldkampioen 1999 |
---|
Australië |
Statistiek
[wysig | wysig bron]Finale puntestand
[wysig | wysig bron]Hierdie tabel toon die finale puntestand van al die 20 deelnemende nasionale rugbyspanne ná die Rugbywêreldbeker 1999.[18]
Rang | Span | Groep | S | W | G | V | P | Drieë | Doelskoppe | Strafdoele | Skepdoele |
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
1 | Australië | E | 6 | 6 | 0 | 0 | 221 | 24 | 19 | 20 | 1 |
2 | Frankryk | C | 6 | 5 | 0 | 1 | 210 | 22 | 17 | 20 | 2 |
3 | Suid-Afrika | A | 6 | 5 | 0 | 1 | 219 | 21 | 18 | 18 | 8 |
4 | Nieu-Seeland | B | 6 | 4 | 0 | 2 | 255 | 29 | 22 | 22 | 0 |
In die kwarteindrondte uitgeskakel | |||||||||||
5 | Engeland | B | 5 | 3 | 0 | 2 | 250 | 26 | 21 | 26 | 0 |
6 | Skotland | A | 5 | 3 | 0 | 2 | 173 | 20 | 14 | 12 | 3 |
7 | Argentinië | D | 5 | 3 | 0 | 2 | 137 | 6 | 4 | 32 | 1 |
8 | Wallis | D | 4 | 2 | 0 | 2 | 127 | 14 | 12 | 11 | 0 |
In die uitspeelrondte uitgeskakel | |||||||||||
9 | Fidji | C | 4 | 2 | 0 | 2 | 148 | 17 | 15 | 10 | 1 |
10 | Ierland | E | 4 | 2 | 0 | 2 | 124 | 12 | 11 | 12 | 2 |
11 | Samoa | D | 4 | 2 | 0 | 2 | 117 | 13 | 11 | 10 | 0 |
In die groepfase uitgeskakel | |||||||||||
12 | Kanada | C | 3 | 1 | 0 | 2 | 114 | 12 | 12 | 9 | 1 |
13 | Roemenië | E | 3 | 1 | 0 | 2 | 50 | 5 | 2 | 7 | 0 |
14 | Tonga | B | 3 | 1 | 0 | 2 | 47 | 4 | 3 | 6 | 1 |
15 | Uruguay | A | 3 | 1 | 0 | 2 | 42 | 4 | 2 | 6 | 0 |
16 | Verenigde State | E | 3 | 0 | 0 | 3 | 52 | 5 | 3 | 6 | 1 |
17 | Namibië | C | 3 | 0 | 0 | 3 | 42 | 4 | 2 | 6 | 0 |
18 | Japan | D | 3 | 0 | 0 | 3 | 36 | 2 | 1 | 8 | 0 |
19 | Italië | B | 3 | 0 | 0 | 3 | 35 | 2 | 2 | 7 | 0 |
20 | Spanje | A | 3 | 0 | 0 | 3 | 18 | 0 | 0 | 6 | 0 |
Algeheel | 41 | 2417 | 242 | 191 | 258 | 21 |
Meeste punte en drieë
[wysig | wysig bron]Meeste punte aangeteken:[1]
|
Meeste drieë gedruk:[2] |
Sien ook
[wysig | wysig bron]Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ 1,0 1,1 (en) "Rugby World Cup 1999: Player Stats". rugbyworldcup.com. Besoek op 28 Oktober 2024.
- ↑ 2,0 2,1 (en) "Rugby World Cup 1999: Player Stats". rugbyworldcup.com. Besoek op 28 Oktober 2024.
- ↑ (en) "1999: Aussies rule world again". BBC. 24 September 2003. Besoek op 28 Oktober 2024.
- ↑ (en) "1999: France 43–31 N Zealand". BBC. 24 September 2003. Besoek op 28 Oktober 2024.
- ↑ (en) "RWC 2023 Qualifier Spotlight: Namibia". Wêreldrugby. 11 Julie 2022. Besoek op 28 Oktober 2024.
- ↑ (en) "Why is it taking so long?". Bristol Evening Post. 28 Mei 2007. p. 8.
- ↑ (en) "Millennium Stadium – Cardiff, Wales". ESPNscrum. Besoek op 28 Oktober 2024.
- ↑ (en) "Oldest tryscorer". ESPNscrum. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 3 Maart 2016. Besoek op 3 Maart 2016.
- ↑ (en) "Unconvincing Springboks scrape past Uruguay". ESPNscrum. 15 Oktober 1999. Besoek op 28 Oktober 2024.
- ↑ 10,0 10,1 10,2 10,3 (en) "Statsguru / Test matches / Player records / Rugby World Cup / Tries scored: greater than or equal to 3". ESPNscrum. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 3 November 2018. Besoek op 3 November 2018.
- ↑ (en) Robert Colereports (16 Oktober 1999). "England rack up a ton against Tonga". ESPNscrum. Besoek op 28 Oktober 2024.
- ↑ (en) "Vunibaka gets first red card". ESPNscrum. 9 Oktober 1999. Besoek op 28 Oktober 2024.
- ↑ (en) "Rampant Canada thrash Namibia". ESPNscrum. 16 Oktober 1999. Besoek op 28 Oktober 2024.
- ↑ (en) "Statsguru / Test matches / Player records / Rugby World Cup / Most individual drop goals in a match". ESPNscrum. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 4 Maart 2016. Besoek op 4 Maart 2016.
- ↑ (en) Jared Wright (9 September 2023). "WATCH: George Ford rockets over THREE drop goals in World Cup opener". Planet Rugby. Besoek op 28 Oktober 2024.
- ↑ (en) "1999: Australia 27–21 S Africa". BBC. 24 September 2003. Besoek op 28 Oktober 2024.
- ↑ (en) Tom Decent (9 September 2023). "All Blacks claim they can still lift trophy after suffering heaviest World Cup defeat". The Sydney Morning Herald. Besoek op 28 Oktober 2024.
- ↑ (en) "Rugby Union – Statsguru – Test matches – Team records". ESPNscrum. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Junie 2020. Besoek op 23 Junie 2020.
Verdere leesstof
[wysig | wysig bron]- (en) Gerald Davies (2004). The History of the Rugby World Cup. Sanctuary Publishing Ltd. ISBN 1-86074-602-0.
- (en) Nick Farr-Jones (2003). Story of the Rugby World Cup. Australian Post Corporation. ISBN 0-642-36811-2.
- (en) Grant Harding; David Williams (2000). The Toughest of Them All: New Zealand and South Africa: The Struggle for Rugby Supremacy. Auckland, Nieu-Seeland: Penguin Books. ISBN 978-0-14-029577-1.
{{cite book}}
: AS1-onderhoud: meer as een naam (link) - (en) Lance Peatey (2011). In Pursuit of Bill: A Complete History of the Rugby World Cup. New Holland Publishers. ISBN 978-1-74257-191-1.
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]Wikimedia Commons bevat media in verband met Rugbywêreldbeker 1999. |
- (en) Amptelike Rugbywêreldbekerwebwerf
- (en) Volledige uitslae en statistiek by ESPN
- (en) Classic Twickenham semi-finals raise the bar – Reliving Rugby World Cup 1999
- (en) Rugby World Cup Standings – 1999
- (en) Rugbywêreldbekerskeidsregters by RugbyRefs.com Geargiveer 1 April 2015 op Wayback Machine